Wat sal jy doen as ʼn vreemdeling skielik liefderyk oor jou hand sou streel op ʼn roltrap? Kyk hier hoe reageer dié groep mense.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Maart 2016
80 behandel vir voedselvergiftiging
Ongeveer 80 persone is Dinsdagmiddag vir voedselvergiftiging behandel by ʼn oord naby Ventersburg in die Vrystaat.
Gordhan nie beskikbaar vir begrotingsdebat
Pravin Gordhan, minister van finansies, sal nie die debat oor sy begrotingsrede Woensdag in die parlement kan bywoon nie.
R16 miljard verlies weens droogte
Suid-Afrika se landboubedryf het ongeveer R16 miljard verloor weens die droogte wat talle boere in die land geraak het.
Minister sê oor grondeise-afsnydatum
Die minister van grondhervorming het Dinsdag gesê die regering oorweeg nie formeel om die afsnydatum vir grondeise in Suid-Afrika te skuif nie.
Geskorste studente op Tuks-kampus toegelaat
Vyf studente, wat tydelik geskors is, sal weer op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) toegelaat word.
Regstappe om Afrikaans by Kovsies te red
Die burgerregte-organisasie AfriForum berei tans voor op regstappe om Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te red.
ToekomsVenster: ‘n Ander soort liefde
Die Bybelse beskrywing van liefde is so anders! God se liefde werk nie so nie – dank Hom daarvoor! Hy het ons lief ten spyte van wie en wat ons geword het. God het die wêreld onvoorwaardelik lief.
KZN-vleuel maak buiging met vier drieë
`n KwaZulu-Natalse vleuel het Saterdag vier drieë in sy eerste wedstryd vir sy klub se eerste span gedruk.
[Foto’s] Die kroegman is ‘n regte buffel
Foto’s van ‘n buffel wat onlangs “kroegman” gespeel het by Hlosi-gastehuis in die Oos-Kaap, word wyd op sosiale media gedeel.
Wees waaksaam en slaan kaartbedrog hok
Kaartbedrog van meer as R250 miljoen in 2015 in Suid-Afrika dui daarop dat dié kwessie steeds ʼn groot probleem is ten spyte van die Suid-Afrikaanse Bankrisiko Inligtingsentrum (SABRIC) wat ʼn afname vir 2015 aangekondig het.
Pta-nooddienste waarsku oor kitsvloede
Die Tshwane-nooddienste is op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het dat swaar reënval moontlik kitsvloede in Pretoria kan veroorsaak.
[Opvolg] Drie sterf in waterpyp
Die twee werkers wat Dinsdag in ʼn waterpyp by die Rutledgeparkdam in eShowe in KwaZulu-Natal vasgekeer was, is dood gevind.
As jou boetie die boerpot wen…
Twee broers het verlede week saam loterykaartjies gekoop nadat hulle ʼn paar weke lank saam visgevang het.
‘Daar was baie genade daardie aand’
Xander van Zyl (18), die jong man wat die naweek by sy ouerhuis in Boskruin deur ʼn rower geskiet is, het die rower eers met ʼn bofbalkolf bygedam voordat hy geskiet is.
Lyk by Pta-laerskool nog ʼn raaisel
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn man by ʼn Pretoriase laerskool nie.
[Video] Pukki, die gelukbringer, vang graad
Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus vereer vandag een van die bekendste gesigte op die kampus.
Valkeliga: Merlinhouer klim eerste trappie
Die Valke se Merlinliga-kampioen, East Rand United (ERU), het sy eerste trappie na `n plek in vanjaar se Peregrineliga geklim deur een van verlede jaar se senior klubs in die uitspeelronde vir Peregrinestatus te klop.
Mercurius se donker kleur verklaar
Navorsers van die John Hopkins-universiteit se laboratorium vir toegepaste fisika meen hulle het die antwoord oor waarom Mercurius se oppervlak so donker is.
[Video] Romanza se nuwe ridder
Hoe voel hý oor al die aandag? Sean meen dit is ʼn eer om gekies te word.