Verskillende tydsones veroorsaak verwarring vir reisigers, finansiële markte en selfs regerings wêreldwyd. Twee wetenskaplikes het ‘n radikale oplossing.
Alles vir Donderdag 3 Maart 2016
Lugmagvliegtuig stort neer in Langebaan
ʼn Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse lugmag het Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas naby Langebaanweg neergestort.
Nuuskommentaar: Taal en die studente-onluste
Dit lyk of die EFF nou met ’n nuwe taalfoefie by die UP kom om ’n “verskoning” te vind om die universiteit onregeerbaar te maak. As Afrikaans bly, moet “al 11 ander” Afrikatale ook as onderrigtale ingestel word. Dis nie die eerste keer dat iemand die 11 amptelike tale (nie volgens die EFF se sommetjies nie) as foefie gebruik om Afrikaans onder druk te plaas nie.
‘Manna vir die Boere’ samel rekordbedrag in vir boere
ʼn Rekordbedrag van byna R2,5 miljoen is verlede week met die Manna vir die Boere-konsert in Pretoria ingesamel toe kunstenaars soos Adam Tas, Laurika Rauch en Steve Hofmeyr konsert gehou het om boere in die droogte by te staan.
[Resep] Wit-en-bruin sjokoladeroulade
Toe ek hierdie sjokoladeroulade op die TV-program, Die Nataniël Tafel, gemaak het, was almal gaande daaroor.
Luister: DZL aan die brand met musiek én op loopplank
Die model- en musiekduo, DZL, het onlangs met Maroela Media gesels oor die sukses wat hulle bereik met hul Country Folk-musiek en op internasionale loopplanke.
[Foto’s] Vrou sterf ná kar onder trok beland
ʼn Vrou is dood en twee mans ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het teen ʼn vragmotor in Johannesburg gebots het.
Taalgebruik: kritiek of krities?
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “krities” en “kritiek”
Hoe maak mens: Die resep vir ʼn huwelike wat hou
Wat het veroorsaak dat ons oumas en oupas se huwelike soveel langer as vandag se huwelike gehou het?
Bly vir Afrikaans onder die Suiderkruis
Daar is min plekke in die wêreld waar mense, soos Koos Doep se liedjie, ʼn Somerkersfees onder die Suiderkruis vier. Daar is net één plek waar ʼn mens dit in Afrikaans kan doen. Dit bly immers ons land. En ons ίs Afrikaans.
‘Registrasiebedrog’ by UJ ondersoek
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Woensdag gesê bewerings van ʼn student wat ander studente onregmatig by die universiteit geregistreer het, word ondersoek.
Nog regstappe volg oor ‘geheime’ SAID-eenheid
Voormalige werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag gedreig om regstappe te doen ná ʼn mediakonferensie deur Nathi Nhleko, minister van polisie, oor die Valke se ondersoek na die sogenaamde “rogue unit” by die belastingdiens.
Koersvas na die toekoms – soos die Voortrekkers
Die Voortrekkers se toekomsbeitel is nie ’n breekbeitel nie. Die Voortrekkerbeitel is NP van Wyk Louw se “klein-klein beiteltjie” waarmee ons daagliks “tik” en “klink”. Die “donker naat loop deur my land”, maar op ’n dag sien ons “die nag daar anderkant gaan oop met ’n bars wat van my beitel af dwarsdeur die sterre loop”. Koersvas na die toekoms.
Radioveteraan Fanie Smit oorlede
Die radioveteraan Fanie Smit is Woensdag in die ouderdom van 80 oorlede.
Die ideologie van struggle en studente-opstande
A luta continua is die struggle-kreet wat op die voorblad van die Rhodes Must Fall-beweging se webblad verskyn. Die lied is oorspronklik deur Samora Machel in Mosambiek se vryheidstryd gebruik. Die woorde kan vertaal word as “die stryd sal voortgaan”.
Gedagte vir die dag: Dienslewering bring tevredenheid
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was. Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. (Filippense 2:3, 5, 7)