Die Helen Suzman-stigting het Maandag gesê hy was die slagoffer van ʼn gewapende rooftog by sy kantoor in Parktown, Johannesburg.
Lees meerAlles vir Maandag 21 Maart 2016
Immigrante stroom na Griekeland ondanks EU-ooreenkoms
Owerhede in Griekeland het Maandag gesê immigrante en vlugtelinge betree steeds die land deur sy Egeïese eilande ondanks ʼn ooreenkoms tussen die Europese Unie en Turkye om die instroming te beheer.
ToekomsVenster: Medelye met sondaars
Die geloofsgemeenskap het die taak om vir mekaar verantwoordelikheid te neem. Ons kan nie die houding van Kain inneem deur te sê dat ons nie ons broer se wagter is nie.
Eddie Izzard voltooi 27 marathons in 27 dae in SA
Die komediant Eddie Izzard het Sondag in Pretoria die laaste paar kilometer gehardloop om die uitdaging, 27 marathons binne 27 dae, af te handel.
$200 miljoen-navorsingskip dalk ‘Boaty McBoatface’ gedoop
Die Natuurlike Omgewingsnavorsingsraad (NERC) het ʼn groot les geleer: moenie die internet vra om vir jou nuwe $200 miljoen-navorsingsvaartuig ʼn naam uit te dink nie.
Grand Slam: ‘Engeland wen teen tweedeliga-agterblyers’
Die Britse, en veral die Engelse media, is breedsprakerig opgewonde oor Engeland se eerste Grand Slam-sukses ná 12 dorre seisoene. Maar dit is heeltemal voortydig, maan die hoofsportskrywer van die Daily Mail in Londen, Oliver Holt.
SWD-liga: kampioen se uitdagers al astranter
Die uitdagers van die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga-kampioen, Evergreens van Pacaltsdorp, raak des te astranter.
Twee vroue vas oor moord
Twee vroue, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van twee afsonderlike sake van moord.
Soektog na rowers wat kitsbank opblaas
Die polisie in Noordwes het ʼn soektog van stapel gestuur nadat ʼn groep swaar gewapende mans ʼn kitsbank by Impala-hostel in Freedom Park naby Phokeng opgeblaas het.
2 miljoen immigrante in Duitsland in 2015
Owerhede in Duitsland het Maandag bevestig dat die departement van statistiek 2 miljoen immigrante in 2015 in dié land geregistreer het.
Tegniese probleem met Ramaphosa-vliegtuig
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Maandag sy geskeduleerde besoek aan die Oos-Kaap gekanselleer weens ʼn tegniese probleem met die vliegtuig waarmee hy sou reis.
Drie sterf in Pinetown-ongeluk
Drie persone is dood en vier persone kritiek beseer in ʼn trompop botsing Maandagoggend op die M19 tussen Pinetown en Durban.
Menseregtedag: SA’ners het mekaar leer aanvaar
Dit verstom ons by die ATKV soms hoeveel swart mense, wie tradisioneel as anti-Afrikaans afgemaak word, eintlik volledig tuis is in die taal. Die omgekeerde is ook waar: talle Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners is ook redelik tuis in ‘n Afrikataal of twee.
Het gestroopte Suide `n kans met Junietoere?
Die drie grotes van die Suidelike Halfrond kan in Junie die dure prys betaal van spelerskaste wat gestroop is en `n Superreeks wat maande land strek.
ANC gaan Gupta-bewerings ondersoek
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Sondagaand aan verslaggewers gesê die party sal “ernstige bewerings” oor die Gupta-familie en hul invloed op die party ondersoek.
‘Pasella-pakkies’ in Pretoria bekendgestel
Die sambreelprojek is nou “Pasella-pakkies” gedoop en die Pretoriase sanger Ghapi, as die projek se ambassadeur, het die lint geknip om dit van stapel te stuur.
Nuuskommentaar: Menseregte en die pokerkrasie
Met Zuma se politieke oorlewing die naweek is dit ook ’n terugslag op die pad na nierassigheid in die land.
Een familie kan nie 55 miljoen SA’ners beheer nie, sê Gordhan
Geen enkele familie moet die lot van alle Suid-Afrikaners bepaal nie, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Sondag gesê.
‘SA’s Got Talent’ se Henno William hou konsert
Die SA’s Got Talent-kinderster Henno William is op 28 Maart in ʼn spesiale familiekonsert in die Centurion-teater in Pretoria te sien.
[Foto’s] Jou Show trek nuwe baadjie aan
Die kykNET-geselsprogram, Jou Show, met die gewilde aanbieder, Emo Adams, aan die stuur, gaan kykers dié seisoen verras met ’n nuwe tydgleuf, nuwe stel, ander formaat en meer pret as ooit tevore.