“Ek wil net hê jy moet weet ek het jou oneindig lief en sal mooi na ons dogtertjie kyk, soos jy sou wou gehad het.”…
Alles vir Dinsdag 2 Februarie 2016
[Video] ‘Toor’ met ʼn strooitjie
Jy kan die ster van die volgende partytjie wees as jy dié eenvoudige “toorkunsie” kan vervolmaak.
Kafeeteater-koningin binnekort by Asbos Teater
Die sogenaamde kafeeteater-sangeres, Petronel Baard, is binnekort in Pretoria te sien vir haar vertoning Die lang vrou en die Maan.
Verband tussen reën en maan gevind
Wetenskaplikes van die Universiteit van Washington wat 15 jaar se satellietdata bestudeer het, meen hulle het ’n verband tussen die stand van die maan en reënval vasgestel.
Poetin: Held of skurk?
Soos met alle dinge, is die waarheid oor Poetin ingewikkeld. Hy is geen held nie. Maar ook nie die wêreld se grootste skurk nie.
Jhb-peuter onthou niks van hondeaanval
Desjuane Farmer, die peuter van Alberton wat twee maande terug om haar lewe moes veg nadat haar gesig en kopvel deur ʼn hond verskeur is, kan niks van die traumatiese gebeurtenis onthou nie.
Realistiese Ken vir nuwe Barbie?
Die wêreld se bekendste langbeenpop, Barbie, het onlangs ʼn gedaanteverwisseling ondergaan en wêreldwyd versoek mans nou dat Ken ook ʼn bietjie meer realisties moet lyk.
Stadsjapie ‘maak plan’ om vrou te kry
ʼn Stadsjapie van Hartbeespoort in Noordwes het hom tot sosiale media gewend om sy trouvrou op te spoor.
Gedig: Rosa Rosarum
“Kom na my tuin waar die donkerrooi rose duist’re geheime vertrou aan die nag…” AG Visser se gedig, “Rosa Rosarum”
[Resep] Smullekker peuselhappies
Hier is sommer drie resepte vir heerlike peuselhappies – perfek vir wanneer jy moet onthaal.
Voert! Jou lekker ding!
Nie-Afrikaanssprekendes ken nie hierdie lekker woord nie. As jy aan geen ander snedigheid kan dink wat jy iemand wil toesnou wat jou te na gekom het nie en jy eindig met “Voert!”, is dit nou dalk nie baie móói nie, maar darem baie bevredigend.
Taalbeleid: ’n Objektiewe proses?
Gevoer tot sy logiese gevolge, impliseer hierdie UV-Taalbeleid dat mense gerus sosiaal kan verkeer en bid in die tale van hulle voorkeur, maar op generlei wyse mag aandring op enige ander regte vir hulle tale nie. Dit sluit duidelik die onderwys in.
Gordhan belowe om afgradering na rommelstatus te verhoed
Pravin Gordhan, minister van finansies, het belowe om die land se kredietgradering te beskerm om te verhoed dat dit verlaag word na rommelstatus.
SA sjef spog met gesogte restaurant-toekenning
Jan-Hendrik van der Westhuizen, ʼn Suid-Afrikaanse sjef en restaurateur wat tans in Frankryk woon, het Maandag die gesogte Michelin-ster ontvang.
Is jou kind ʼn boelie?
Dis sekerlik elke ouer se vrees dat sy kind geboelie kan word. Maar hoe gemaak as jóú kind die boelie is?
Nuuskommentaar: Gaan Wes-Kaap nou “bevry” word?
Die ANC-woelinge in die Wes-Kaap maak deel uit van ’n strategie om dié provinsie, soos die ANC dit stel, te bevry. Die proses is egter uiters kompleks, en Herman Toerien het oorsigtelik daarna gaan kyk.
ANC-hoë ʼn tweede keer geskors
Die ANC sal twee lede van sy nasionale uitvoerende komitee (NEC) na die Wes-Kaap stuur om met die plaaslike partystrukture te help nadat Faiez Jacobs, die provinsiale sekretaris, Maandag die tweede keer uit sy pos geskors is.
Strand-tiener verdrink in see
ʼn 17-jarige seun van die Strand naby Kaapstad se liggaam is Maandag opgespoor nadat hy Sondag in die see by Melkbaai verdwyn het.
BBRU-ligas: Twee nuwelinge in Carltonreeks
Twee nuwe klubs speel vanjaar in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga.
Meer as 40 beseer toe bus omslaan
Meer as 40 mense is Maandagaand beseer toe ʼn bus op die N8 buite Bloemfontein omgeslaan het.