Oudpres. FW de Klerk het ten sterkste ontken dat hy “leierskapklasse” aanbied vir Mmusi Maimane, leier van die DA.
Alles vir die maand Januarie 2016
Poligraaftoetse vir veldwagters
Veldwagters in die Krugerwildtuin ondergaan nou verpligte leuenverklikkertoetse.
Baba in gras langs huis gevind
ʼn Pasgebore baba is in ʼn plastieksak buite ʼn huis in Stilfontein, Noordwes, gevind.
Gareth Cliff: ‘Mense verstaan nie vryheid van spraak’
Gareth Cliff het Saterdag tydens ʼn mediakonferensie dieselfde woorde wat hom in die sop laat beland het, dat mense nie vryheid van spraak verstaan nie, herhaal.
Polisieman geskiet toe hy kaping wou fnuik
ʼn Polisiebeampte van Limpopo, wat van diens af was, het ternouernood aan die dood ontkom toe hy ʼn kaping probeer keer het.
DA-raadslid dalk gepos oor ‘rassistiese’ uitlating
Die Nelson Mandelabaai-raad in die Oos-Kaap het versoek dat Chris Roberts, DA-raadslid, afgedank word, nadat hy glo ʼn rassistiese uitlating gemaak het.
M-Net: ‘Ons glo ons het regte ding gedoen’
M-Net gaan Gareth Cliff weer aanstel as beoordelaar van Idols soos beveel deur die hooggeregshof in Johannesburg.
Petrolprys styg, diesel kos minder
Petrol sal van 3 Februarie duurder wees, terwyl diesel beduidend goedkoper sal wees.
Rouxville-plaasmoord: Twee vas
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die aanval en moord op dr. Bennie Cilliers en sy vrou, Cecilia.
Drie sterf in Namibië-vliegongeluk
Die drie mans wat Vrydag in ʼn vliegtuigongeluk in Namibië dood is, was ervare vlieëniers.
Griffons-liga: skerper mededinging wag vanjaar
Die deelname van twee Luiperdsklubs aan die Griffons se Eerste Liga – en aktiewe spelerwerwing plaaslik – kan mededinging in dié reeks vanjaar aansienlik opskerp.
Gedagte vir die dag: Voel veilig in die nuwe jaar
Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die HERE vertrou. (Spreuke 29:25, NLV)
[Foto’s] Nuwe (realistiese) lyfies vir Barbie-poppe
ʼn Nuwe generasie Barbie-poppe is Donderdag vrygestel en sy is nou ronder, langer of kleiner en ook in verskillende velkleure beskikbaar.
Zika-virus bedreig dalk Olimpiese Spele
Navorsers probeer nou vasstel of die aanbied van die Olimpiese Spele vanjaar in Rio de Janeiro die gevaar inhou om die gevreesde Zika-virus na ander dele van die wêreld te versprei.
Twee sit lank wat Durban-gesin aanhou
Twee mans is Vrydag altesaam tot 70 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle ʼn gesin van Durban aangehou en die gesin se 17-jarige dogter verkrag het.
Man kritiek ná trekkerband op hom val
ʼn 25-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn trekkerband by ʼn veldrenbaan in Morning Star in die Wes-Kaap op hom geval het.
43 studente in hof oor kampusontwrigting
Altesaam 43 studente wat in November by die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) in hegtenis geneem is in verband met ontwrigtende gedrag, het Vrydag vir die tweede keer in die hof verskyn.
Taaldebat: ‘Gemoedere moet bedaar’
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het bedenkings oor die implikasies van die voorgestelde Wysigingswet op Hoër Onderwys wat onder meer inhou dat universiteite se vryheid om hulle eie taalbeleid te bepaal, ingeperk kan word.
ToekomsVenster: Wees stadig met beloftes aan God
Ek wonder of jy ook al beloftes aan God gemaak het?
Boer op Vrystaat-plaas vermoor
Volgens die polisie het plaaswerkers op die egpaar afgekom. Hulle hande en voete was vasgebind.