Potgietersrus is besig om die grondslag te lê waarop `n wenkultuur gebou kan word, sê die klub se hoofafrigter, SJ Jonker.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 Februarie 2016
[Foto’s] Tuks-studente bewys hul eenheid
Studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het Dinsdag saam gebid en ʼn veldtog op sosiale media van stapel gestuur onder die hutssleutel, “Colourblind”, ná betogings vandeesweek klasse ontwrig het.
ANC-hoofsweep se vrou vrygespreek op 5 aanklagte
Portia “Pankie” Sizani, vrou van die ANC-hoofsweep, is Dinsdag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth onskuldig bevind op vyf van die 15 aanklagte van geldwassery teen haar.
Poskantoor-huurkontrak deurspek met ongerymdhede
Die Openbare Beskermer het Dinsdag gesê ʼn huurooreenkoms wat die Poskantoor in 2010 aangegaan het by die luukse Eco Point-kantoorpark in Centurion, Gauteng, was vol onreëlmatighede en korrupsie.
Volstruis val man aan
ʼn 40-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe ʼn volstruis hom by ʼn vulstasie in Harrismith in die Vrystaat aangeval het.
Man kritiek ná perd hom aanval
ʼn 55-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn perd hom op ʼn plaas in Bethlehem in die Vrystaat aangeval het.
ToekomsVenster: Op ons knieë
Dit bly een van daardie aangrypende tonele in die Bybel. Jesus staan op sy knieë. Hy was sy dissipels se voete. Die Leermeester doen die werk van ’n slaaf.
Moedertaal: Gr. 12 toppresteerders aangewys
Sakkie Kotze, lid van die ATKV-direksie, het dié leerders aangemoedig om hul moedertaal nie net tuis nie, maar ook op straat en in die openbare lewe met trots te praat en te skryf.
Kampus-struggle: Só maak jy sin daarvan
Dit gaan uiteindelik om die oorlewing van sowel die Afrikanervolk, die Afrikaanse taal en vryheid en demokrasie in ons land. Dit mág nie verlore gaan nie.
Krejcir en kie gevonnis
Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir is Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.
Jonathan Jansen: ‘Ons het baie bewyse’
Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het Dinsdag gesê hy was nog nooit so bang nie soos tydens Maandagaand se chaos by Shimlapark.
Leerlinge met blikoopmaker gesteek
Die Gautengse departement van onderwys het gesê hy is bewus van ʼn voorval by ʼn skool in Johannesburg waar skoolseuns Dinsdag met ʼn skerp voorwerp gesteek is.
[Foto’s] Waar is Blade?
Gebruikers van sosiale media het hulself Dinsdag tot sosiale media gewend onder die hutssleutel, #WhereIsBlade, in ʼn verwysing na die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, en betogings op kampusse landswyd.
Man vas oor Zuma ‘sluipmoord’-bewerings
ʼn Man wat beweer het dat daar ʼn sluipmoord teen pres. Jacob Zuma beplan word, is deur die Valke in hegtenis geneem.
Tuks-student: ‘God is in beheer’
Ek glo dié situasie (op die kampus) is ook in God se hande en Hy vra vir ons om ons vertroue weer in Hom te stel.”
Uitdrukking: Iemand disnis hardloop
Wat sal die uitdrukking om iemand “disnis te hardloop” te doen hê met ‘n perderesies? Taaltoffie stel ondersoek in
Suid-Afrika se fiskale afgrond
Suid-Afrikaners betaal nou die prys vir die regering se spandabelrigheid in die vorige dekade. Ons het egter nie enige ander keuse as om nou die bitter pil te sluk nie.
Tienerseuns by skool gesteek
Drie seuns van ʼn hoërskool in Johannesburg is Dinsdag beseer toe hulle glo tydens ʼn geveg by die skool met ʼn skerp voorwerp gesteek is.
[Video en foto’s] Kovsies gesluit; betogings woed voort
Foto’s en video’s van betogers op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat klippe gooi, standbeelde probeer afbreek en eiendom beskadig, is Dinsdag wyd op sosiale media versprei.
Raiders klop ERU; Randfontein kry aanwinste
Raiders van die Goue Leeus moes Saterdag hard werk om East Rand United (ERU) van die Valke in `n spannende vriendskaplike wedstryd op die Bill Jardinestadion in Industria onder te sit.