ʼn Kantoor in die Universiteit van Stellenbosch (US) se administrasiegebou is Donderdagaand heeltemal in ʼn brand verwoes.
Alles vir Vrydag 11 Maart 2016
Franziska is verkrag, hoor hof
Die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger, het Vrydagoggend in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Taakspan sal oor Affies-skoolwapen besluit
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het Vrydag gesê “die emosionele debat in die media” oor die nuwe weergawe van die skoolwapen het ontstaan omdat die nuwe wapen se voorgestelde ontwerp onregmatig bekendgemaak is.
Pta-vloede: Vermiste man se motor gevind
Die soektog na Leon Strydom (40), die man wat vermis geraak het nadat sy motor Donderdag deur vloedwater in die noorde van Pretoria meegesleur is, is Vrydagoggend hervat.
Studente beroof: Drie ‘rowers’ dood
Drie vermeende rowers is Donderdag tydens ʼn hoëspoed-jaagtog deur die polisie doodgeskiet.
My kind is nie mediese afval nie
Om ʼn kind te verloor, is seker die mees traumatiese ervaring waardeur ouers kan gaan – geen ouer is veronderstel om sy kind te begrawe nie.
Polisie las soektog af na vermiste Pta-man
Die Garsfontein-polisie in Pretoria het sy soektog afgelas na Leon Serfontein (30), eienaar van ʼn tuinontwerp-onderneming, wat Dinsdagoggend in raaiselagtige omstandighede verdwyn het, al is hy nog nie gevind nie.
‘Deursigtige’ teaterfonds bestaan al meer as 50 jaar
Wanneer mense geld vir liefdadigheid skenk, wil hulle weet dat die geld korrek aangewend en betroubaar bestee word. Hulle wil weet dat die organisasie “deursigtig en eerlik” is. Só meen Lizz Meiring, gesoute aktrise en bestuurslid van die Teaterbystandsfonds (TBF).
Boek: Die Woord in kleur
Inkleurboeke vir elke ouderdom en smaak, gemeng met inspirasie wat elke dag sal ophelder. Dít is wat lesers kan verwag in Die Woord in kleur.
Woord: kwiek
Taaltoffie ondersoek die woord “kwiek”
[Wen] Joe Foster vertel oor ‘Hartklank’-musiek
Hierdie kompetisie is gesluit: Joe Foster, wat onlangs opslae in die musiekwêreld gemaak het met die “Pad na jou hart”-temalied, het vandeesweek by Maroela Media kom kuier om te gesels oor sy album, nuwe musiek en waar sy inspirasie vandaan kom.
Nuuskommentaar: Wanneer anti-rassisme deur rassisme sneuwel
ʼn Moontlike joernalistieke flater werp reeds ʼn skadu oor die komende week teen rassisme, omdat dit impliseer dat die een ras ʼn groter aandeel in rassisme het as die ander. Gelukkig is daar ook ander inisiatiewe wat duidelik nié die kwessie deur vooroordele skeeftrek nie.
‘Hani-moord het amper tot burgeroorlog gelei’
Politieke partye het Donderdag hewig reageer op die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria dat Janusz Walus, wat Chris Hani doodgeskiet het, op parool vrygelaat word.
[Resep] Mieliepap-en – cheddarkoekies met doopsous
ʼn Heerlike smulhappie vir die naweek!
Afrikaans-Vriendelik wil Afrikaanse sakewêreld bevorder
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Donderdag tydens ʼn konferensie met sprekers soos Waldimar Pelser en Dawie Roodt die Afrikaans-Vriendelik projek van stapel gestuur wat Afrikaans wil bevorder deur erkenning en gratis bemarking aan Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers te gee.
Regstappe om US-taalbeleid te implementeer
AfriForum Jeug se aansoek om ʼn dringende interdik teen die Universiteit van Stellenbosch (US) om die universiteit te dwing om sy taalbeleid en –plan te implementeer, sowel as die taalspesifikasies in die 2016-jaarboek, sal Vrydag in die Kaapse hooggeregshof aangehoor word.
Twee dood toe motor deur heining ploeg
Twee mense is Vrydag in die vroeë oggendure dood toe hul motor deur verskeie bome en ʼn heining van ʼn laerskool in Durbanville, Kaapstad geploeg het.
Twee eindstryde ‘oorgespeel’
`n Mens kan maar sê twee provinsiale eindstryde word “oorgespeel” in die belangrikste kragmetings Saterdag in die eindstryde van die Noorderbonde se Assupolreeks op Loftus Versfeld in Pretoria.
Luister: Simeon Hamman praat musiek
Die talentvolle sanger Simeon Hamman het in Februarie sy jongste enkelsnit Ek los die agterdeur oop uitgereik. Die liedjie vertel hoe verhoudings soms nie uitwerk nie, maar dat daar jy altyd weer die lewe in die oë kan kyk en waardeer.
Klipkouers: Jacques gesels met Theresa Louw
Van medies tot regte tot pensioenfondse tot haarverlenging-ghoeroe … Theresa Louw, die eienaar van Make-Over Boutique, vertel onder meer aan Klipkouers hoe belangrik ’n goeie naam vir besighede is en hoe jy moet waak teen te veel aandeelhouers.