Die #OutsourcingMustFall-beweging het Sondag gesê betogings sal vandeesweek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) hervat, indien die instansie steeds “bestaande ooreenkomste” gaan verontagsaam.
Lees meerAlles vir Sondag 21 Februarie 2016
Omgewingsake ontken skuld aan Highveld Steel
Die departement van omgewingsake het Sondag bewerings ontken dat hy die moontlike verkope van Evraz Highveld Steel en Vanadium gekelder het en sodoende veroorsaak het dat die maatskappy sy deure moes sluit.
Dramat en kie word vervolg oor uitlewering
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die voormalige hoof van die Valke, Anwa Dramat, die eenheid se voormalige hoof in Gauteng, Shadrack Sibiya, en polisiekaptein Leslie Maluleke vervolg in verband met die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.
LP’s gewaarsku oor oproerigheid oor kospryse
Graan SA het gesê die land kan moontlik oproerigheid oor kospryse te wagte wees weens die voortslepende droogtetoestande in die land.
[Foto’s] As mans die huis moes ontwerp…
Van messe met moersleutelhandvatsels tot ʼn allooiwiel as ʼn tuinslanghouer of motorsitplekke vir die sitkamerbank… Ons huise sou bietjie anders gelyk het as mans hul stempel in die ontwerpwêreld kon afdruk.
‘Gewapende rower’ sterf ná aanranding
ʼn 27-jarige man is dood nadat ʼn groep mense hom aangerand het ná ʼn sakeroof in Johannesburg se middestad.
Gee aan elke kind ‘n stem in sy moedertaal, sê ATKV
In moeilike ekonomiese omstandighede is dit nodig om geld wys te belê, en die ATKV meen een van die beste beleggings is om moedertaalonderrig vir ons kinders moontlik te maak.
Innoverende oplossings noodsaaklik vir moedertaalonderrig
Die waarde van moedertaalonderrig, veral op laerskoolvlak, is onomstootlik bewys. In die veeltalige konteks van Suid-Afrika is dit egter geen geringe uitdaging nie.
Trump nou loshande die voorloper
Trump se oorwinning in Suid-Carolina beteken egter nie dat die leierskap van die Republikeinse Party en ander leiers in die konserwatiewe beweging in die VSA warmer vir sy kandidaatskap sal word nie, skryf Jaco Kleynhans.
Vliegtuig met kontantvrag in SA, sê SARB
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het Saterdag bevestig dat die vragvliegtuig met ʼn besending van Suid-Afrikaanse note, wat in Harare, Zimbabwe, vertraag is, het in Suid-Afrika aangekom.
Vyf dood, een kritiek in Van Stadensbrug-ongeluk
Vyf persone is Saterdag dood en een persoon het kritieke beserings opgedoen tydens ʼn ongeluk tussen twee motors op die N2 ongeveer 40 km buite Port Elizabeth in die rigting van Jeffreysbaai.
Sê nou jou sê oor Tuks-taalbeleid
“Ons kan nie toelaat dat ’n klein groepie rooihemp-anargiste die taalbeleid van die UP bepaal nie,” sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Gedagte vir die dag: Los die lafhartigheid!
Die Gees wat God ons gegee het, maak ons nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Timoteus 1:7)