ʼn Man, wat na bewering ʼn polisiekonstabel is in Swaziland, is in hegtenis nadat hy glo probeer het om dwelms na Suid-Afrika te smokkel.
Alles vir Donderdag 17 Maart 2016
Frank Sinatra Jr. sterf op 72
Frank Sinatra Jr., die seun van wyle Frank Sinatra, is Woensdag dood in die ouderdom van 72.
Nuuskommentaar: Rollende staatsgreep teen Zuptakrasie
Pres. Jacob Zuma het hom in die verlede as opperste politieke Houdini bewys. Of hy die jongste onthullings oor die beweerde bestaan van ’n Zuptakrasie gaan oorleef, is egter ’n heel ander saak.
[Resep] Hoenderporsies met koljandersous
Hierdie lyk soos ʼn resep wat ʼn smulpaap sal geniet!
‘Persgesig’-ondersoek skop amptelik af
Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag bekend gemaak dat ʼn kommissie van ondersoek aangestel is om die manier waarop die sogenaamde “persgesig”-aangeleentheid hanteer is, te ondersoek.
Antjie Krog-trust ondersteun skool vir outisme
Die Antjie Krog-trust ten bate van die Spitskop Spesiale Skool vir Outisme is Woensdagaand in Pretoria bekendgestel waar sprekers soos Elsabé Zietsman en adv. Willem Krog oor die belangrikheid van só ʼn skool gepraat het.
Boek: Die bome reusagtig soos ons was
Hierdie verrassende debuutbundel is een van die eerlikste sienings in Afrikaans van die werklikheid van die emigrant of “expat” wat Suid-Afrika verlaat het, maar nog steeds worstel met identiteit in ’n nuwe omgewing.
Reeksverkragter swaar gestraf
ʼn 49-jarige man wat in 2012 ses vroue, waaronder ʼn kind en ʼn bejaarde, in ʼn kort tydperk verkrag het, is Woensdag swaar in die Limpopo-hooggeregshof in Polokwane gevonnis.
Tien vas vir geweld, roof tydens Zandspruit-betoging
Die polisie moes Woensdag verskeie keer traangas en rubberkoeëls afvuur om die betogers onder beheer te bring. Woensdagnag is talle winkels in die gebied deur die betogers geplunder en twee motors is aan die brand gesteek.
Dié dubbele Springbokke is selfs skaarser
Daar is sekere dinge in sport wat nie gekoop word nie, soos om ‘n medalje te wen op `n Olimpiese Spele.
[Video] Kan blinde mense teken?
Tommy Edison, wat al sedert geboorte blind is, het besluit om siende persone se vraag te beantwoord: “Kan blinde mense teken?”
Man op plaas doodgesteek: ‘Hy was my ander helfte’
“Later die aand het hulle my gebel om te hoor of ek enige kontak met Kobus gehad het, want hulle bel hom maar hy antwoord nie.”
Nóg Gupta-bewerings kom aan die lig
Die stof het nog nie gaan lê ná Mcebisi Jonas se skokonthulling dat die Gupta-familie hom die pos as minister van finansies aangebied het nie. Intussen het nóg bewerings oor die Guptas aan die lig gekom.
Gesin vang saam graad by US
Drie lede van ʼn gesin, ʼn pa, dogter en seun, het vandeesweek hul gradeplegtigheid ʼn familiegeleentheid gemaak toe dié graduandi hul grade in dieselfde week by die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang het.
Rowers slaan toe op Potch-egpaar
Die Potchefstroom-polisie is op soek na drie gewapende mans wat Dinsdagaand ʼn egpaar in hul huis in die dorp aangehou en van onder meer Kruger-munte beroof het.
Gratis Wi-Fi vir Kapenaars beskikbaar gestel
Die Wes-Kaap het vandeesweek nóg gratis Wi-Fi-punte dwarsoor die provinsie gekry danksy die plaaslike regering en ʼn sonkragbeheerde kragbankie deur “isabelo”.
[Wen] ‘Lilly van Liekieland’ leer kinders sing-sing
Hierdie kompetisie is gesluit: Lilly van Liekieland is ʼn Afrikaanse verhoogproduksie wat poog om jong kinders op ʼn vermaaklike wyse te leer oor alles – van hoe om te bid tot die belangrikheid van oefening.
Baba sterf ná hou met hout
ʼn Drie maande oue baba is Woensdag in ʼn hospitaal in Koster, Noordwes, dood nadat sy pa hom glo met ʼn stuk hout geslaan het.
Dermiljoene om skade by universiteite te herstel
Betogers het verlede jaar skade van meer as R145 miljoen by Suid-Afrikaanse universiteite aangerig. Dit is volgens ʼn verklaring van die departement van hoër onderwys en onderrig.
Taalgebruik: pasop, pas op, oppas?
Gebruikers van Afrikaans is soms onseker wanneer “pasop” en “pas op” as een of twee woorde geskryf moet word. Taaltoffie stel ondersoek in.