`n Verrassende sege – sy enigste in die reeks – het verseker dat Breakers van Queenstown die kwarteindronde van die Oos-Kaapse Super12 haal.
Lees meerAlles vir die maand Februarie 2016
[Foto’s] Die wêreld se ‘coolste’ hond
Piper, ʼn sewejarige skaaphond wat voëls moet wegjaag op ʼn aanloopbaan, word as die wêreld se “coolste” hond beskryf nadat foto’s van hom wyd op sosiale media versprei is.
TUT-kampusse bly gesluit
Die twee Soshanguve-kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie bly gesluit nadat onderhandelinge tussen lede van die universiteitbestuur, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en studenteleiers nie afgehandel is nie.
Twee in hof oor onwettige aborsies
Twee vroue het Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op 25 aanklagte van die verberging van geboortes.
Nog geen uitslag ná Puk sterf
Die Noordwes-Universiteit het Maandag in ʼn verklaring bevestig daar is nog geen sekerheid dat ʼn student, Nicola Badenhorst, wel aan breinvliesontsteking oorlede is nie.
Gordhan se pos nié in gedrang, sê Zuma
President Jacob Zuma het Maandag berigte verwerp dat Pravin Gordhan, minister van finansies, se pos in gedrang is en dit beklemtoon dat hy nie die mag het om SAID-hoof Tom Monyane af te dank sonder om die regte kanale te volg nie.
ToekomsVenster: Dit is gawes van God
Vir ’n gemeente om die rykdom van God se genadegawes, bedieninge en werkinge te ervaar, moet ons deur die werking van die Gees onder beheer van Jesus as Here staan!
Valke ontken Gordhan-ondersoek
Die Valke het Maandag te velde getrek teen mediaberigte wat beweer dat Pravin Gordhan, minister van finansies, ondersoek word in verband met onwettige aktiwiteite van ʼn beweerde geheime eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Man lewend aan die brand gesteek
ʼn Groep ontstoke inwoners van Limpopo het Sondag glo ʼn jong man wat verdink is van moord en verkragting, lewend aan die brand gesteek.
Woord van die week: turksvy
Die woord van die week is “turksvy”
Skrikkeljaar-leerder: ‘Ek is eintlik twee jaar oud’
“Ek is vandag twee jaar oud!” skerts Minke Basson (8) van Laerskool Rooihuiskraal in Centurion.
Man dood tydens skietgeveg met polisie
ʼn Rusie tussen ʼn Virginia-egpaar het Sondag op dramatiese wyse geëindig toe die man tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie doodgeskiet is.
Klasse word hervat by Tuks
Klasse is Maandag by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se Hatfield- en Groenkloof-kampusse hervat onder swaar polisieteenwoordigheid en streng toegangsbeheer.
Zephany Nurse: Beskuldigde vertel hoe sy baba gekry het
Die vrou van Lavender Hill wat daarvan beskuldig word dat sy die drie dae oue Zephany Nurse byna twee dekades gelede uit ʼn hospitaal ontvoer het, het Maandag in trane in die hof getuig hoe die baba glo by haar beland het.
Man sterf ná trok vol mense rol
ʼn Man is Maandagoggend dood en minstens 51 mense beseer nadat ʼn vragmotor wat werkers vervoer het in Mpumalanga gerol het.
Barclays ontken onttrekking uit Afrika
Die Britse bank, Barclays, het Maandag bespiegeling dat dit heeltemal aan Afrika sal onttrek, ontken.
Nuuskommentaar: ‘Onwaarskynlike’ vrede
Asem word opgehou oor of die ooreenkoms tussen die Gautengse ANC en sy filiale, asook Solidariteit en Afriforum, by Tuks stabiliteit sal bring. By Tuks is die EFF uitgesluit, en die EFF-verteenwoordigers het boonop uit ’n gesprek met die minister gestorm en beloof die kampusse sal nie heropen nie. En dan is daar nog die ander universiteite …
[Foto’s] Man se liggaam in Durban-hawe gekry
Die liggaam van ʼn onbekende man is Sondag in die vlak water by die Durban-hawe gevind.
Nuwe vrystellings: 29 Februarie 2016
Daantjie Dinamiet maak vandeesweek ʼn opsomming van die gewildste nuwe vrystellings in Afrikaans.
Maroela Media Top-20: 29 Februarie 2016
Daar is vandeesweek tien snitte wat styg, agt wat daal, een wat onveranderd bly en een nuweling.