Die 33-jarige man wat glo probeer het om R250 000 omkoopgeld van Oscar Pistorius te eis vir sy “vryheid”, het Dinsdag sy eerste verskyning in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria gemaak.
Alles vir Dinsdag 22 Maart 2016
[Video] Suzelle en Helen Zille leer water spaar
Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, is in ʼn nuwe skreeusnaakse video oor waterbesparing saam met die DIY-ghoeroe, Suzelle, te sien soos nog nooit vantevore nie.
‘Sanral-dagvaardings onwettig’
Kort nadat die nasionale padagentskap (Sanral) aangekondig het dat motoriste wat nie hul uitstaande e-tolskuld betaal nie nou gedagvaar sal word, het die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) gesê daar is geen grond waarop motoriste wat nooit vir e-tol geregistreer het, gedagvaar kan word nie.
Almal hou asem op vir die groot Zuma-val
Die prima facie-getuienis dat pres. Jacob Zuma ’n korrupte politikus is, dat hy toegelaat het dat die familie Gupta die Suid-Afrikaanse staat vir alle praktiese doeleindes kaap, word al dringender.
België-aanvalle: Selfmoordbom bevestig; grens tussen België en Frankryk gesluit
Die grens tussen Frankryk en België is Dinsdag gesluit ná bomontploffings in Brussel.
[Foto’s] ‘Daa’ gaat die bruid!’ sal hele gesin laat lag
Die klugkoning Frans Swart se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ gaat die bruid!, is vanjaar by die KKNK in Oudtshoorn van 24 tot 30 Maart te sien.
Polisieman in Pta geskiet
Die 52-jarige man, ʼn polisiebeampte, wat Dinsdag in die vroeë oggendure verskeie kere tydens ʼn beweerde huisroof in Pretoria geskiet is, se toestand is stabiel.
Uitdrukking: Te hooi en te gras
Ken jy die uitdrukking “te hooi en te gras” wat “selde” beteken? Taaltoffie stel ondersoek in.
Droomvakansies vir ’n appel en ’n ei
Die webwerf Flywise het ʼn lys saamgestel van lande wie se geldeenheid swakker as ons eie is en wat steeds ʼn wonderlike vakansiebestemming is.
Ontploffings ruk deur Brussel-lughawe, -treinstasie
Twee ontploffings by ʼn lughawe en ʼn treinstasie het Brussel, die hoofstad van België, Dinsdag geruk.
Maroela Media Top-20: 21 Maart 2016
Daar is vandeesweek nege snitte wat styg, nege wat daal, een wat onveranderd bly en een nuweling. Jacqueline neem die nr. 1-posisie oor met “Dis hier en nou”, Cordelia behou haar tweede plek terwyl Jak de Priester na die derde plek toe daal ná net een week in die eerste plek.
Pta-man kritiek ná aanval by huis
ʼn 52-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Dinsdag in die vroeë oggendure verskeie kere tydens ʼn beweerde huisroof in Pretoria geskiet is.
‘Dis ek, Anna’ maak skoonskip by Saftas
Die Afrikaanse fliek, Dis ek, Anna, het die naweek skoonskip gemaak by die jaarlikse Safta-toekennings (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) ná hulle met ses toekennings huis toe is.
ANC stel glo nuwe hoofsweep aan
Die ANC se voormalige woordvoerder, Jackson Mthembu, is na bewering aangestel as die party se nuwe hoofsweep.
Resensie: Mallemeule – James en André
Deur die jare het verskeie sangpare gekom en gegaan, maar die enigste twee wat volgehoue sukses kon behaal, was Groep 2 en Herbie en Spence. Met hierdie album het James en André bewys dat hulle in hierdie geselskap tuishoort.
SA universiteite op wêreldranglys volgens vakke
Suid-Afrikaanse universiteite verskyn op die mees onlangse QS-wêreldranglys van top universiteite volgens verskillende vakrigtings.
‘Tweelingkomete’ skuur by aarde verby
Twee komete, wat as ’n tweeling beskryf word, “skuur” dié week by die aarde verby. Die naaste komeet sal die derde naaste wees wat komete in menseheugenis by die aarde verbygevlieg het.
Nóg ontsnap uit polisieaanhouding in Limpopo
Sewe mense het Dinsdagoggend uit aanhouding by die Tzaneen-polisiestasie in Limpopo ontsnap.
Kampuskonflik: Het ek my stem verloor?
Stem verloor het baie fasette. Ons verloor vinnig en maklik ons stemme in ’n werkplek as ons nie bereid is om op te staan, hoe ongemaklik ook al, om standpunt in te neem nie. Nie noodwendig standpunt in te neem téén nie, maar om op te staan vir dit waarin ons glo. Selfs dieper, weet ons nog waarin ons glo?
Nuuskommentaar: Die ‘wit’ gevaar
Min mense het iets anders verwag, maar met pres. Jacob Zuma se Menseregtedagtoespraak in Durban het hy die land opnuut geen guns bewys nie – en nou bepaald deur wit mense veralgemeend as white supremacists voor te stel.