Supt. Coert Jordaan (40), ʼn inwoner van Brakpan en beampte van die Ekurhuleni-metropolisie se berede eenheid, is Woensdag langs die viswaters vermoor en beroof.
Alles vir Donderdag 28 Januarie 2016
Gety begin draai teen regstellende aksie
Dit lyk asof die gemeenskap en die howe stadig maar seker begin agterkom dat die onbeheersde uitvoering van regstellende aksie nie kan voortduur nie. Ons het ʼn plig om te verseker dat hulle dit besef.
Boek: Vryheid vaarwel
Hierdie grootdrukboek sal ouer lesers weer bewus maak van Kas se vermoë om die die lewe te vat en te ontleed, asook kommentaar daarop te lewer. Jonger lesers sal iets van die geskiedenis leer.
Seun sterf by Musina-laerskool
Die Limpopo-polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 11-jarige seun tydens ‘n atletiekdag by ʼn laerskool in Musina dood is.
Seacom ervaar weer tegniese probleme
Alle internasionale internetverbindings deur Egipte word Donderdag geraak deur ʼn tegniese probleem wat Seacom tans ervaar.
Plaasaanvalle nou prioriteitsmisdaad
Die waarnemende polisiehoof se uitlatings tydens ʼn radio-onderhoud dat plaasaanvalle en –moorde geprioritiseer moet word, het verwarring veroorsaak oor die amptelikheid van die aankondiging.
Nuuskommentaar: Gifpenne uit oor ‘Tainted Heroes’
AfriForum se film, Tainted Heroes, is nog nie eens wyd uitgereik nie, of kritiek vloei uit die linkerkant van die politieke spektrum. Was die maak van die film noodsaaklik, of ʼn groot fout? Herman Toerien neem die kwessie in oënskou.
Vermiste meisie dalk by familie
Gerugte wat die rondte doen dat Klara (9) opgespoor is nadat sy glo Vrydag tydens ʼn sportdag by haar laerskool in Klerksdorp ontvoer is, is ongegrond.
Taalgebruik: mat of tapyt
Taaltoffie stel ondersoek in na die betekenis tussen “mat” en “tapyt”
Drie sterf in trompop botsing
Drie mans is dood en nege mense beseer in ʼn trompop botsing Donderdag op die R28 naby Vereeniging in Gauteng.
[Resep] Vegetariese bakplaat-pizza
‘n Uitstekende vooraf-versnapering tydens ‘n braai. Ook ideaal vir diegene wat nie vleis eet nie, want dit word ook oor die vuur gaargemaak, maar nie direk op die rooster nie
ANC vasbeslote om Kaapstad-metro te wen
Die ANC is vasbeslote om vanjaar die verkiesing in al die munisipaliteite en metro’s in die plaaslike regeringsverkiesing te wen, insluitend die Kaapstad-metro wat tans deur die DA regeer word.
Glykabel-val: ‘Lang pad lê nog voor’
“Ons weet daar lê nog ʼn baie lang pad voor, maar ons is klaar besig om vorentoe te beweeg, treetjie vir treetjie.”
[Video] SINK –’verstrikking, verlies en vergifnis’
Die rolprent is vir nege toekennings by die Silwerskermfees benoem en het vyf daarvan gewen, wat beste draaiboek, redigering, klankbaan, kinematografie en aktrise – vir Shoki Mokgapa – ingesluit het.
Boek: Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is
As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie en streef dan – dikwels op vernietigende wyse – daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree.
OB gevra om Tshwane-metropolisiehoof te ondersoek
Die VF Plus het die Openbare Beskermer (OB) gevra om drie klagtes te ondersoek wat direk verband hou met die hoof van die Tshwane-metropolisie, Moloko Racheku.
Nuwe status vir plaasrugby in die Boland
Plaasrugby, daardie eiesoortige faset van Bolandse rugby, word na verwagting vanjaar tot `n nuwe status verhef.
Wat beteken rassisme regtig?
Wat is hierdie verskuilde faktor wat nooit genoem word nie maar eintlik die verskynsel van rassisme definieer?
Dlamini-Zuma dalk klaar met AU
Dit lyk al meer waarskynlik dat Nkosazana Dlamini-Zuma vanjaar uit haar posisie as die voorsitter van die Afrika-Unie sal tree om eerder haar politieke ambisies in Suid-Afrika na te jaag.
Moontlike regstappe na honderde hul werk verloor
Die vakbond Solidariteit het gesê hy oorweeg regsopsies nadat Vanchem Vanadium Products 434 werknemers, waarvan 50 Solidariteit-lede is, summier en sonder ’n skeidingspakket afgedank het.