Jan-Hendrik van der Westhuizen, ʼn Suid-Afrikaanse sjef en restaurateur wat tans in Frankryk woon, het Maandag die gesogte Michelin-ster ontvang.
Alles vir die maand Februarie 2016
Is jou kind ʼn boelie?
Dis sekerlik elke ouer se vrees dat sy kind geboelie kan word. Maar hoe gemaak as jóú kind die boelie is?
Nuuskommentaar: Gaan Wes-Kaap nou “bevry” word?
Die ANC-woelinge in die Wes-Kaap maak deel uit van ’n strategie om dié provinsie, soos die ANC dit stel, te bevry. Die proses is egter uiters kompleks, en Herman Toerien het oorsigtelik daarna gaan kyk.
ANC-hoë ʼn tweede keer geskors
Die ANC sal twee lede van sy nasionale uitvoerende komitee (NEC) na die Wes-Kaap stuur om met die plaaslike partystrukture te help nadat Faiez Jacobs, die provinsiale sekretaris, Maandag die tweede keer uit sy pos geskors is.
Strand-tiener verdrink in see
ʼn 17-jarige seun van die Strand naby Kaapstad se liggaam is Maandag opgespoor nadat hy Sondag in die see by Melkbaai verdwyn het.
BBRU-ligas: Twee nuwelinge in Carltonreeks
Twee nuwe klubs speel vanjaar in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga.
Meer as 40 beseer toe bus omslaan
Meer as 40 mense is Maandagaand beseer toe ʼn bus op die N8 buite Bloemfontein omgeslaan het.
Nóg ʼn hittegolf vir drie provinsies
Inwoners van drie provinsies in die land moet hulle staal vir nog ʼn hittegolf hierdie week met temperature wat tot meer as 40 grade Celsius kan styg.
Durban-busdiens vandag weer in werking
Werknemers van Durban se munisipale busdiens is laat Maandag betaal nadat busbestuurders verskeie hoofroetes tot die stad afgesper en die oggendverkeer erg ontwrig het.
Gedagte vir die dag: Gee jou vrese vir God
Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref. Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs. (Job 3:25-26)
Zika-virus: Wydverspreide oordrag glo onwaarskynlik
Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer (CDC) het gesê die VSA sal waarskynlik nog gevalle van die Zika-virus aanmeld, maar wydverspreide oordrag is glo onwaarskynlik in dié land.
Berugte beampte nou Mpumalanga-polisiehoof
Johannes Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het Maandag die aanstelling van lt.genl. Bethuel Zuma as hoof van die polisie in Mpumalanga, verdedig.
Dronkbestuurder byt beampte se hand
ʼn 23-jarige man wat glo onder die invloed van alkohol bestuur het, het een van die beamptes, wat hom in Westlake, Kaapstad, afgetrek het, se hand gebyt.
Video: Droogte tref Krugerwildtuin
Terwyl veevrektes landwyd weens die droogte voorkom, ly wilde diere in die Krugerwildtuin ook.
Video: Rehabilitasie van St. Lucia-meer beplan
‘n Onseker toekoms staar die St. Lucia-meer, Suid-Afrika se eerste wêrelderfenisgebied, in die gesig weens die voortslepende droogte.
Ontsnapte verdagte doodgeskiet
ʼn Verdagte wat uit die aanhoudingselle by die Nyoni-polisiestasie in KwaZulu-Natal ontsnap het, is doodgeskiet, het die provinsiale polisie Maandag gesê.
1 700 glo hul werk kwyt weens politiekery met Guptas
1 700 werknemers van Exxaro-myn is moontlik hul werk kwyt weens die regering se “alewige politiekery” met die Gupta-familie, het die vakbond Solidariteit gesê.
ToekomsVenster: Ons het rede om te sing
https://rak2.spens.co.za/radio/2016/261.mp3 Vir die koorleier. ‘n Lied. ‘n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! Sing tot roem van Sy Naam, gee Hom die…
Afgetrede akademikus se lyk in plaashuis gevind
Die liggaam van ʼn bejaarde man is Sondag op ʼn plaas naby Rustenburg in Noordwes aangetref nadat hy vermoedelik dae vantevore in sy huis vermoor is.
Goeie nuus vir ‘verlamde’ rugbyspeler en verloofde
Heinrich Terblanche, die rugbyspeler wat vroeg in Januarie 2015 verlam gelaat is ná ʼn rugbybesering en sy verloofde Chanel Supra, se beproewing is onlangs verlig toe die paartjie ʼn groot prys gewen het.