Gardens (Uitenhage) en Spring Rose (New Brighton) sal alles in die stryd werp wanneer hulle Saterdag op die WJ de Wetstadion op Despatch in die finaal van die Oos-Kaapse Super12-liga kragte meet.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 Maart 2016
[Video] ʼn Splinternuwe lewe vir ou poppe
Sonia Singh, ʼn kunstenaar, illustreerder en wetenskaplike, van Tasmanië, Australië, gee ou, stukkende Bratz-langbeenpoppe ʼn splinternuwe lewe met splinternuwe gesigte.
Mauritius is rykste Afrika-land
Mauritius is die rykste Afrika-land in terme van die gemiddelde rykdom per persoon volgens New World Wealth se jongste navorsingsverslag.
Agt wou selfmoord pleeg oor koei as nasionale dier
Minstens agt mense het Donderdag in Gujarat, Indië, probeer selfmoord pleeg nadat hul versoek, dat die koei as die land se nasionale dier aangewys moet word, afgekeur is.
SAID lê beslag op R4 miljoen se metamfetamien
Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag beslag gelê op vloeibare kristal-metamfetamien ter waarde van R4,26 miljoen.
Gupta-koerant berig oor komplot om Zuma te ontsetel
Die New Age-koerant en ANN7-nuuskanaal, wat albei deur die Gupta-familie besit word, het Donderdag berig oor ʼn beweerde komplot binne die ANC om pres. Jacob Zuma te ontsetel.
IS het volksmoord teen Christene gepleeg, sê VSA
John Kerry, Amerika se minister van buitelandse sake, het Donderdag gesê terroriste van die Islamitiese Staat (IS of Daesh) het Christene en ander godsdienstige minderheidsgroepe suiwer op grond van hul geloof vermoor.
Zuma systap vrae oor Guptas; Maimane uitgegooi
President Jacob Zuma het Donderdag vrae oor die Gupta-familie se inmenging in ministeriële aanstellings met ʼn giggel en ʼn vae ontkenning vermy.
ToekomsVenster: Bekwaam om reg te help
God gebruik ons om mekaar te vermaan. Hy verwag egter van elkeen wat ‘n ander reghelp om dieselfde maatstaf op homself en haarself toe te pas.
Twee Blou Bulle-klubs gooi spanne saam
Twee klubs van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) is voornemens om hul spanne bymekaar te gooi vir vanjaar se Carltonseisoen.
Shoprite-werkers betoog oor lone, kontrakte
Shoprite-werkers het Donderdag onder die #OutsourcingMustFall-vaandel betoog daarteen dat hulle betaal en in diens geneem word deur arbeidsmakelaars.
Repokoers weer aangepas
Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het Donderdag bevestig dat die repokoers met 25 basispunte verhoog.
Baba by Kaapstad-busstasie gebore
ʼn MyCiTi-stasiebestuurder het vandeesweek gehelp om ʼn gesonde babaseuntjie in Kaapstad in die wêreld te verwelkom.
Mbalula ontduik vrae oor Guptas
Fikile Mbalula, minister van sport, was Donderdag duidelik geïrriteerd toe joernaliste hom gevra het of die Gupta-familie hom sy pos as minister aangebied het.
Verminder só padsterftes oor Paasnaweek
Die minister van vervoer, Dipuo Peters, het vroeër laasjaar gesê dat heelwat meer mense in 2015 tydens Paasnaweek op die land se paaie gesterf het as in 2014. Met Paasnaweek om die draai, het ER24 ʼn paar wenke gegee om veiliger op die paaie te wees.
Mbalula reageer op Fifa-bewerings
Fikile Mbalula, minister van sport, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie reageer op Fifa se bewering dat Suid-Afrika omkoopgeld betaal het om die Sokkerwêreldbeker aan te bied.
‘Geheim’ van Bermuda-driehoek toe nié opgelos
Navorsers het berigte ontken dat die “geheim” van die Bermuda-driehoek ontrafel is.
Grootste sonkragaanleg in Afrika aangeskakel
Die grootste sonkragaanleg in Afrika is Donderdagoggend in die Noord-Kaap aangeskakel.
Tuks ondersoek ‘wittes moet sterf’
Die Universiteit van Pretoria (UP) het gesê hy sal bewerings ondersoek dat ʼn Tuks-student in ʼn inskrywing op Facebook gesê het die wit ras moet sterf.
Liefdesdriehoek lei glo tot mesdood
ʼn Getroude man is Woensdagaand in Johannesburg vermoor omadat hy na bewering in ʼn liefdesdriehoek betrokke was.