Limpopo se Renosters is besig om hul koppe te laat sak vir die stormloop na die Goue Beker waarom die land se voorste oop klubs einde hierdie seisoen meeding.
Lees meerAlles vir Maandag 8 Februarie 2016
KZN: Piet Retief kry harde neut om te kraak
Piet Retief kry `n harde neut om te kraak in die hoofwedstryd van sy rugbydag op 27 Februarie as hy die wenner van die Pumas se Hoëveldliga die stryd aansê.
Griffonsklubs sal Luiperdspanne gou toets
Die twee klubs van die Luiperds wat vanjaar saam met die Griffons se voorste klubs in die nuwe Griffons-Luiperdsliga meeding, sal sommer met die afskop `n goeie aanduiding kry van wat op hulle wag.
Twee agter tralies vir rooftog met speelgoedgeweer
Twee mans is in die Wepener-streekhof in die Vrystaat gevonnis nadat hulle ʼn winkel met ʼn speelgoedgeweer beroof en die winkeleienaar met ʼn panga aangerand het.
Lily-myn: Werkers al 80 uur lank vasgekeer
Na nóg ʼn dag se reddingspogings kon reddingspanne steeds nie daarin slaag om die drie werkers wat onder in die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga vasgekeer is, na veiligheid te bring nie.
PE-moord: Man getuig van vrou se ontrouheid
ʼn Man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou ten aanskoue van hul jong kinders met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die stad se hooggeregshof vertel van sy vrou se buite-egtelike verhouding.
Lucky Montana: ‘Dis ʼn politieke sameswering teen my’
Lucky Montana, die voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), het Maandag beweer daar is ʼn politieke sameswering teen hom wat deur Popo Molefe, die raadsvoorsitter van die instelling, gelei word.
Drie beseer toe honde hulle aanval
Een persoon is in ʼn kritieke toestand en nog twee beseer nadat hulle in ʼn straat in Durban deur twee honde aangeval is.
ToekomsVenster: Dis die Here se gemeente
Oor die volgende klompie weke gaan ons saam droom oor hierdie geloofsgemeenskap waarvan ons deel behoort te wees. Ons gaan luister hoe hierdie gemeenskap van gebroke mense wat deur God heelgemaak is, iets van die hemel op aarde is en behoort te wees.
Man sit voet neer toe polisie weer geld eis
Polisiebeamptes van Worcester wat omkoopgeld by ʼn vragmotorbestuurder geëis het nadat hulle die voertuig afgetrek en op ʼn pakkie met die dwelmmiddel Cat beslag gelê het, is Maandag aan korrupsie skuldig bevind.
Omstrede reisregulasies wéér hersien
Dié besluit volg ná maande lange, uitgerekte binnegevegte tussen die minister van toerisme, Derek Hanekom, en die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba.
Gateway to Space: Binnekort in SA te sien
Het jy al gewonder hoe dit voel om in die ruimte te wees? Dié uitstalling handel oor die mensdom se reis na die ruimte en is noukeurig saamgestel met die hulp van die US Space and Rocket Centre, ’n amptelike Nasa-besoekersentrum.
Nóg ʼn ontbinde liggaam naby plaas gevind
Skaars vyf dae nadat ʼn hond wat aan ʼn menslike liggaamsdeel gekou het die Oos-Kaapse polisie na ʼn gru-toneel gelei het, is nóg ʼn ontbinde liggaam in die omgewing gevind.
[Luister] Adam Tas se ‘Manna vir die boere’-liedjie pas bekendgestel
Die gewilde sanger Adam Tas het pas die liedjie “Manna vir die Boere” vrygestel. Dié liedjie, waarvoor al die ingesamelde geld na die droogtegeteisterdes in Suid-Afrika gaan, vorm deel van die gelyknamige konsert om boere in die droogte by te staan.
[Video] As jy maar net kon weet…
Die persoon wat skielik in die ry voor jou indruk, die motoris wat onverskillig verby jou jaag, die kind wat nie ophou huil nie… As ons maar net kon weet wat in iemand anders se lewe aangaan!
Seevakansie verruim wêreld vir dié kinders
Twee sussies van Pretoria wat ook alumni is van die Atterbury-trust alumni, het onlangs geloof in die mensdom herstel toe hulle 18 behoeftige kinders op ʼn droomvakansie geneem het.
Lily-myn aangesê om te sluit
Die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga waarvan ʼn gedeelte Vrydag ineengestort het, het Maandag ʼn sluitingskennisgewing ontvang.
Matriekafskeid: Die boerseun moet kan vas dans
ʼn Matriekleerder van die gekombineerde hoërskool in Hendrina, Mpumalanga, het haar tot sosiale media gewend om die perfekte metgesel vir haar matriekafskeid te vind.
Raad vir motorklagtes
Ons almal ken iemand wat al ʼn bloutjie geloop het met iemand in die motorbedryf. Gelukkig kan verbruikers met klagtes oor enigiets wat met motors te doen het, kla by die ombudsman vir die motorbedryf (MIOSA).
Gemeenskap staan saam om fudge-oom te help
Die gemeenskap van Montana, in die noorde van Pretoria, het gewys dat mense nog omgee vir hul naaste.