ʼn Bekende Zimbabwiese jagter en sy seun is Sondag in die Mana Pools-wildreservaat in die noorde van Zimbabwe “per ongeluk” doodgeskiet.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Maart 2016
Oos-Kaapse Super12: dis `n OP-eindstryd
Spring Rose en Gardens het seker gemaak dat twee spanne van die Oostelike Provinsie Saterdag op Despatch die eindstryd van die Oos-Kaapse Super12-reeks betwis.
Gordhan: ‘Ek weet niks van Gupta-vergadering’
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Maandag ontken dat hy kennis dra van ʼn vergadering waartydens die invloedryke Gupta-familie glo die pos van minister van finansies aanvanklik eers aan Mcebisi Jonas, die adjunk-minister, aangebied het.
Werker tydens rooftog doodgeskiet
ʼn Werknemer van ʼn maatskappy wat groente en vrugte verkoop in Delareyville, Noordwes, is Saterdag tydens ʼn rooftog doodgeskiet.
‘Onwettige’ aborsies: Verpleegster weer in hegtenis geneem
Lulama Cabela, die verpleegster wat daarvan beskuldig word dat sy onwettige aborsies uitgevoer en die fetusse in ʼn vrieskas versteek het, is weer in hegtenis geneem.
Redes vir reuse Jhb-treinongeluk bekendgemaak
Dipuo Peters, minister van vervoer, het Maandag die oorsaak bekendgemaak van die Johannesburgse treinongeluk in April verlede jaar waarin een persoon dood en 240 beseer is.
Parys-saak: Onverwagse uitspraak oor borgtog
Landdros Ronnie Mnguni het Maandag in die Parys-landdroshof ʼn onverwagse uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen, wat tereg staan op die moord op twee vermeende plaasaanvallers.
ToekomsVenster: Kyk, die vyand is aan die kom
God het jou as wagter vir jou medemens aangestel. Wat ‘n verantwoordelikheid!
Vermiste meisie se lyk gekry
Die liggaam van die 14-jarige skoolmeisie wat deur ʼn sterk stroom meegesleur is toe sy en ʼn vriendin ʼn rivier in Limpopo wou oorsteek, is ook gevind.
ANC-hoës vas vir dronkbestuur
Twee ANC-hooggeplaastes het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dronkbestuur.
Seun vermoor glo ma in hospitaalbed
ʼn Man van Oos-Londen is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma in haar hospitaalbed vermoor het.
Einde van ʼn pad met Universiteit van die Vrystaat
Ook dít is deel van die geskiedenis van Afrika, en veral van die geskiedenis van die Vrystaat: Mense wie se individuele, akademiese, kulturele of ander vorme van vryheid afgeskaal of misken word, sal dit elders weer gestalte gee. Soms selfs beter.
Woord van die week: taalvitter
Die woord van die week is “taalvitter”
Liefde ál kuur vir Suid-Afrika se bitter hart
Ek sien mede-Suid-Afrikaners wat as’t ware verdrink in hul begeerte om gehoor te word. Laat ons mekaar tog nie voos slaan omdat ons regering nie sy beloftes nakom nie.
[Video] Gesin kweek bielie van ʼn pampoen
ʼn Gesin van Pretoria het onlangs met die prys weggestap op die jaarlikse Goliat van Gat-pampoenkompetisie nadat hulle een van die grootste pampoene nóg in Suid-Afrika gekweek het.
Tzaneen-plaasaanval: Vrou, kinders kruip in kamer weg
“Ek het dadelik kamer toe gehardloop na my kinders toe en die veiligheidshek tussen die kamers en die kombuis gesluit. Uit die hoek van my oog het ek gesien hoe nog mense die huis binnekom en vanuit die kamer kon ek hoor hoe almal net begin skree.”
Jong pa vir twee selfone op kleinhoewe vermoor
ʼn Jong pa van Pretoria is Vrydagaand op ʼn kleinhoewe buite die stad deur ʼn bende van nagenoeg agt mans koelbloedig vermoor vir twee selfone.
Werkers sterf toe polisie hul vir rowers aansien
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn saak van moord nadat die polisie glo twee McDonalds-werknemers in Kuilsrivier in die Wes-Kaap doodgeskiet het toe hulle vir rowers aangesien is.
Onderwyser leer jong seuns sonder pa’s oor etiket
Raymond Nelson, ʼn laerskoolonderwyser en kenner van leerderondersteuning in Charleston, South Carolina, in die VSA, het wyd reaksie op sosiale media ontlok ná hy ʼn “gentleman’s club” vir jong seuns sonder pa’s begin het.
Worsmaak in Thailand
Dit is mos so. Hoe groter die gesukkel, hoe lekkerder die regkry.