Die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het onlangs hul nuwe musieksentrum onthul ter viering van dié skool se 96ste bestaansjaar.
Alles vir Woensdag 10 Februarie 2016
[Video] Tamatiehartjies vir jou Valentyn!
Dis maklik om sommer op goedkoop maniere jou liefde te verklaar! Hierdie video wys jou hoe om kersietamaties soos hartjies te laat lyk.
[Resep] Geroosterde hoender-en-aarbeislaai met grenadella-slaaisous
Perfek vir ʼn warm somersmiddag as die kinders van die skool af kom.
Bfn-vrou verkrag toe man gaan draf
ʼn Bloemfonteinse man moes Dinsdagoggend magteloos toekyk hoe ʼn aanvaller sy vrou verkrag, terwyl sy twee makkers hom met ʼn vuurwapen aangehou en hul huis geplunder het.
Boek: Omega, oor en uit
Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre, maar werp ook lig op die wyse waarop talle Afrikaner-mans in hul middeljare die nuwe Suid-Afrika beleef.
Gedig: Die huis waar ek woon
“my huis het tien vensters en twee deure wat honger hande na die wêreld reik..” William Rowland se gedig, “Die huis waar ek woon”
Nuuskommentaar: Om Zuma se optredes en bekkighede te voorspel
Gaan Zuma se grootlikse toegewing Dinsdag voor die grondwetlike hof daartoe lei dat sy staatsrede van die gebruiklike arrogansie en selfgeregtigheid gestroop word? Is daar ʼn kans dat hierdie staatsrede, dalk Zuma se politieke swanesang, ʼn werklike baken van hoop sal word soos dit behoort te wees?
Stellenbossers: Kry jou US Woordfeeskaartjies teen R30
Stellenbossers moet eerskomende Vrydag (12 Februarie) spring om kaartjies vir 26 produksies by vanjaar se Woordfees teen ʼn afslagprys van R30 te koop.
OUTA: ‘Dreigende e-tol SMSe is onwettig’
OUTA het gewaarsku die dreigende SMS’e wat aan motoriste gestuur word waarin daar geëis word dat mense uitstaande e-tolrekeninge betaal, is moontlik onwettig, aangesien die inbelsentrum vanwaar dit gestuur word hulself glo valslik as die Nasionale Padagentskap (Sanral) voordoen.
Tiener op fiets doodgery
ʼn Tiener is Dinsdagaand buite Carletonville, wes van Johannesburg, dood nadat hy deur ʼn bakkie van sy fiets afgestamp is.
De Wildt-‘plaasaanvallers’ ontsnap glo
Twee van die drie verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle die egpaar Hannes (77) en Annetjie (74) van der Merwe verlede jaar op hul plaas in die De Wildt-omgewing in Noordwes aangeval het, het Vrydag glo uit ʼn bewegende polisievangwa ontsnap.
Teddiebeer-liefdadigheid versus kospakkie-liefdadigheid
Ek wonder tog in hoeveel gevalle mense net daardie enkele kreatiewe hupstoot, daardie enkele stukkie selfvertroue, nodig het om weer finansieel op hul eie voete te kan staan.
Korrektiewe beampte vas oor boendoehof-moord
ʼn Beampte van die departement van korrektiewe dienste is Dinsdag in Worcester in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo deelgeneem het aan ʼn moord waar die inwoners gereg in eie hande geneem het.
Ondersoek duur voort ná Vrystaat-plaasaanval
Die polisie in die Vrystaat het Dinsdag gesê hy het sy poging verskerp om die skuldiges vas te trek wat verantwoordelik is vir die moord op Jan Christiaan Barnard (73), op sy plaas in Odendaalsrus verlede jaar November.
Afrikaners het weer selfvertroue nodig!
Kom ons bou ons Godsvertroue op die woorde van God wat ons in die Bybel kry. Wanneer ons dit regkry, loop ons as Afrikaners, plaaslike en internasionale bendes storm en spring ons oor mure.
R7 miljoen kontant by King Shaka-lughawe gevind
Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Sondag ʼn besending van kontant ter waarde van R7 miljoen by King Shaka Internasionale Lughawe in Durban onderskep.
Gedagte vir die dag: Die Samaritaanse vrou
Die vrou het Hom geantwoord: “Ek het nie ’n man nie.” En Jesus sê vir haar: “Dis reg wat jy nou gesê het: ‘Ek het nie ’n man nie.’ Jy het reeds vyf gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die waarheid gepraat.” (Johannes 4:17-18)