Vier mense is vroeg Sondagoggend dood in ʼn ongeluk op die R300 in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.
Lees meerAlles vir Sondag 28 Februarie 2016
Kovsies heropen Maandag
Akademiese aktiwiteite by die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag hervat word, met die akademiese termyn wat ʼn week langer sal wees.
Lily-myn: Reddingspoging nog nie hervat
Pogings om ʼn sekondêre skag by Vantage Goldfields se Lily-myn naby Barberton te sak is op koers, het die departement van minerale hulpbronne gesê.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Motorfietsryer, glo in sy 30’s, is Sondag dood in ʼn motorfietsongeluk op die Amajuba-pas naby Newcastle.
Vrou gooi man glo met warm olie
ʼn Vrou sal Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn nadat sy haar man glo met warm olie gegooi het.
Historiese ooreenkoms vir UP
Verteenwoordigers van die ANC-alliansie en die Solidariteit Beweging het Sondag ʼn historiese ooreenkoms voorgelê vir die herstel van ’n vreedsame, stabiele en volhoubare akademiese program aan die Universiteit van Pretoria (UP).
Ooreenkoms vir Universiteit van Pretoria (UP)
Herstel van ‘n vreedsame, stabiele en volhoubare akademiese program aan die Universiteit van Pretoria (UP)
Miljoene ingesamel vir UJ-veldtog
Meer as R30 miljoen is reeds ingesamel vir die Universiteit van Johannesburg (UJ) se sogenaamde “missing middle”-geldinsamelingsveldtog.
Twee sterf in gru-ongeluk
Twee mense is Sondagoggend dood en nog twee beseer in ʼn gru-ongeluk buite Carletonville.
Oos-Kaap-munisipaliteite skuld Eskom miljoene
Munisipaliteite in die Oos-Kaap skuld Eskom glo meer as R186 miljoen.
Man swaar gestraf vir moord op polisieman
Sy private voertuig is verlate naby Brentpark in Kroonstad gevind terwyl sy liggaam in ʼn veld in Maokeng gevind is
Petrol kos minder, dieselprys styg
Petrol sal van 2 Maart beduidend goedkoper wees, terwyl die prys van diesel sal styg.
Boom val man dood
ʼn Man is Saterdag dood toe ʼn boom op sy motor geval het in Westville, Durban.
Gedagte vir die dag: Só moet jou tevredenheid lyk
Ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. (Romeine 8:28-29, NLV)