Lesings by die Universiteit van Pretoria (UP) sal volgende week hervat met verskerpte veiligheidsmaatreëls, het die instansie Donderdag gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Februarie 2016
Drie OP-klubs mik na boonste Super12-sport
Drie klubs uit die Oostelike Provinsie mik na die hoogste sport op die groeppuntelere van die Oos-Kaapse Super12-reeks wanneer die derde en laaste ronde Saterdag afgehandel word.
23 beseer toe skoolbus omslaan
Twee volwassenes en 21 kinders is Donderdagmiddag beseer toe ʼn skoolbus op die N5, ongeveer 30 km buite Bethlehem in die rigting van Kestel in die Vrystaat, omgeslaan het.
Man gered tydens selfmoordpoging
ʼn Man is Donderdagoggend in Bloemfontein gered nadat hy by ʼn elektriese spantoring opgeklim het.
AfriForum is môre in die hof oor plaasmoordsyfers
AfriForum is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof om ’n bevel te kry ná sy formele versoek vir die SAPD se volledige plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015.
Enige Sanral-boete sal onwettig wees, sê VF Plus
Dreigemente van organisasies wat Sanral se e-tolgeld moet invorder oor die moontlike vervolging van nie-betalers, kan in Sanral se gesig ontplof, het die VF Plus Donderdag gesê.
ToekomsVenster: Hartlike diensknegte
In die Christelike geloofsgemeenskap is ons almal dienaars. Almal dien mekaar. Dis nie ’n eensydige verhouding nie, maar wederkerig.
Supermark-brand: ‘Ons sal herbou’
Die brand by Super Jumbo Cash & Carry in Crown Mines in Johannesburg is geblus, maar brandbestryders is nog op die toneel om dele wat smeul, nat te spuit.
Lily-myn: 3 werkers ná 20 dae steeds vasgekeer
Die lot van die drie werkers wat sedert 5 Februarie ondergronds by die Lily-myn in Barberton in Mpumalanga vasgekeer is, is steeds onbekend.
Pukke: ‘Gerugte van geweld onwaar’
“Ons het ʼn hoër sigbaarheid van veiligheidspersoneel op die kampus aangesien ons bewus is van die dreigemente, maar alles is rustig en kalm hier.”
Jong seun vasbeslote om droom te bewaarheid
“Hy spaar elke sent van sy sakgeld, hy het omtrent nie meer ʼn sosiale lewe nie en hy bestee gladnie meer geld aan rekenaarspeletjies nie.”
Boer, seun in hof na moord op medeboer
ʼn Boer van Noordwes en sy seun het Donderdag vlugtig in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn ander boer.
Só bly Afrikaans lewendig
ATKV-Spelathon is ‘n nasionale spelkompetisie vir moedertaal en niemoedertaalsprekers en word aangebied vir graad 6 tot 10 in Gauteng en graad 9 tot 10 in die res van die provinsies. Skryf nou in!
Boelie is nie net kinderspeletjies nie
Die nooddiensorganisasie, ER24, het in ʼn onlangse verklaring gesê ouers moet kinders wat geboelie word, meer ernstig opneem ná ʼn jong seun byna sy eie lewe geneem het as gevolg van boelies by die skool.
Beurse vir Afrikaansgrammatikawerkswinkel in Amsterdam
VivA stel reisbeurse beskikbaar vir magister- en doktorsgraadstudente en postdoktorale genote wat ʼn aanbieding by ʼn internasionale Afrikaansgrammatikawerkswinkel in Amsterdam wil doen.
Reuse kosskenking vir Witbank
Die boer, wat verkies om anoniem te bly, het dadelik besluit om 18 000 eiers aan Solidariteit Helpende Hand se afleggingsnoodfonds te skenk.
Skrywer Leon Rousseau oorlede
Leon Rousseau, samesteller van die uiters gewilde Storieman-versameling en skrywer van die jeugreeks Fritz Deelman, is in die ouderdom van 84 oorlede.
Man sterf ná perdebye hom op kleinhoewe steek
ʼn Man in 60’s is dood nadat hy Woensdagmiddag op ʼn kleinhoewe deur perdebye gesteek is.
TUT-studente geskiet, gesteek langs kampus
Drie studente van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle by die treinstasie langs die Pretoria-Wes kampus aangeval en onderskeidelik veelvuldige kere met ʼn mes gesteek en geskiet is.
Begrafnis van die boer
Dit is met leedwese dat ek vandag moet aankondig my hoop en visie vir Suid Afrika het gisteraand om 7-uur met die uitsending van die nuusbulletin op TV gesterf.