Die 35-jarige man wat beskuldig word van ʼn reeks verkragtings naby die Rhodes-gedenkteken aan die hang van Tafelberg in Kaapstad, het Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Alles vir Vrydag 18 Maart 2016
Vrou vermis na Jhb-rivier oorstroom
ʼn Vrou word vermis nadat haar motor Donderdagaand van ʼn laagwaterbrug in die noorde van Johannesburg meegesleur is.
Melanie leer kinders liefdadigheid met nuwe musiek
Die gospelsanger, Melanie, het pas haar tiende album, Paspoort, opgeneem en begin daarmee ʼn opwindende nuwe projek wat kinders die waarde van liefdadigheidswerk leer.
Betogings: Vonke spat in Limpopo
Brande is Woensdagaand in twee Limpopo-dorpe gestig, by ʼn huis en ʼn laerskool, vermoedelik deur ontstoke inwoners wat oor dienslewering betoog.
Konstabel vas oor omkoopgeld
ʼn Polisieman wat glo omkoopgeld aanvaar het, is in hegtenis geneem nadat die beskuldigde wat glo die omkoopgeld betaal het ongelukkig was met die uiteinde van die saak.
[Resep] Koemkwat-marmelade
Vir ’n bietjie variasie, voeg sowat 50 ml lemoenlikeur heel laaste by net voordat dit gebottel word.
Jou rommel – mý brood
Mense soos dié man is die hele Pretoria vol – informele herwinners wat kilometers loop om rommel bymekaar te maak en dan te verkoop vir ʼn geldjie.
Kommissie gaan US-taalbeleid ondersoek
Die Universiteit Stellenbosch (US) het ʼn kommissie van ondersoek aangestel om die instansie se onlangse toepassing van die taalbeleid te ondersoek.
Taaltoffie: gimnasium
Al ooit gewonder waar ons aan die woord “gimnasium” kom en waarom ons dankbaar is dat ons nie meer gestand doen aan die oorspronklike betekenis nie? Taaltoffie stel ondersoek in.
Frans Ludeke lok Lappies (en wie nog?) na Japan
Dis strook nie met Frans Ludeke se geaardheid om wraakgierig te wees nie, maar niemand sal hom kwalik neem as hy Suid-Afrika se rugbyspens verder leeg stroop nie.
Visserman red vakansieganger
ʼn Visserman het Donderdagaand by Amanzimtoti se strand in KwaZulu-Natal die lewe van ʼn vakansieganger gered.
Klipkouers: Jacques gesels met Tiaan de Jager
Tiaan de Jager, stigter van Medifin en Greenfin, gesels met my oor sy innoverende, webgebaseerde finansieringsdienste-onderneming en onder meer hoe sy verskaffers strategiese vennote is, wat bydra tot laer kostes.
Akademia-sakeplankompetisie: Pryse van meer as R1,5 miljoen
Die 2016 Akademia Sakeplankompetisie, wat vanjaar in sy vyfde bestaansjaar is, is Donderdagoggend in Stellenbosch bekendgestel. Vanjaar kan ondernemings uitsien na pryse van meer as R1,5 miljoen.
Nuuskommentaar: Nou maak Zuma dit maklik vir afgradering
Met ’n afvaardiging van Moody’s in die land om oor ’n afgradering te besluit, was pres. Jacob Zuma se optrede in die parlement toe hy vrae oor Nenegate moes beantwoord, nét die verkeerde medisyne. Hy het hom weer in ’n werklikheidsvreemde kokon ingespin van waar hy lustig sy eie idees tot nadeel van die land verkondig.
Vrou soek antwoorde ná Tuks-moord
“Ek en my kinders sal nooit berusting kan kry as ons nie weet wie dit gedoen het en hoekom hulle dit gedoen het nie.”
Moetie-grawers maak gru-vonds
Twee mans het Donderdag ʼn gru-vonds gemaak terwyl hulle vir moetie-bestanddele in ʼn woud in Mpumalanga gegrawe het.
Luister: Ons Afrikaanse vaderlandsliedere
Geskiedkundige liedere soos “Die lied van jong Suid-Afrika”, “Uit die chaos van die eeue” en die “Vrystaatse volkslied” spog deesdae met ʼn nuwe baadjie te danke aan sangers soos Chris Chameleon, Corlea Botha, Cordelia en Jannie Moolman.
Waterwese besorg oor laer reënval
Die departement van waterwese en sanitasie het Donderdag gesê die huidige reën het ʼn “effense impak” op die damme se vlakke, maar nog reën word verwelkom om die effek van die droogte te keer.
Durban-dokter en sy vrou vrygespreek oor mensehandel
ʼn Dokter van Durban en sy vrou is vrygespreek op alle aanklagte van mensehandel, swendelary en dat hulle ʼn bordeel bedryf het, terwyl drie van hulle vermeende medepligtiges deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar word.
Tafelberg: Vrou hang ure aan rotslysie toe sprong skeefloop
ʼn 31-jarige vrou is Donderdag van Tafelberg gered nadat sy ure aan ʼn tou moes hang toe haar sweefskermsprong skeefgeloop het.