ʼn Sweedse musiekgroep, Wintergatan, het ʼn masjien gebou wat met behulp van albasters musiek kan maak.
Lees meerAlles vir Vrydag 11 Maart 2016
[Video] Tien sluise van Hartbeespoortdam oopgetrek
Die departement van waterwese het tien sluise van die Hartbeespoortdam oopgetrek ná swaar reën in dele van Gauteng.
Walus is ʼn SA burger, sê departement
Die departement van binnelandse sake het Vrydag in ʼn verklaring bevestig Janusz Walus, die man wat Chris Hani 23 jaar gelede doodgeskiet het, is ʼn genaturaliseerde burger.
Pikitup-lede moet dadelik terugkeer werk toe, sê Samwu
Die nasionale kantoor van die munisipalewerkersvakbond Samwu het Vrydag sy streeksleierskap versoek om lede by Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup, toe te laat om dadelik terug te keer werk toe.
Helikopter stort neer by Lanseria
ʼn Vlieënier het Vrydag wonderbaarlik oorleef nadat sy helikopter by Lanseria Internasionale Lughawe in Johannesburg neergestort het.
Staatshospitale nie voorbereid op al hoe meer pasiënte
Die Vryheidsfront Plus het Vrydag gesê met mediese fondse en privaathospitale wat tans onder die soeklig is weens die astronomiese kostes van hul dienste, is die vloei van pasiënte na staatshospitale besig om ingrypend toe te neem.
ToekomsVenster: Dit is alles of niks
Liefde word in 1 Kor 13 as die allesoortreffende gawe van die Heilige Gees gesien. Almal het hierdie gawe as hulle Jesus en sy Gees het.
Panayiotou sal derde keer borgtog vra
Christopher Panayiotou, die sakeman van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy vrou gereël het, sal weer op grond van nuwe feite ’n borgtogaansoek indien.
[Video] ‘Modder en Bloed’: 5 dinge waarmee bekendes sal oorleef
Die fliekpremière vir die epiese periodefliek, Modder en Bloed, het Donderdag by Cedar Square in Johannesburg plaasgevind. Verskeie bekendes soos Leandie du Randt, Bok van Blerk, Hanna Grobler, Amalia Uys en Willem Botha het dié geleentheid bygewoon.
Gerhard Steyn: ‘Afrikaans sal ek altyd wees’
“Verander al die name soos dit sommiges pas. Een ding is verseker; my hart verander nie. Ek is lief vir hierdie land. Ek is lief vir ons volk. Ek is baie trots om Afrikaans te wees.”
Candy Benson het ʼn nuwe uitkyk op die lewe
Die sanger Candy Benson het vertel die verkeerdelike diagnose van Crohn se siekte by haar vroeër verlede jaar het haar geïnspireer om met ʼn hernude blik na die lewe te kyk.
Boek van die maand (resensie): ‘Oorlewingsgids vir ‘n bedonnerde diva’ deur Sophia Kapp
‘Diva’ is ʼn baie geloofwaardige boek – vra enige vrou wat al deur ʼn egskeiding moes gaan, of wat sukkel met ʼn moeilike kind of ʼn begroting wat nie klop nie. Mens kan daarmee assosieer, want elkeen van ons ken ʼn Simoné, of is dalk self in haar posisie, skryf Ilse Salzwedel.
Polisieman help glo moordenaar ontsnap
ʼn Polisiekonstabel het Vrydag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn veroordeelde moordenaar gehelp het om te ontsnap.
Kampusgeweld kan lei tot tweede Marikana
Die huidige vlaag studente-protesaksies toon direkte ooreenkomste met die Marikana-insident van Augustus 2012. Indien die studente-protesleiers voortgaan om kwaad te stook en geweld en anargie te verromantiseer, kan dieselfde tragiese gebeure as tydens die Marikana-insident ook op kampusse afspeel.
Storm oor Zuma se salarisverhoging
Pres. Jacob Zuma se salaris is Donderdag in die parlement met 4,4% verhoog ten spyte van sterk teenkanting deur opposisiepartye.
Man se liggaam gevind ná vloedwater kar meesleur
Leon Strydom (40), die man wat vermis geraak het nadat sy motor Donderdag deur vloedwater in die noorde van Pretoria meegesleur is, is Vrydagmiddag gevind.
’n Geslote brief aan die wit linkses
Aangesien dit nou so fatsoenlik geraak het om “ope briewe” oor of aan mense te skryf, gaan ek nou ook my eerste een probeer. Hierdie een gaan egter nie slegs aan een persoon gerig word en so wyd moontlik versprei word soos ’n ope brief nie, maar aan ’n hele groep met wie ek meer intiem wil gesels.
Brandstofpryse sal waarskynlik skerp styg in April
Indien die huidige onderverhaling op petrol tot 31 Maart voortduur, sal die prys van ʼn liter 95-oktaan petrol aansienlik styg op 6 April.
Dowe vrou deel Woordfees-ervaring
Stephanie Lotz, die dowe ondervoorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, sê haar onlangse bywoning van die US Woordfees het haar honger gelaat vir meer en die behoefte van die dowe en doofblinde-gemeenskappe om inklusief te wees weer na vore gebring.
Hof sê oor US-taalbeleid
AfriForum Jeug se aansoek om ʼn dringende interdik teen die Universiteit van Stellenbosch (US) om die universiteit te dwing om sy taalbeleid en –plan te implementeer, is Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor.