Die onlangse onrus op die kampusse van Ikeys, Kovsies en Tuks is ʼn duidelike bewys dat daar randeiers is wat Suid-Afrika se tersiêre instansies deur middel van geweld en onwettige aktiwiteite wil destabiliseer as deel van ʼn politieke agenda, het die departement van hoër onderwys en onderrig Dinsdag gesê.
Alles vir Woensdag 24 Februarie 2016
Gesin op Rustenburg-kleinhoewe oorval
“Die Here was saam met ons in die huis. As Hy nie daar was nie, sou ek vandag dood gewees het.”
Is jy Maroela Media se melktert-meester?
Die wenner ontvang met die komplimente van Lapa Uitgewers ʼn R500-geskenkbewys om op Lapa se webwerf te spandeer, en word amptelik aangewys as Maroela Media se Melktert-meester van 2016!
Pta-matrone geskors oor k-woord
ʼn Kraamsaalmatrone by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria is met onmiddellike effek geskors weens bewerings van rassisme teen haar.
Affies lê behoorlik weg aan melktert
Die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gaan op 29 Februarie nasionale Melktertdag vier met ʼn sny melktert vir elke leerder van dié skool – vir elkeen van die 1 300 seuns.
Kupido sterf op 62
“Hy was ʼn saggeaarde mens wat voluit geleef het. Hy het voluit gelag, voluit gehuil, en in liefde met almal om hom geleef.”
Kom ons los die emosionele gekyf oor taal
Ons sal moet loskom van ʼn oorverhitte emosionele gesprek oor taal. Ons het nie ʼn oorlog nodig nie, en ons kwesbare demokrasie kan dit nie bekostig nie.
UV-kampusse tot Maandag gesluit
Die kampusse van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal vir die res van die week gesluit wees ná die betogings wat vroeër die week die instansie tot ʼn stilstand gebring het.
[Foto’s] Miljoene rande se skade by Pretoria-stasie
Skade van nagenoeg R13,7 miljoen is Dinsdagaand by die Pretoria-stasie aangerig nadat mense wat hulself glo as passasiers voorgedoen het, op ʼn verwoestingstog gegaan het.
Regstappe teen Maties oor taalbeleid
AfriForum Jeug sal regstappe teen die Universiteit van Stellenbosch (US) neem nadat die universiteit tydens ʼn spesiale raadsvergadering ʼn besluit oor die instansie se taalbeleid geneem het wat teenstrydig is met ʼn vroeëre skikking wat tussen AfriForum en die US bereik is.
[Resep] Ouvrou-onder-die-kombers
Mev. RG Koekemoer van Thabazimbi sê op ʼn Saterdagmiddag smaak hierdie ekonomiese worsgereg heerlik saam met slaai.
Zephany-saak: Ouers getuig
Celeste Nurse, die biologiese ma van Zephany Nurse, het in die Wes-Kaapse hooggeregshof in trane uitgebars toe sy getuig het oor hoe haar dogter amper 19 jaar gelede van langs haar hospitaalbed ontvoer is.
Begrotingsrede 2016: ‘Regering sy eie grootste vyand’
Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat Suid-Afrika tans deur een van die uitdagendste tydperke sedert die draai van die millennium in die gesig staar word met inagneming van die begrotingsrede wat Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag gaan lewer.
Boek: Die leeu, die heks en die klerekas
Dis aand, en daar’s sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwêreld van Narnia beland.
[Wen] ‘Die ontwaking’ binnekort in teaters landwyd
Hierdie kompetisie is gesluit: Die première van die Afrikaanse rillerfliek, Die ontwaking, vind Woensdag tydens ʼn sterbelaaide geleentheid in Rosebank in Johannesburg plaas.
My bloed is rooi, net soos joune
Ek het verlede jaar geleer dat jy nie op enige manier beter as die persoon langs jou is nie. Of hy nou lank of kort, vet of maer, oud of jonk, pienk of pers is. Niks maak jou beter as hy of sy nie, want as jy seerkry bloei julle dieselfde bloed, en as julle hartseer is huil julle dieselfde trane.
Man beseer in valskermsweef-ongeluk
ʼn 45-jarige man is Maandag ernstig beseer in ʼn valskermsweef-ongeluk in die Bulwer-omgewing, wes van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.
Só raak jy wiskunde baas
Vir sommige kinders (en ouers) is wiskunde ʼn nagmerrie en ʼn mens voel sommer moedeloos wanneer jy dié vak net nie onder die knie kan kry nie.
Gedig: Bosveld
“Ek het altyd verdwaal op al die voetpaadjies, maroela…” Geniet Ingrid Jonker se gedig, “Bosveld”
Nuuskommentaar: Groot tegnokratiese herevaluering nóú nodig oor kampus-rassegeweld
Die rassespanning op kampusse verg nou ’n deeglike regsbegronde, tegnokratiese ondersoek, om ’n eskalasie tot die vlak van die Slag van Andringastraat presies 75 jaar gelede te voorkom. Dit verg egter ook doelgerigte steun van die politieke leierskap waar ’n Nommer Zero bloot ’n vyfde wiel aan die wa is.