ʼn Man het ernstige beserings opgedoen toe hy erg aangerand is tydens ʼn kaping in Midrand.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Maart 2016
Gupta-familie antwoord op bewerings
Die Gupta-familie het ʼn verklaring uitgereik in reaksie op Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se bewering dat hulle vir hom die pos van minister van…
Twee Ikeys-studente sterf
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het sy medelye met die families betuig van twee van sy studente wat die afgelope ruk dood is.
Adjunkminister erken Guptas-aanbod
Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, het in ʼn verklaring erken dat die Gupta-familie vir hom die pos van minister van finansies aangebied het.
Vakansieganger sterf in fratsongeluk
Paramedici is Woensdag na ʼn huis in die Illovo-area naby Amanzimtoti ontbied ná berigte van ʼn strukturele ineenstorting.
Pizza-afleweraar-video: Klagtes gelê
Famous Brands, die maatskappy wat onder meer Debonairs Pizza besit, het gesê strafregtelike aanklagte is aanhangig gemaak teen die motoris wat glo een van Debonairs se afleweraars van sy motorfiets afgestamp het in Port Elizabeth.
ToekomsVenster: Wagters met die regte gesindheid
Ons kan hierdie mense met harde dissipline probeer reghelp, maar dis nie die gesindheid wat hoort by die mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie. Paulus sê dat daar twee kenmerke is van mense wat ander reghelp.
Nóg ʼn aanval in Pta-natuurreservaat
ʼn Man en vrou is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hulle in ʼn natuurreservaat in die suide van Pretoria met pikke aangeval is.
[Foto’s] Dís nou ʼn perd van ʼn ander kleur
Die veteraanresiesperd Morestead het opspraak gemaak toe hy onlangs in ʼn volledige pak klere, so ewe met ʼn pet op sy kop by ʼn byeenkoms opgedaag het.
Man kritiek ná hy van winkel se dak val
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat hy Woensdag van ʼn supermark in Fochville, Gauteng, se dak geval het.
Bekende se noue ontkoming toe plafon inval
Die voormalige radio-omroeper en televisie-persoonlikheid Jeremy Mansfield het Woensdag ligte beserings opgedoen toe ʼn gedeelte van die plafon van die News Cafe in Woodmead Retail Park in Johannesburg ineengestort het.
SA volgens peiling minder gelukkig as in 2015
Suid-Afrikaners is nou 116de op die lys van gelukkigste mense ter wêreld. Dis nou volgens die jongste World Happiness Report wat saamgestel word deur die Earth Institute van die Amerikaanse Columbia-universiteit. Verlede jaar was Suid-Afrika 113de op dié lys.
Fifa eis miljoene vir sokkerwêreldbeker in SA
Die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) het Dinsdag in hofdokumente aangevoer dat Suid-Afrika $10 miljoen se omkoopgeld betaal het om die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi aan te bied en dat die geld terugbetaal moet word.
Sorina Erasmus se pienkvoet gebore
Die sanger en aktrise Sorina Erasmus, in die vermaakbedryf ook bekend as Die Flooze, het Woensdagmiddag lewe geskenk aan ʼn gesonde babadogtertjie.
ʼn Suid-Afrikaanse lente?
Tog lê die rigting van konstruktiewe verandering opgesluit in dialoog en gesprek en die definiëring van die middelgrond as grondslag om vorentoe te beweeg. Dit is wat tans gebeur met die gesprekke tussen AfriForum en die ANC. Kan hierdie klein gebeurtenis die weg vorentoe aandui?
Meisie (15) vas vir moord
ʼn 15-jarige meisie het Woensdag in die Springbok-landdroshof in die Noord-Kaap op aanklag van moord verskyn.
[Video] Unieke nuwe rugbyboek deur beste sportfotograaf
Wessel Oosthuizen, waarskynlik Suid-Afrika se beste sportfotograaf, het sopas twee baie besonderse sportboeke uitgegee.
Ghoemas: 7 benoemings vir Elvis Blue
Die benoemings vir die jaarlikse Ghoema-toekennings, die toekennings waarmee die beste Suid-Afrikaanse musiektalent vereer word, is pas bekendgemaak. Kunstenaars soos Juanita du Plessis, Carike Keuzenkamp, Elvis Blue en Karlien van Jaarsveld tel onder vanjaar se benoemdes.
Nóg twee aanklagte teen Breytenbach
Bykomende aanklagte van meineed en bedrog is Woensdag teen DA-LP Glynnis Breytenbach gebring toe sy vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn het op aanklagte van dwarsboming van die gereg en oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag.
Betogers takel Jhb-vulstasie; pad gesluit
Betogers het ʼn vulstasie naby die informele nedersetting geteiken en voorraad uit die winkel gesteel, die kitsbank in die winkel beskadig en dele van die vulstasie aan die brand gesteek.