Twee organisasies het in ʼn gesamentlike persverklaring gesê hulle wil genl.maj. Berning Ntlemeza verhoed om sy mag as Valke-hoof op enige manier uit te oefen tot die besluit om hom aan te stel hersien kan word.
Alles vir Donderdag 17 Maart 2016
Man sterf toe trein kar tref
ʼn 33-jarige man is dood toe ʼn trein Woensdagaand naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo teen sy motor gebots het.
Enkele seksklagtes teen modelbaas laat vaar
Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat tereg staan op verskeie seksuele aanklagte, het Woensdag die regter versoek om die aanklagte teen hom te laat vaar.
Durban-kleuter verdrink
Volgens mense op die toneel het die seuntjie vermis geraak en sy familie het na hom gaan soek. Hy is gevind waar hy in die swembad gedryf het.
Skok oor Guptas-aanbod: ‘Jonas was nie die enigste een nie’
Politieke partye het Woensdagaand met skok gereageer oor Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se erkenning dat die Gupta-familie hom wel die pos van minister van finansies aangebied het en het beweer dit is nie die enigste keer wat die Guptas in politieke besluite betrokke was nie.
Die geleenthede wat hedendaagse krisisse ons bied
Op die keper beskou, is al die krisisse rondom ons geleenthede wat God aan ons bied en waarop ons geroepe moet wees om in gehoorsaamheid te reageer. Dit is goed om te weet dat God nie net die verskeie krisisse oor ons pad bring nie, maar ook vir elke krisis ʼn besondere uitkoms gee.
Gedagte vir die dag: Vertrou in onseker tye
Ek lei blindes op ’n nuwe pad, op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie! (Jesaja 42:16)