ʼn Brief van ʼn ma aan ʼn ander ma wie se baba dood is en sy hart aan haar baba geskenk het, maak wyd opslae op sosiale media.
Lees meerAlles vir Saterdag 5 Maart 2016
Talle kiesstasies gesluit weens betogings
Personeel van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) moes Saterdag uit sekere gebiede ontruim uit vrees vir hul veiligheid nadat betogings uitgebreek het.
Regstappe kom ná ‘verkragting’-bewerings by US-betoging
AfriForum Jeug sal moontlik ʼn saak van laster teen lede van Open Stellenbosch aanhangig maak nadat lede van dié organisasie beweer het dat verteenwoordigers van AfriForum Jeug hulle met verkragting gedreig het.
Maimane: ‘Jong mense ly die ergste onder ANC’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag gesê dat jong mense in Suid-Afrika die slagoffers van die ANC-regering geword het.
Skool en winkel in Limpopo-betoging verwoes
ʼn Skool en ʼn winkel is Vrydagaand in Masakona naby Vuwani, Limpopo, afgebrand as deel van ʼn betoging deur inwoners oor die gebied se insluiting by ʼn nuwe munisipaliteit.
Anglo gaan miljoene aan siek mynwerkers betaal
Die Suid-Afrikaanse nasionale burgerlike organisasie (Sanco) het Saterdag Anglo American en AngloGold se instemming om skadevergoeding van ongeveer R500 miljoen te betaal aan mynwerkers wat silikose opgedoen het, verwelkom.
Plaaswerker sterf onder grassnyer
ʼn Plaaswerker is dood nadat hy Vrydag op ʼn plaas naby Bapsfontein in Gauteng onder ʼn grassnyer beland het.
Oos-Kaapse Super12: strawwe halfeind verwag
Met die aanvanklike skermutselinge agter die rug word strawwe mededinging verwag wanneer die kwarteindstryde in die Oos-Kaapse Super12-reeks Saterdag plaasvind.
Valkeliga: skoon lei vir Peregrine-, Merlinklubs
Verlede jaar se Peregrine- en Merlinligaklubs begin Saterdag met `n skoon lei wanneer die opstellende ronde vir vanjaar se ligas afskop.
Twee in hof oor Pta-polisieman se skietdood
Twee mans wat tereg staan weens die moord op konst. Max Lekalakala, het Vrydag in die hof verskyn. Lekalakala is vroeër die week tydens ʼn skietgeveg by die Diamond Hill-tolhek op die N4 tussen Pretoria en Bronkhorstspruit doodgeskiet.
SWD-liga: mededinging uit staanspoor in snelrat
Mededinging in die genadelose Premierliga van die Suidwestelike Distrikte (SWD) is sommer uit die staanspoor in snelrat.
Ondersoek na brand by skool vir dowes byna afgehandel
Die ondersoek is van stapel gestuur om onder meer te bepaal of die brandwaarskuwingstelsel by die skool in werking was en of enige skoolbeampte aan diens was ten tyde van die brand.
Harlequins tussen die duiwel en diep blou see
Vir Harlequins is dit `n kwessie van tussen die duiwel en die diep blou see wanneer hy Saterdag in die laaste groepronde teen Pretoria Polisie in Groep A1 van die Noorderbonde se Assupolreeks te staan kom.
Betogers ontwrig geleentheid op US Woordfees
ʼn Geleentheid op die eerste dag van die Universiteit Stellenbosch (US) Woordfees is Vrydagaand deur betogers ontwrig toe hulle by ʼn boekbekendstelling op die verhoog gehardloop en begin sing en dans het.
‘Onwettige’ aborsies: Beampte vertel van gru-vonds in vrieskas
Twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle 25 onwettige aborsies uitgevoer en die fetusse in ʼn vrieskas versteek het, is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Man kritiek ná trok rol
Twee mans is Vrydag beseer toe ʼn vragmotor op die R528 in Georges Valley naby Tzaneen gerol het. Een van die mans was in ʼn kritieke toestand.
Gedagte vir die dag: Vol hoop
Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. (Romeine 15:13)