Die benoemings vir die 10de Saftas (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) is onlangs bekendgemaak en gunstelingprogramme soos Noot vir Noot en Republiek van Zoid Afrika staan ʼn kans om die goue beeldjie huis toe te neem.
Alles vir Vrydag 19 Februarie 2016
GB (B): SWD-span het byltjie met Impala te slyp
Evergreens, die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierligawenner, het `n byltjie met Rustenburg Impala te slyp wanneer dié twee spanne later vanjaar in Groep B van die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker kragte meet.
Nuuskommentaar: Is vandalisme en geweld tekenend van die nuwe Suid-Afrika?
Die eiegeregtigheid van sommige opstandige studente kan die land blywend verander. Opvoedkundige inrigtings kan nie die bastions van vandalisme en wetteloosheid word nie en waar ander se regte, soos om in Afrikaanse te kan studeer, vertrap word nie.
Woord: kasaterwater
Taaltoffie ondersoek die woord “kasaterwater”
Moeilike pad vir universiteite
Groter klasse, lae klasgelde, swak gehalte en baie min navorsing is die voorland vir openbare universiteite indien die huidige stand van sake op kampusse voortduur.
Situasie weer kalm in Sabie ná betogings
Ontstoke inwoners van Sabie in Mpumalanga sal Saterdag met die burgemeester en ander regeringsrolspelers vergader na afloop van die gewelddadige betogings wat die dorp vandeesweek byna tot ‘n stilstand gebring het.
Skietery in Pta-restaurant: ‘Hy kan nie veel onthou’
Conrad Liebenberg (24) wat Woensdagoggend in ʼn restaurant in die ooste van Pretoria geskiet is, se toestand is bevredigend en hy is reeds na ʼn gewone saal oorgeplaas.
Ietermago ook nou ʼn bedreigde spesie
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) gaan sy waarneming van die ietermago verskerp tydens die vyfde Wêrelddag vir die Ietermago weens die toenemende bedreiging van dié spesie in Afrika en Suid-Afrika.
Klipkouers: Jacques gesels met Capalie Botha
Capalie Botha, stigter en breinkrag agter Elektra Ontwikkelings, gesels met Jacques Basson van Klipkouers oor die tevredenheid wat hy ervaar wanneer hy en sy span ʼn eiendomstekening omskep in ʼn tasbare gebou.
Romanza-boek van die week: Teen haar beterwete
Jossie Tredoux is ʼn dominee wat haar nie deur konvensies aan bande laat lê nie. Die streng nuwe skoolhoof se manier van doen bots met haar spontane benadering. Maar hy het ʼn swak plek: sy seuntjie Denzil, die appel van sy oog.
Bestuurder steel glo duisende by Kaapse hotel
Die bestuurder van ʼn restaurant in ʼn luukse Kaapse hotel het Donderdag in die hof verskyn in verband met aanklagte van diefstal wat duisende rande beloop.
[Video] Oproerigheid by Tuks oor taalbeleid
Gemoedere het Donderdag hoog geloop op die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria (UP) na ʼn openbare vergadering om die universiteit se taalbeleid te bespreek.
Ondersoek na universiteit se hantering van ‘swartgesig-herrie’
Die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag gesê ʼn onafhanklike kommissaris sal aangestel word om die instelling se hantering van die gebeure te ondersoek nadat twee vrouestudente geskors is toe hulle valslik van “blackfacing” beskuldig is.
Gedagte vir die dag: God is daar
Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie. (Jesaja 43:2, NLV)