Nog `n harde neut om te kraak, wag Saterdag op Rustenburg Impala in die Noorderbonde se Assupolreeks nadat hy verlede week gelykop teen Pretoria Polisie gespeel het.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 Februarie 2016
[Foto’s] ʼn Kunsgalery spesiaal vir diepsee-duikers
ʼn Britse kunstenaar se asemrowende nuwe uitstalling is nie sommer vir enige kunsliefhebber om te sien nie. Dié uitstalling kan slegs deur skubaduikers besoek word.
Polisieman vas wat glo sindikaat waarsku
ʼn Polisiebeampte van Port Elizabeth het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy na bewering ʼn sindikaat, wat mense se bankkaarte kloon, ʼn wenk gegee het dat die polisie ʼn lokval vir hulle gaan stel.
Swartgesig-herrie: Studente se skorsing opgehef
Die twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat geskors is weens die beweerde “blackface”-geval by dié instansie, se skorsing is opgehef.
ToekomsVenster: Kinders van een Vader
Ons is een familie wat hande vat en rondom die kruis staan. Dis die kerk. Niks anders is die kerk nie.
Werkers nou meer as ʼn week in Lily-myn vasgekeer
Die reddingspan het heelweek probeer om ʼn reuse rots te breek wat glo reddingspanne se pad na die myners versper, maar teen Vrydagmiddag is nog geen beduidende vordering gemaak nie.
Liggaam in verlate myn gevind
ʼn Onbekende man se liggaam is in ʼn reservoir van ʼn verlate myn in Deelkraal, Carletonville, gevind.
Wat beteken demokrasie en wat doen regstellende aksie?
Daar is tienduisende staatsamptenare wat goeie werk doen, maar solank meriete en produktiwiteit in alle aanstellings nie die maatstaf is nie, sal volledige doeltreffendheid in die slag bly.
Durban-man spring glo na sy dood
Paramedici het Vrydagoggend die liggaam van ʼn man gevind nadat hy glo van ʼn krans naby Hillcrest in Durban na sy dood gespring het.
Hofsake oor skoolonderwys
Eintlik is hierdie hofsake nie noodwendig slegte nuus vir ons land nie. Daar is ook ʼn stukkie goeie nuus en daardie nuus is dat ons Grondwet sterk en lewenskragtig is om mense en instellings se regte en regmatige belange te bevorder en beskerm. Dis ʼn teken dat ons Grondwet werk.
Babalykie in Pta-Moot gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore babaseun is Vrydagoggend in Queenswood in Pretoria se Moot-omgewing gevind.
In diepte: Zuma vs. Madonsela
Die saak tussen pres. Jacob Zuma en die DA en EFF, wat vandeesweek deur die konstitusionele hof aangehoor is, het opnuut die taak van die Openbare Beskermer (OB) en die omvang van haar magte in die kollig gebring.
Beroepskeuse kan ’n groot kopseer wees
Om ’n loopbaanrigting – selfs net in die algemeen – te kies, is een van die moeilikste en belangrikste besluite wat enige mens (dikwels nog ’n kind) moet neem. Dit bepaal die rigting wat jou lewe van ’n spesifieke punt af inslaan.
Beperkte vrede in Sirië dalk weer moontlik
Nadat verteenwoordigers van 17 lande wat by die konflik in Sirië betrokke is deurnag in München, Duitsland, koppe bymekaargesit het, is vanoggend aangekondig dat voorlopige vredesplanne in werking gestel gaan word.
Hele SA maak hart wyd oop vir droogtenood
Hoewel sommige dele van die land mildelik reën ontvang het, is dit steeds nie genoeg om die gras te laat groei en boere uit die droogteverknorsing te help nie. Suid-Afrikaners staan egter steeds saam om die droogtegeteisterdes te ondersteun.
De Lille: Verklein kabinet eerder as om parlement te skuif
Voorstelle om die parlement van Kaapstad na Pretoria te verskuif is onnodig aangesien die regering eerder daarop moet fokus om die kabinet te verklein, het Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, gesê.
Blommekind met ʼn goeie kop vir sake
n Moderne blommekind. Dís hoe ’n mens Ulricke Laubscher, skeppende juwelier en eienaar van die onderneming Wooden Lace, in ʼn paar woorde op die oog af sou opsom. Dié 28-jarige blondekop het egter ʼn slim kop vir sake op haar skouers en is nou al drie jaar heeltyds haar eie baas.
Valentynsdagstories: Só het die bekende paartjies ontmoet
Al ooit gewonder hoe bekendes soos Nadia Beukes, Rina Hugo, Altus Theart, Sorina (die Flooze) Erasmus en Vaughan Gardiner hulle ander helftes ontmoet het? Met Valentynsdag om die draai, het Maroela Media hulle daaroor gaan pols.
Maties behou Afrikaans, vir nou
AfriForum Jeug en die Universiteit van Stellenbosch (US) het Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad ooreengekom dat Afrikaans gelyke status met Engels as onderrigmedium sal geniet soos goedgekeur tydens die universiteit se raadsvergadering in 2015.
Stiefpa kry lewenslank vir 13-jarige se verkragting
ʼn 45-jarige man is vandeesweek in die Pietermaritzburg-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 13-jarige stiefdogter terwyl sy vrou in die huis was.