Die Solidariteit Beweging het Vrydag in gesprek getree met die ANC-alliansie om knelpunte in die Vrystaat op te los.
Lees meerAlles vir Saterdag 12 Maart 2016
[Foto’s] Laat die koppe draai met dié haarstyle
Gee jou kreatiwiteit vrye teuels met dié interessante haarstylidees.
SALM-helikopter beskadig in DRK-skietvoorval
ʼn Oryx-helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag is beskadig toe dit in die Demokratiese Republiek van die Kongo raakgeskiet is.
[Foto’s] SA tiener het dalk MH370-wrakstuk gevind
Liam Lotter, ʼn tiener van Wartburg in KwaZulu-Natal, het moontlik ʼn gedeelte van ʼn vlerk van die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 opgespoor.
Vier gesinslede sterf tydens Randfontein-aanval
ʼn Oupa, ʼn egpaar en hul negejarige dogter is dood ná ʼn aanval op ‘n kleinhoewe naby Randfontein in Gauteng.
Kovsies aanvaar nuwe taalbeleid
Die raad van die Universiteit van die Vrystaat het Vrydag ʼn nuwe taalbeleid aanvaar tydens ʼn vergadering by sy Qwaqwa-kampus.
Old Mutual verdeel in vier dele
Old Mutual het bevestig die onderneming gaan teen die einde van 2018 in vier dele verdeel.
Kind geskiet tydens ‘padwoedevoorval’ in Kaapstad
ʼn 10-jarige seun is Vrydagmiddag omstreeks 15:00 in Laer Pleinweg in Kaapstad geskiet tydens ʼn vermeende padwoedevoorval.
Twee vas wat Valke glo wou omkoop
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn ondersoekbeampte van die Valke glo met R400 000 wou omkoop.
Rhodes-reeksverkragter dalk vas
ʼn 35-jarige man is Saterdagoggend naby die Rhodes-gedenkteken aan die hang van Tafelberg in Kaapstad in hegtenis geneem.
Saskok bevestig Statebondspele in Durban
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Vrydag berigte verwerp dat Durban nie in staat sal wees om in 2022 die Statebondspele te kan aanbied nie.
Swaar reën saai verwoesting in Rustenburg
Verskeie huise is Vrydag dakloos gelaat en is oorstroom ná swaar reën in Rustenburg, Noordwes.
[Foto’s] 20 beseer in Jhb-botsing
Altesaam 20 persone is beseer toe ʼn taxi, twee motors en ʼn bakkie mekaar Vrydagmiddag in Cresta, Johannesburg, getref het.
Valkeliga: niemand wil in Nigel se skoene staan
Niemand wil Saterdag in Nigel se skoene staan as hy in die opstellende ronde van die Valke-rugbyunie (VRU) se Peregrineliga teen Brakpan te staan kom nie.
SWD-liga: Barbarians kan Progress gas gee
Progress van George kan `n kwaai aanslag van Barbarians verwag wanneer dié twee spanne Saterdag in die Suidwestelike Distrikte se Premierliga kragte meet.
Bolandliga skop op oor die honderd plekke af
Die Bolandse klubligas skop Saterdag op net oor die honderd plekke af.
Gedagte vir die dag: Die krag van lofprysing
Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom! (Handelinge 16:25-26)