Drie mans is deur die loop van Donderdagaand met ernstige beserings na hospitale geneem nadat hulle in twee afsonderlike beweerde hoëspoedbotsings in Durban betrokke was.
Alles vir Vrydag 26 Februarie 2016
Geen duidelikheid oor toekoms van NWU se Mafikeng-kampus
Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) het Donderdag gesê ʼn uitgebreide plan sal opgestel word om die Mafikeng-kampus so gou moontlik te heropen, maar wanneer dit sal gebeur, is nog nie duidelik nie.
Studentebetogings: 21 UV-studente vas
Altesaam 21 betogende studente en kontrakwerkers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Donderdagaand agter tralies geslaap nadat hulle vir onder meer openbare geweld op die kampus in Bloemfontein in hegtenis geneem is.
Die waarde van goeie sig
Tot 80% van dit wat ’n kind leer, is visueel – dink maar aan lees, skryf, werk van die swartbord afskryf en rekenaargebruik. Dit beteken dat goeie gesigsvermoë noodsaaklik is.
Aanklag teen DA-burgemeester dalk teruggetrek
Charles Standers, die burgemeester van George wat geskors is nadat sy vrou ʼn klag van aanranding teen hom aanhangig gemaak het, se skorsing sal na verwagting binnekort opgehef word.
[Wen] ‘Modder en Bloed’ binnekort in teaters
Modder en Bloed, ʼn epiese periodefliek oor die Anglo-Boereoorlog, begin 1 April in teaters landwyd draai.
Boek: Die perd en sy seun
En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging lê nog voor hom: “As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.”
Steeds hoop vir swak SA opvoeding, sê EMU-direkteur
Hoewel Suid-Afrikaanse skole ’n groot agterstand het, is daar steeds baie hoop, het dr. Muavia Gallie tydens die ATKV se eerste onderwyskonferensie vroeër vandeesweek in Randburg in Johannesburg gesê.
Nuuskommentaar: Akademia deel van oplossing of probleem?
Akademia word vandag amptelik geopen, en uit nuusbrokkies daaroor beloof dit om ook indrukwekkende tegnologiese vermoëns bekend te stel. Vir baie Afrikaanssprekendes is Akademia teen die agtergrond van kampusgeweld ’n baken van hoop en ’n uitkoms. Vir ander is dit ’n steen des aanstoots.
Woord: trappel
Enigiemand wat al ooit saam met ‘n kat in ‘n huis gewoon het, sal presies weet hoe dit voel wanneer ‘n kat op jou kom trappel. Taaltoffie stel ondersoek in.
Plan om kampusgeweld te stop
AfriForum het Vrydag ʼn aanlyn-veldtog van stapel gestuur vir ouers van studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat sterk standpunt teen die ontwrigting van die akademiese programme op die twee kampusse wil inneem.
Zephany Nurse: Beskuldigde het glo voorheen baba verloor
Die staat het Donderdag sy saak gesluit teen die vrou wat na bewering die drie dae oue Zephany Nurse meer as 18 jaar gelede uit ʼn hospitaal ontvoer het.
Busse tref bul op Van Reenenspas
ʼn Brahmaanbul is Vrydagoggend in die vroeë oggendure op die N3-snelweg in die Van Reenenspas deur twee passasiersbusse doodgery.
Romanza-boek van die week: Van altyd af
Lindie en Adam het langs mekaar grootgeword. Nou is hulle volwasse en woon in dieselfde huis. Hulle is soos broer en suster, maar ’n vakansie in Marokko verander alles. Sal Adam Lindie se hart kan verower?
Zuma veroordeel vandalisme by universiteite
President Jacob Zuma het Donderdag gewelddadige betogings en die verwoesting by universiteite veroordeel en doen ʼn beroep op veiligheidsagentskappe om “onverpoosd te werk” om die skuldiges vas te trek.
Kaapstad-veiligheidswag in hof oor porno-klagtes
ʼn Veiligheidswag van die Kaapstad Internasionale Lughawe het Donderdag vir die derde keer in die hof verskyn op aanklag van die besit, verspreiding en vervaardiging van kinderpornografie.
Pompjoggie beseer toe man wegjaag
ʼn Pompjoggie by ʼn Engen-vulstasie in Rooihuiskraal, Centurion beseer toe die spuitkop van die petrolpomp hom teen die kop getref het.
Gedagte vir die dag: Tevredenheid ten spyte van
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:6, 11-13, NLV)