Die BBC het gesê die voormalige “Friends”-ster, Matt LeBlanc, gaan by die uitsaaier se gewilde “Top Gear”-program aansluit.
Lees meerAlles vir Donderdag 4 Februarie 2016
Reisende oues in Thailand vas oor ‘dobbelary’
ʼn Groep Westerlinge, waaronder ʼn 84-jarige vrou van Nederland, is in Thailand in hegtenis geneem terwyl hulle brug gespeel het.
DA gekant teen ontwrigting by staatsrede
Mmusi Maimane het Donderdag gesê die Demokratiese Alliansie sal nie enige pogings om pres. Jacob Zuma se staatsrede volgende week te ontwrig, ondersteun nie.
Malema se uitlatings oor Gupta-media is ‘gevaarlik’
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het uitlatings deur EFF-leier oor verslaggewers wat vir die omstrede Gupta-familie werk, as “onaanvaarbaar” beskryf.
Nkandla: Zuma was ‘nog altyd bereid om te betaal’
President Jacob Zuma se prokureur het gesê sy kliënt was nog altyd bereid om ʼn gedeelte van die openbare geld terug te betaal wat aan opgraderings by sy huis in Nkandla spandeer is, indien ʼn behoorlike bepaling gedoen kan word oor wat hy die staat skuld.
ToekomsVenster: Hy sal jou nie laat verswelg nie
Spreekwoordelik ervaar ons ook geleenthede soos hierdie waar die “dryfsand/modder van omstandighede” dreig om ons te verswelg. Ons roep benoud en verdwaas na God en ander om ons te help. Die psalmdigter se getuienis is dat God telkemale gehelp het.
Plan om ‘Afrikaans by universiteite te red’
AfriForum Jeug het Donderdag sy #RedAfrikaans-veldtog van stapel gestuur en Afrikaanse studente aangemoedig om hul klasgelde vir 2016 eers terug te hou.
Durban-huurmoord: Sakeman kry borgtog
ʼn Durbanse sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy sy sakevennoot wou laat vermoor, is Donderdag borgtog in die plaaslike landdroshof toegestaan.
Hoe maak mens: Wie is Lewensverryking?
In hierdie reeks kyk ons hoe om verhoudings te verbeter. In hierdie praatjie vertel Deon jou meer van Lewensverryking, wat die organisasie se visie is en hoe hy by hierdie bediening betrokke geraak het.
Zille ontken dat sy inligting gelek het
Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het Donderdag president Jacob Zuma se bewering dat sy “vertroulike inhoud” van ʼn konsultasievergadering laat uitlek het, ontken.
[Video] Bou jou eie kweekhuis
Suzelle DIY wys jou in dié video hoe om jou eie kweekhuis te bou, om seker te maak jy hou die “peste, diere, insekte en ander invloede” weg van jou kruie en plantjies.
BBRU-liga: Naka Bulle, Cullinan goed op dreef
Sake by die Naka Bulle se nuwe Internasionale Rugbyinstituut (IRI) en Cullinan se planne ná sy bevordering tot die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Eerste Liga is goed op dreef, berig dié twee klubs.
Zuma kry prokureursbrief oor uitlatings
Die landbou-organisasie TLU SA het ʼn prokureursbrief aan pres. Jacob Zuma gestuur, waarin hy die president se verskoning eis vir uitlatings oor wit mense, boere en grond.
Gekaapte Durban-voertuig gevind
Die voertuig wat Donderdagoggend in Mount Edgecombe in Durban gekaap is, is sowat 12km verder verlate in die Waterloo-gebied gevind.
Agt Vrystaat-munisipaliteite dalk sonder krag
Die inwoners van agt Vrystaatse munisipaliteite kan moontlik sonder elektrisiteit wees weens grootmaatkragrekeninge wat nie betaal is nie.
Groter bonusse by Daimler ná rekordjaar
Die Duitse motor- en vragmotorvervaardiger Daimler het rekordwins vir verlede jaar getoon weens verkope van sy luukse motors wat, ondanks ʼn sukkelende ekonomie, toegeneem het.
Internasionale kankerdag: Borskanker – wat jy moet weet
Ongeveer een uit elke agt vroue ontwikkel die een of ander tyd borskanker in lewe, wat dit die algemeenste kanker onder vroue maak.
Kom hou partytjie, Parys!
ʼn Ongewone uitnodiging na ʼn sestiende verjaardagpartytjie in Parys in die Vrystaat word tans wyd op sosiale media gedeel.
M-Net skuif ‘Lucifer’-reeks ná klagtes
M-Net het gehoor gegee aan kykers se klagtes dat die televisiereeks Lucifer van té sensitiewe aard is om in die tydgleuf tussen 19:00 en 23:00 te vertoon.
4 transitorowe in 2 dae in 3 provinsies
Mpumalanga, Limpopo en Noordwes is vandeesweek deur ʼn vlaag transitorooftogte getref.