Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, vertel in vandag se deel van ʼn gesprekreeks oor persoonlike beleggings van die belangrikheid om vir aftrede te spaar en om verskillende beleggings en hopies spaargeld te hê. Smit meen ʼn groot fout wat mense begaan is om in een rekening te spaar.
Alles vir Woensdag 27 Januarie 2016
Vrou kritiek ná trein haar tref
ʼn 22-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Woensdagoggend in Johannesburg deur ʼn trein getref is.
Polisieman vas wat glo dwelms na selle wou smokkel
ʼn Kaapse polisiebeampte sal Woensdag in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en dwelmbesit.
Boek: Die losprys
Shannon Bliss word op die ouderdom van sestien ontvoer. Ná elf jaar het sy ontsnap en wil met haar familie herenig word, maar dit is nie so eenvoudig nie…
Iran nou weer oop vir die Weste, én die ‘Groot Satan’
Die groot nuus, dat internasionale sanksies teen Iran opgehef gaan word, beteken dat dié land oplaas uit sy isolasie gaan ontsnap. Iran se kernooreenkoms met verskeie state wat in Julie 2015 gesluit is, het uiteindelik in werking getree.
Gareth Cliff-saak: ‘Daar word teen hom gediskrimineer omdat hy wit is’
Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag aangehoor dat daar teen Gareth Cliff, die voormalige Idols-beoordelaar, gediskrimineer word omdat hy wit is, in vergelyking met twee van die mede-beoordelaars.
Nuuskommentaar: Ras-reaktiewe verkiesing op pad
Dit is reeds duidelik dat die ANC, wat andersins prestasiegewys bankrot voor die kiesers staan, vanjaar ’n besonder fel rasgebaseerde verkiesingsveldtog gaan voer. Uit die buiteland is enkele lesse en riglyne te leer oor hoe om die neus skoon te hou en die morele hoë grond te betrek.
Richardsbaai-man dood toe inwoners ‘inbreker’ agternasit
ʼn Inwoner van Richardsbaai is Dinsdag doodgeskiet ná ʼn reeks inbrake by verskeie huise in die Veldenvlei-buurt, maar daar is steeds teenstrydige berigte oor wie hom geskiet het.
Amanda vir Fiesta benoem
Amanda Strydom is vir ʼn Fiësta benoem vir Die hele boksemdaais, die konsert wat sy in 2015 na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) geneem het.
Twee ‘kapers’ in Kaapstad aangekeer
Twee mans is Dinsdag in Kaapstad aangekeer nadat die polisie die sein van ʼn opsporingstoestel van ʼn gekaapte motor gevolg het.
Stellenbosch-bylmoorde: Besluit dalk naby
Presies ʼn jaar ná die moord op drie lede van die Van Breda-gesin in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch is daar steeds geen verdagtes en geen antwoorde oor wat die oggend van 27 Januarie 2015 in die gesin se huis gebeur het nie.
Wolf in skaapklere? Aikôna!
`n Mens trek mos nie vir wolf skaapklere aan nie, het die ouer mense altyd gesê.
Met watter bril moet ʼn mens na die verlede kyk?
Die DA-LP Anchen Dreyer is ’n rassis. Hoe weet ʼn mens dit? Sy het jou waaragtig waar (sluk) langs ʼn foto van pres. Paul Kruger geposeer.
Nóg twee het ingewandskoors
Die departement van gesondheid het Dinsdag ʼn vergadering met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes belê nadat twee nuwe gevalle van ingewandskoors (buiktifus) by Dr George Mukhari- Akademiese Hospitaal in Pretoria aangemeld is.
Nóg drama vir Boswell-sirkusbaas
Die DBV gaan moontlik ‘n saak teen Brian Boswell bring om Opal, ‘n orangoetang, uit aanhouding vry te laat.
Swerm bye val kinders aan
ʼn Groep kinders, tussen vyf en sewe jaar oud, is Dinsdag naby Benoni in Gauteng deur ʼn swerm bye aangeval.
Gedagte vir die dag: Dóén God se wil
Ons Vader in die hemel, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel. (Matteus 6:9-10, NLV)