2016 is ʼn verkiesingsjaar. Dit beteken per definisie geweld en onluste sal plek-plek opvlam soos populistiese politici en hul organiseerders intimidasie gebruik en openbare geweld aanhits om kiesers vir die komende verkiesing te mobiliseer.
Alles vir Woensdag 2 Maart 2016
[Foto’s] Was klere, word fiks
Nou kan jy sommer fiks word terwyl jy wasgoed was!
Meisies vir twee dae ‘herhaaldelik verkrag’
Twee Vrystaatse meisies is na bewering tydens ʼn saamrygeleentheid ontvoer en herhaaldelik deur twee verskillende groepe mans verkrag.
Cameron en Johnson se uitval kan party skaad
Die uitval tussen die Britse premier, David Cameron en sy grootste mededinger in die Konserwatiewe Party, Boris Johnson, loop uit op ʼn bloedige burgeroorlog waarvan die party self die grootste slagoffer kan word.
Nuuskommentaar: Zuma-wantrouemosie nie tot eer van ANC
Die wantrouemosie wat gister in die parlement teen pres. Jacob Zuma ingedien is, het ʼn bietjie nuusafwisseling gebring op ʼn nuustoneel wat steeds deur die studente-onluste en die afloop daarvan oorheers word. Die nuusdekking oor die wantrouemosie skep eerder die indruk dat dit ʼn politieke zombie is wat aan die bod kom waaragter die ANC hom prosedureel skaar en kunsmatig probeer lewe inblaas.
Meer as 100 karkasse in wildtuin ontdek
William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die karkasse is Sondag in die noorde van die wildtuin in Limpopo ontdek.
Clinton teen Trump nou meer waarskynlik
Daar kan nog nie met absolute sekerheid gesê word dat Clinton en Trump hul onderskeie partye se kandidate gaan wees nie. Sanders kan nog vir Clinton inhaal en beide Cruz en Rubio het nog ʼn buitekans om Trump te uitoorlê. Dit sou egter naïef wees om te dink dat Clinton en Trump nie tans as gemaklike voorlopers beskou kan word nie.
(Nuwe) Fratse in die Vloot
Dis nou meer as 50 jaar later, maar die SA Vloot (en lugmag en regering) lewer steeds gereeld komedies op, met die verskil dat hulle meer ontstellend as snaaks is.
Gedig: Ek sing van die wind wat te keer gaan
“Ek sing van die wind wat te keer gaan; Ek sing van die reën wat daar val…” Geniet C Louis Leipoldt se gedig
[Resep] Ma Cielie se perskeblatjang
Hierdie is my ma se blatjangresep waarmee ons grootgeword het. Ek het besluit om die mates aan te gee presies soos sy dit vir my gegee het.
SC Warriors mik na derde Usherbeker-sege
Suid-Natal se topspan, South Coast Warriors (SCW), mik na sy derde opeenvolgende sege in die jaarlikse toernooi om die Usherbeker wat Saterdag op Matatiele plaasvind.
[Video] Só maak jy ʼn lugverkoeler
As die hitte net te veel raak vir jou, kyk Suzelle DIY se jongste video oor hoe om jou eie lugverkoeler te maak.
Varsitybeker weer uitgestel
Die FNB Varsitybeker-rugbyreeks is weer uitgestel weens die studentebetogings wat universiteite regoor die land ontwrig het.
Seun (7) deur hond in straat aangeval
ʼn Sewejarige seun is Dinsdag deur ʼn hond aangeval toe hy saam met maats na ʼn winkel gestap het.
Nagklub-moord: Man vas
Die polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op Carl Schoombie (27), wat dood is toe hy aangerand is kort nadat hy weg is by ʼn nagklub.
Borgtog vir man wat glo oor meisies ry
William Taute (27) wat glo oor twee jong meisies gery het terwyl hy na bewering onder die invloed van alkohol was, is Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof vrygelaat op borgtog.
Winnie soek Qunu-huis: Uitspraak voorbehou
Die hooggeregshof in Mthatha het Dinsdag uitspraak voorbehou in die siviele saak van Winnie Madikizela-Mandela wat regte wil bekom tot voormalige president Nelson Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap.
Sewe beseer tydens TUT-betogings
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het ʼn gewelddadige opstootjie Dinsdagoggend voor die hoofhek van sy Pretoria-Wes-kampus, ten sterkste veroordeel.
Gedagte vir die dag: Na die beeld van Jesus
Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. (Romeine 8:29-30)