Met drie Polisiespanne en Sishen in Groep D van die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker, kan `n klompie klipharde stryde verwag word.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 Februarie 2016
GB (C): Onbekende faktore laat nog raai
Twee onbekende faktore het die spanne in Groep C van die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker nog aan die raai.
Nóg 50 000 mense onder broodlyn weens droogte
Die Wêreldbank het Woensdag gesê die droogte wat groot dele van Suid-Afrika in sy greep het, het ʼn verdere 50 000 mense tot onder die broodlyn gedruk.
UK: ‘Meerderheid koshuisstudente ís swart’
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Maandag bewerings deur die RhodesMustFall-beweging (RMF) ontken dat daar teen swart studente gediskrimineer word ten opsigte van verblyfplasings.
Geskorste Valke-baas weer aangekla
Genl.maj. Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, is weer aangekla van presies dieselfde aanklagte wat twee jaar gelede deur die hooggeregshof in Durban uitgegooi is.
DA-hoofsweep uit Sona-debat gegooi
Die debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede is Woensdag byna verdaag nadat die voorsitter van die vergadering, Raseriti Tau, die DA gevra het om die nasionale vergadering te verlaat.
Veiligheidsbeampte van Lily-myn neem eie lewe
Die polisie het Woensdag bevestig dat die veiligheidsbeampte van die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga selfmoord gepleeg het.
ToekomsVenster: Gawe en opdrag
Eenheid is ’n gawe en opdrag. Dis hoe jou gemeente in die wêreld as die gemeente van Christus uitgeken sal word!
Elf klubs meet kragte in Springs
Nie minder nie as 11 rugbyklubs van die Valke, die Goue Leeus en die Pumas meet Saterdag op Olimpiapark in Springs tydens die plaaslike klub se rugbydag kragte.
Aanvallers skiet boer met sy eie vuurwapen
ʼn Boer van die Edenburg-distrik in die Vrystaat is Woensdagoggend deur twee booswigte, wat hom op sy plaas ingewag het, geskiet.
Vrou sterf in ongeluk op pad na skool
ʼn Vrou is Woensdagoggend dood toe die motor waarin sy drie kinders na ʼn skool in KwaZulu-Natal geneem het, in ʼn ongeluk betrokke was.
Man op Pta-kleinhoewe geskiet
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn man Dinsdagaand op ʼn kleinhoewe in Tiegerpoort, oos van Pretoria geskiet is.
[Wen] Storieboek span sielkunde in om kinders te laat slaap
Skop jou kinders ook teë wanneer dit slaaptyd raak? Die gewilde televisie-aanbieder en sanger Jak de Priester lees in ʼn skattige video op YouTube voor uit die boek Die hasie wat aan die slaap wou raak. Dié boek bevat verskeie sielkundige tegnieke wat jy kan gebruik om jou kinders te laat slaap.
Name bekend van skolier, motoris wat in gru-botsing sterf
Die name is bekend gemaak van die skoolseun en ʼn volwasse man wat Dinsdagmiddag in ʼn gru-botsing naby Jacobsdal in die Vrystaat gesterf het.
Gauteng: Verhoging in e-toltariewe aangekondig
Die Outomobiel Assosiasie (AA) het Woensdag in ʼn verklaring motoriste in Gauteng gewaarsku dat die e-toltariewe op 1 Maart met ongeveer 5% sal verhoog op paaie wat deel vorm van die Gautengse hoofwegprojek (GFIP).
Vermiste kinders: statistieke lyk al hoe beter
Volgens statistieke wat die organisasie Missing Children South Africa verlede maand bekendgemaak het, was daar in 2015 ʼn aansienlike daling in die aanmelding van vermiste persone.
Ses studente geskors ná UK-betogings
Max Price, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, het Woensdag gesê ses studente is geskors ná die gewelddadige betogings wat Dinsdagaand by die universiteit uitgebreek het.
[Video] Kostelike reaksie op boetie se toertjie
Die baba se reaksie is te kostelik, en ons waarborg jou jy gaan self die reaksie oor en oor wil kyk.
Staatsrede 2016: Volg dag 2 van die debat regstreeks
Lede van die parlement begin om 14:00 met die tweede sessie van die debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede. Jy kan dié debat regstreeks op Maroela Media volg.
Voorkom só dat iemand jou identiteit steel
Die Suid-Afrikaanse Bankrisikoinligtingsentrum (Sabric) het gesê Suid-Afrikaners deel inligting op sosiale media wat hulle blootstel aan identiteitsdiefstal.