Hierdie fotoreeks is ʼn bewys dat hondekinders nie noodwendig as wegkruipertjiekoning aangewys sal word nie…
Lees meerAlles vir Vrydag 5 Februarie 2016
[Video] Myn-, landboubedryf teen Eskom-prysverhoging
Nóg ‘n verhoging in die prys van elektrisiteit kan die myn- en landboubedryf verder knou. Só sê verteenwoordigers van die Kamer van Mynwese en Agri SA.
WikiLeaks: ‘Julian Assange moet bevry word’
ʼn Menseregtepaneel van die Verenigde Nasies het hom Vrydag by die WikiLeaks-stigter Julian Assange geskaar in sy uitgerekte stryd met Sweedse en Britse owerhede, en gesê hy moet dadelik vrygelaat word en vergoed word vir die jare wat hy verloor het.
Twee in hof oor BTW-bedrog van R8 miljoen
Twee mans het Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag dat hulle die Suid-Afrikaanse Inkomstediens met byna R8 miljoen bedrieg het.
Dominee verdrink in Stilbaai
Die afgetrede ds. Teyo Smit (68), het Donderdag by Lappiesbaai in Stilbaai verdrink
Brits-polisie op soek na dié ‘gevaarlike’ ontsnaptes
Die polisie in Brits, Noordwes, is op soek na vier “gevaarlike” verhoorafwagtendes wat Vrydag in ʼn polisievoertuig ontsnap het.
ToekomsVenster: God is ewig in beheer
Hy gee nie moed op nie, roep nie ʼn vergadering byeen om alternatiewe te bespreek nie. Hy is ewig in beheer en op weg na sy bestemde bedoeling en einde.
Affies ontvang toekenning van FAK
Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria se A-Minere het Vrydag ʼn prestigetoekenning van die FAK ontvang.
Nog ʼn ‘swartgesig’-herrie by Maties
ʼn Foto van Maties-studente wat met swart gesmeerde gesigte vir ʼn foto poseer, het Vrydag weer eens opslae veroorsaak.
[Foto’s] Myn-ineenstorting: ‘Dit was ʼn fratsongeluk’
Soek- en reddingspanne gaan intussen voort met die soektog na drie werknemers wat glo op die oppervlak was ten tyde van die ineenstorting.
Vier skuldig vir Parys-pypmoord
“Ek sal Craig altyd onthou as ʼn man met ʼn oop hart en ʼn oop hand. Iemand wat nooit nee gesê het wanneer iemand anders hulp nodig gehad het nie en nooit iets terug verwag het nie. Hy was ʼn wonderlike mens.”
[Resep] Eierbrood-rolletjies met Nutella©
Aangesien dit vandag Wêreld-Nutella dag is, het ons besluit om ʼn lekker resep te laai met dié heerlike smeer. Hierdie gereg is perfek vir luilekker Saterdae.
[Video] Myn-ineenstorting: Talle steeds vasgekeer
Talle mynwerkers is steeds ondergronds vasgekeer ná ʼn grondstorting by die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, omstreeks 08:00.
[Video] Dit wemel van bekendes by ‘Vir Altyd’-première
Die Johannesburgse première vir die avontuurfliek, Vir Altyd, was Donderdag ʼn tropiese affêre waar talle bekendes hul skoene laat waai het om met hul tone in die sand te staan.
Redakteursbrief: Die kankerlyertjies se superhelde
Maroela Media se personeel kuier gister, vir Kankerbewustheidsdag, by die pediatriese onkologie-afdeling van Unitas-hospitaal in Centurion. Susan bring hulde aan hul superhelde.
Facebook-foto: Pta-man gevind
Die man wat Donderdagaand oënskynlik by ʼn kitsbank in Pretoria beroof en toe ontvoer is, is gevind.
[Video] Juanita de Villiers vertel oor Afrikaanse rillerfliek
Kyk nóú die eksklusiewe vrystelling van ʼn video-onderhoud met die aktrise Juanita de Villiers wat ʼn hoofrol vertolk in die nuwe Afrikaanse sielkundige riller, Die Ontwaking, op Maroela Media.
Mynwerkers glo vasgekeer ná ineenstorting
Reddingspogings is tans aan die gang by die Lily-myn in Barberton in Mpumalanga nadat ʼn gedeelte van ʼn ondergrondse skag glo ineengestort het.
[Video en foto’s] Tornado in Belfast
ʼn Tornado in Belfast, Mpumalanga, het Donderdag groot skade aangerig.
Foto van ‘roof en ontvoering’ in Pta op Facebook geplaas
Daar word tans wyd gesoek na ʼn man wat Donderdagaand vermoedelik deur rowers by ʼn kitsbank in Pretoria gedwing is om geld te trek, voordat hulle hom in ʼn bakkie geboender en met hom weggejaag het.