Die twee Luiperdsklubs wat verlede jaar in die Valke se Peregrine-liga meegeding het, het ander weiveld gaan soek.
Lees meerAlles vir Maandag 25 Januarie 2016
Video: Luiperd lê langs die (rooibok)lam
Beeldmateriaal van ʼn luiperd wat vir ʼn verdwaalde rooiboklammetjie “sorg” het nog steeds natuurliefhebbers gaande.
Nóg ʼn FlySafair-vlug verloor lugdruk
ʼn Tweede vlug van FlySafair moes oor die naweek omdraai, kort nadat dit by OR Tambo Internasionale Lughawe opgestyg het, toe die lugdruk in die kajuit skielik begin verminder het.
44 jaar tronkstraf ná kind se dood
Die waarheid het eers aan die lig gekom toe die sussie, wat in daardie stadium 12 jaar oud was, uiteindelik as 19-jarige in 2014 vertel het van die tragedie wat sy as kind beleef het.
St. Francisbaai-brand word ondersoek
Die polisie in St. Francisbaai het ʼn “kwaadwillige berig” in die media, dat ʼn fakkel glo die oorsaak is van ʼn brand St. Francisbaai en Kaap St. Francis in die Oos-Kaap, veroordeel.
R12 miljoen-dwelmvonds by OR Tambo
ʼn Reisiger van Tanzanië is Sondag met dwelmmiddels ter waarde van meer as R12 miljoen by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap.
ToekomsVenster: Kom vandag tuis by God
Vir ʼn Christen is daar ʼn plek van veiligheid, geborgenheid en betekenis groter as enige aardse verwysingspunt. Die psalmdigter sê iewers dat selfs die voëltjies tuis voel by God.
Voormalige Protea-krieketspeler swaar gestraf oor knoeiery
“Bodi se optrede het ongetwyfeld die integriteit en beeld van die spel bedreig en hy moet swaar gestraf word.”
Dogter kom op ma se lyk af
Die liggaam van ʼn bejaarde vrou van Vanderbijlpark is Maandagoggend deur haar dogter in haar huis aangetref.
Asblikgrouer kom op fetus af
Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van die verberging van geboorte nadat ʼn fetus Maandagoggend in ʼn vullisdrom in die buitewyke van Bloemfontein gevind is.
Vrou vas weens polisieman se moord
Die vrou van konst. Mbuyisela James Concoshi (34) wie se liggaam ʼn week gelede in sy motor naby Welkom in die Vrystaat aangetref is, is in verband met sy moord in hegtenis geneem.
Boek: Dankie
Dit bring hulde aan een van Suid-Afrika se ikone wat hiermee vir die eerste keer ’n blik gee op wat hom laat tiek.
Nuwe uitreikings: 25 Januarie 2016
Verskeie kunstenaars pak 2016 by die horings met nuwe uitreikings. Daantjie Dinamiet lys oudergewoonte van die gewildste nuwe uitreikings wat tans landwyd op die radio speel.
Maroela Media Top-20: 25 Januarie 2016
Daar is vandeesweek sewe snitte wat styg, sewe wat daal, vier wat onveranderd bly en twee nuwelinge.
Tiener verkrag glo hond dood
WAARSKUWING: Die inhoud van dié berig is baie grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Slangvanger in waakeenheid ná Kaapse kobra-pik
Ao. Doep du Plessis (54), ʼn polisiebeampte en slangvanger van Kaapstad, word in die waakeenheid van die Netcare Kuilsrivier-hospitaal behandel nadat ʼn Kaapse kobra hom Saterdag gepik het.
Luister: Alles wat jy moet weet oor huiskoop
Om eiendom te koop is vir baie mense ʼn groot kopseer. Daar is onsekerheid oor wanneer jy moet koop, hoe groot jou inkomste moet wees, hoe jou uitgawes gaan lyk en of jy dit sal kan bekostig.
Eerste groot aardbewing vir 2016
Die wêreld se eerste aardbewing dié jaar wat 7 of meer op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het in Alaska voorgekom.
Fiëstas vereer vanjaar drie veterane
Dit is amper weer tyd vir kykNET se Fiësta-toekennings. Die Fiëstas word toegeken aan die beste kunstenaars en produksies wat verlede jaar op Afrikaanse kunstefeeste…
Kleuter kom op ma se liggaam af
ʼn Vierjarige seuntjie het Maandagoggend op sy ma se liggaam afgekom in hul huis in Verulam, KwaZulu-Natal.