Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar is jou God nou?” Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ’n loflied sing. Hy is my helper en my God! (Psalm 42:4, 6-7)
Lees meerAlles vir Vrydag 19 Februarie 2016
Groot liefde tussen die winkelrakke
ʼn Foto van ʼn bejaarde man wat sy vrou help om die regte onderlaag te kies, het sosialemediagebruikers gaande.
Leeus ontsnap uit Nairobi-wildtuin
ʼn Paar leeus het Vrydagoggend uit die Nairobi-wildtuin in Kenia ontsnap en is glo op vrye voet in die hoofstad.
Laerskoolonnie geskok ná skietery
ʼn Laerskoolonderwyseres het haar skrikwekkende ervaring gedeel ná ʼn 29-jarige man Vrydagoggend by ʼn skool in Port Elizabeth geskiet is.
VF Plus gryp in om Highveld Steel te probeer red
Die VF Plus het die voorsiter van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid in ʼn skrywe versoek om dringend in te gryp in ʼn poging om die staalvervaardiger Highveld Steel van ondergang te red.
Vryheid se krane is leeg
Daar is nie meer enige water in die krane in Vryheid, een van KwaZulu-Natal se grootste dorpe, nie. Inwoners word deur watertenks van water voorsien.
Parlement sal mosie van wantroue teen Zuma bespreek
Die Nasionale Vergadering het Donderdag bevestig dat LP’s op 1 Maart vanjaar oor ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma sal debatteer.
ToekomsVenster: Verkeerde fokus!
Christus is nie in stukke verdeel nie. Sy liggaam kan ook nie in stukke geskeur word nie. As ons fokus of Christus is, sal ons een wees. As ons fokus op mense is, sal ons verdeeld wees.
27 vas ná Tuks-betoging
Die polisie het gesê betogers het gewelddadig geraak, klippe na joernaliste en voertuie gegooi en polisievoertuie beskadig. Die polisie moes uiteindelik rubberkoeëls afvuur om die groep betogers uitmekaar te jaag.
My taal, Afrikaans
Afrikaans is die hoendervel wat ʼn gedig vir jou gee. Afrikaans is in my vreugde en my hartseer. Afrikaans is ons. Ek sal nie lê nie. Ek sal staan vir Afrikaans.
Man buite PE-laerskool geskiet
ʼn Man is Vrydagoggend buite ʼn laerskool in Port Elizabeth geskiet, oomblikke nadat hy sy verloofde, ʼn onderwyseres, by die skool afgelaai het.
Duisende by optog in Pta-middestad
Verkeer in die Pretoriase middestad is Vrydagmiddag tot ʼn stilstand gebring deur duisende ANC-ondersteuners wat ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria gehou het.
Redakteursbrief: ʼn Brief aan die tannie* wat so kla
As ons ons taal wil red, sal ons ons moutjies moet oprol – nie om die sleutelbord beter by te kom nie, maar om daadwerklik ʼn verskil te maak, skryf Susan Lombaard.
[Foto’s] Groot skenking vir Witbank-werkers
Solidariteit Helpende Hand het op 19 Februarie kospakkies van altesaam agt ton uitgedeel by wat moontlik die eerste van vele uitdeelaksies in die gebied gaan wees.
[Video] Bestes in Afrikaans vereer by Fiëstas
Die Fiësta-toekennings, wat sedert 2011 die beste Afrikaanse kunstenaars en produksies vereer, is Donderdag tydens ʼn spoggerige geleentheid op ʼn blou tapyt by die Staatsteater in Pretoria gehou.
[Resep] Sout-en-peper-tjops met knoffel-aïoli
Aïoli is ʼn Franse woord vir mayonnaise, gewoonlik tuisgemaak, waarby baie vars, fyngedrukte knoffel gevoeg is.
Baba op ashoop gevind
Die Vrystaatse polisie is steeds op soek na die ma van ʼn pasgebore babadogtertjie wat op ʼn ashoop in Bloemfontein gevind is, met ʼn doek in haar mond gedruk.
Tuks-kampusse gesluit oor ‘dreigemente’
Die Universiteit van Pretoria (UP) het Vrydag sy Hatfield- en Groenkloofkampusse gesluit nadat dreigemente ontvang is dat akademiese aktiwiteite ontwrig sal word.
Limpopo-betogings: Vermy dié paaie
Die polisie het Vrydag ʼn beroep op die publiek gedoen om sekere paaie in Limpopo te vermy weens gewelddadige diensleweringsbetogings.
[Video] Die toekoms is hier – in ʼn Volksie
Daar is min dinge só ikonies soos ʼn ou Volkswagen Kewer of die bekende tweekleur mikrobus: en nou kan jy ook met ʼn elektriese weergawe van dié voertuie ry.