Bathabile Dlamini, die minister van maatskaplike ontwikkeling en leier van die ANC se Vroueliga, het haar uiteindelik uitgespreek oor meisies wat maagdelikheidstoetse moet ondergaan om studiebeurse te kry.
Alles vir Woensdag 3 Februarie 2016
Op die radar: Izaan se stem bring nuwe talent na SA-musiekbedryf
Izaan het in Maroela Media se ateljee ʼn draai kom maak en gesels oor haar debuut-album, haar mentors en toekomsplanne vir haar musiek.
[Video] Twee vriende, een fliekkaartjie
Twee vriende het onlangs ʼn lewenslange droom bewaarheid: om saam in een stel klere in ʼn fliekteater in te sluip.
Van plakkershut na ikoon: ‘21 Icons’ vereer Terry Pheto
Die aktrise Terry Pheto is onlangs aangewys as een van die uitsonderlike Suid-Afrikaners wat in die 21 Icons-minireeks op TV vereer word.
Boek: Vrymaking en vernuwing
Dr. Rudi Buys God wil die wonde in ons emosies en denke genees! Ons emosies, gedagtes en herinneringe word gewond, geketting en beseer deur verwerping,…
Drie sterf in Benoni-vliegongeluk
Drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn park in Benoni aan die Oos-Rand neergestort en aan die brand geslaan het.
[Video] Lokprent vir fliek oor Anglo-Boereoorlog
Die amptelike lokprent vir die fliek Modder en bloed is pas bekendgestel. Dié fliek vertel die verhaal van Willem Morkel nadat sy vrou en kind in die Anglo-Boereoorlog in 1901 vermoor is.
Ontploffing ruk gat in vliegtuig; passasier glo ‘uitgesuig’
ʼn Ontploffing op ʼn kommersiële vliegtuig het veroorsaak dat die vliegtuig inderhaas ʼn noodlanding moes maak en het glo ook tot die dood van ʼn passasier gelei.
[Resep] Peppermint Crisp®-tert
In die 1980’s was driehoekterte baie gewild. Vir ʼn retro-voorkoms kan ʼn mens hierdie een ook só voorsit.
Hofgeding oor Nkandla gaan voort
Die DA het Woensdag gesê hy gaan voort met sy saak voor die konstitusionele hof om te versoek dat pres. Jacob Zuma ʼn gedeelte van die koste van die opknappings aan sy Nkandla-woning moet terugbetaal soos deur die openbare beskermer (OB) aanbeveel is.
Regering wil kommentaar monitor
Die minister van kommunikasie het in ʼn artikel op Daily Maverick gesê haar departement is daarop toegespits om seker te maak dat wetgewing ook inhoud op die internet sal monitor.
Danie Bosman-musiekblyspel stof ou treffers af
Die musiek en verhaal van Danie Bosman, komponis, sanger en pionier van Afrikaanse musiek in die 1930’s en 1940’s, herleef binnekort in die Drostdy-teater in Stellenbosch.
Pta-waterlikkewaan: ‘Ons het groot geskrik’
Die waterlikkewaan wat Dinsdag uit ʼn inwoner van Pretoria se swembad gered is, is gesond en sal binnekort in ʼn veilige omgewing vrygelaat word.
[Video] Die skoen wat saam met ʼn kind groei
Die idee van ʼn “skoen wat saam kan groei” is al in 2007 geskep toe Kenton Lee in Nairobi, Kenia gewerk het.
As hierdie teddiebeer darem kon praat
Sy het hom versigtig op haar bed teruggesit en met ʼn breë glimlag na haar ma gekyk. “Wie weet, dalk sit hy eendag iewers in my dogter se kamer terwyl sy matriek skryf.”
Voormalige Valke-hoof afgedank
Die voormalige hoof van die Valke in Mpumalanga is afgedank nadat hy vals reis-eise ingedien het.
[Video] Bouwer en Leandie: ‘Verhoudings nie altyd maanskyn en rose’
“Van ons grootste gevegte het plaasgevind terwyl ons ons troue gereël het.”
Veiligheidswag in transitorooftog geskiet
ʼn Veiligheidswag is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagoggend tydens ʼn transitorooftog naby Tzaneen geskiet is.
Nuuskommentaar: Weerbare demokrasie teen ‘dommekratiese’ verval van ANC
In ’n skynbaar onafwendbare sirkelgang kom pres. Jacob Zuma telkemale sentraal in die nuus uit. Die enigste manier hieruit, so lyk dit, is dat #ZumaMustFall, maar dit het self deel van die spel geword waar die regte inligting skynbaar nie oral genoegsaam indring om demokratiese veranderinge te weeg te bring nie.
Harte gaan wyd oop vir droogtegeteisterdes
Erge droogtetoestande in Suid-Afrika wys opnuut weer hoe ʼn land kan saamstaan in nood, met verskeie organisasies wat kragte snoer om droogtehulp te verleen en geld in te samel.