Die verwagte uitreiking Donderdag van die bepalings vir die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker is opgeskort.
Lees meerAlles vir Donderdag 10 Maart 2016
[Video] Jong vrou vra ‘grootword-pa’ om haar aan te neem
ʼn Jong vrou van Illinois in die VSA se video waarin sy die man wat haar grootgemaak het, vra om haar amptelik aan te neem, is reeds meer as 37 miljoen keer op sosiale media gekyk.
OP-klubs wil Super12-eindstryd oorheers
`n Uitenhaagse derby en `n poging van Spring Rose om die eindstryd van die Oos-Kaapse Super12-reeks tot spanne uit die Oostelike Provinsie (OP) te beperk, kenmerk Saterdag die halfeindronde van die reeks.
Dokter vas vir ‘seksuele aanranding’
ʼn Dokter van Port Elizabeth is Donderdag in hegtenis geneem omdat ʼn vrou (38) beweer hy het haar tydens ʼn ondersoek onsedelik betas.
Vrou vas oor handgranaat, dwelms
ʼn Vrou van Kaapstad is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat ʼn handgranaat, ammunisie en ʼn groot hoeveelheid dwelms in haar huis in Woodstock gevind is.
Nog slegte nuus vir Telkom-werknemers
Die vakbond Solidariteit het Donderdag aangekondig hy wil Telkom se nuutste artikel 197-oodragsproses beveg. Telkom wil 260 werknemers in sy gedeeldedienste-afdeling teen Mei vanjaar na WNS SA, ’n uitkontrakteringsmaatskappy, oorplaas.
Man in die sop oor hy motor ‘verloor’
ʼn Man van Port Elizabeth het Woensdag in die Gelvandale-landdroshof verskyn nadat hy glo vergeet het waar hy sy motor parkeer het en toe beweer het die voertuig is gekaap.
Uitspraak oor wetgewing in 11 landstale
Die hoogste hof van appèl het Donderdag uitspraak gelewer in die saak van taalaktivis, Cerneels Lourens, wat versoek het dat landswette in al elf amptelike tale vertaal word.
ToekomsVenster: Liefde laat God se wil in die gemeente geskied
Ek vra hoe my liefde die wil van God in die ander persoon se lewe kan laat geskied. Wanneer hierdie vraag ons gedrag bepaal, gaan ons werklik die krag van die Gees in ons gemeentes werksaam sien.
Tradisionele klubstruktuur uitgedien, sê promotor
Veranderde omstandighede noodsaak dat daar afgesien moet word van die tradisonele beskouing dat junior en senior spanne in dieselfde klub gehuisves word.
Mens kry ‘Steve Hofmeyr-, Orania- en ANC-Afrikaners’ sê Verwoerd
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se sentrum vir diversiteit-studies het uiteenlopende en ongewone sprekers gekies vir vandag se dinkskrum, “Herdink die Afrikaner-identiteite; ʼn interaktiewe dialoog”.
TUT-bestuur: ‘Geen ander keuse as om kampusse te sluit’
“Ons moet die risiko hanteer om ons eiendom en lewens te beskerm. Op enige gegewe oomblik kan ʼn student of een van ons personeellede sterf weens ʼn petrolbom of brandstigting.”
Liedjieboer vier 70 jaar
Anton kan as ’n ware legende van Afrikaanse musiek beskou word. Hy kan enige soort liedjie skryf, en die sukses wat Afrikaanse musiek tans behaal, is aan liedjieskrywers en kunstenaars soos hy te danke.
‘Vir die een wat geval het’ – Len Muller
Die talentvolle sanger-liedjieskrywer Len Muller se nuwe video is die afgelope week bekendgestel. Dié video het ’n dramatiese trant met ’n geestelike ondertoon en dra die boodskap oor dat daar vir jou ’n tweede kans in die lewe gegun word.
Voorlopige sekwestrasie teen OP Rugby toegestaan
OP Rugby het Donderdag bevestig dat ʼn voorlopige sekwestrasiebevel deur Regter Eksteen in die Port Elizabethse Hooggeregshof teen hom toegestaan is.
Luister: ‘Sink’: ʼn Baanbrekersfliek vir Afrikaans
Die fliekpremière vir die eietydse drama, Sink, was ʼn sterbelaaide geleentheid wat Woensdag plaasgevind het by Cedar Square in Johannesburg.
Perd se manewales het gemeenskap op hol
Pronk, ʼn vierjarige hings, se liefde vir water het Donderdagoggend die Centurion-gemeenskap op hol gehad toe dit voorgekom het asof hy deur vloedwater vasgekeer word.
[Video] Tokai-moord: Nog ʼn verdagte vas; ouers praat
Die polisie het bevestig dat ʼn vierde verdagte in hegtenis geneem is in die ondersoek na die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger.
Stemtyd is om die draai
n verwysing na die koerantopskrifte van vandag wat vir die wêreld wys hoe ʼn eens pragtige land in vlamme opgaan: Dit is nie net sogenaamde frustrasie van die agtergeblewenes hierdie nie, dit is anargie en misdaad teen die volk wat die minderheid is wat die land opgebou het.
Herrie oor nuwe Affies-skoolwapen
Ontstoke oudleerders van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het vandeesweek ʼn petisie begin in ʼn poging om te verhoed dat die Voortrekkernooientjie op die skoolwapen met ʼn meer moderne weergawe vervang word.