ʼn Sebra wat ure lank amok gemaak het op ʼn gholfbaan in Japan het gevrek nadat ʼn paar mans, insluitend polisiebeamptes, hom agterna gesit het.
Lees meerAlles vir Woensdag 23 Maart 2016
Modelbaas ontken hy het jong vrou verkrag
Dawie de Villiers, Johannesburgse modelagentskapbaas, het Woensdag aan die Johannesburgse hooggeregshof gesê hy het nooit seks gehad met die jong vrou wat beweer hy het haar verkrag nie.
Tyd vir grondgrype sonder vergoeding, sê voormalige EFF-LP
Andile Mngxitama, voormalige EFF-LP, het Woensdag by ʼn seminaar in Pretoria gesê die tyd het aangebreek dat Suid-Afrikaners grond afneem sonder vergoeding en om te besin oor die omverwerping van die regering.
[Video] Sakemagnaat positief oor ekonomiese vooruitsigte
Een van Suid-Afrika se suksesvolste sakemagnate, Whitey Basson, glo die land se ekonomiese toekoms is blink, mits dit reg bestuur word.
Upington-tronkbewaarder glo met dwelms betrap
ʼn 50-jarige beampte van die departement van korrektiewe dienste in Upington in die Noord-Kaap is deur die Valke in hegtenis geneem nadat hy glo dwelmmiddels ter waarde van R15 000 by hom gehad het.
Skrap polisie se regstellendeaksieplan, vra Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het die arbeidshof in Johannesburg vandag versoek om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se huidige regstellendeaksieplan (vir die tydperk 2015-2019) ongeldig te verklaar.
ToekomsVenster: Dra mekaar se laste
Ons is geneig om aan medelye op ’n negatiewe manier te dink. Ons dink gewoonlik aan hulle wat swaar kry en wat vertroos moet word. Dis goed en reg dat ons medelye met mense in nood moet hê. Ons is dit aan hulle verskuldig.
Glynnis Breytenbach-dossier gesteel
Die Valke het Woensdag bekendgemaak die dossier van die saak teen DA-LP, Glynnis Breytenbach, is gesteel.
Guptagate: ‘Valke moet Zuma ook ondersoek’
Die VF Plus het Woensdag die Valke versoek om die verhouding tussen president Jacob Zuma en die Gupta-familie te ondersoek.
Boek: Openbaring – ‘n reisjoernaal
‘n Reisjoernaal deur C Johan Bakkes
Kom maak Fraserburg weer mooi
Fraserburg in die Noord-Kaap reël ʼn massa-byeenkoms waar huidige en oud-inwoners van dié Karoo-dorpie die dorp weer mooi en heel gaan maak tydens die sestigste herdenking van die NG Kerk op die dorp.
Nuwe besending op pad na ruimtestasie
ʼn Nuwe vrag goedere is Dinsdag met ʼn vuurpyl na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer, om seker te maak hul rakke is vol ná ʼn paar mislukte afleweringspogings.
Brussel-aanval: Aanvallers geïdentifiseer
Die Belgiese uitsaaidiens RTBF het twee aanvallers, wat Dinsdag deel was van die bomaanvalle in Brussel, uitgeken as die broers Khalid en Brahim Bakraoui.
Plaasaanvalle: Ses gevonnis jaar ná Bothaville-boere hulle vastrek
Ses buitelanders is skuldig bevind en gevonnis nadat hulle Gert (66) en Lulu (61) Malan in Januarie 2015 op hul plaas naby Bothaville in die Vrystaat aangeval het.
[Foto’s] Vriendin reël droomtroue in 5 dae
ʼn Vrou van Pretoria het verlede week haar beste vriendin se droomtroue en al die reëlings daar rondom suutjies in net vyf dae gereël nadat dié vriendin se pa se siektetoestand drasties versleg het.
Slenter teiken oudsoldate
Talle oudsoldate is glo deur ʼn slenter gevang wat hulle na bewering sou help om te registreer vir veteraanvoordele van die regering.
Name bekend van drie wat tydens skoolkamp sterf
Die name en begrafnisbesonderhede is bekend gemaak van die drie skoolseuns van Rustenburg Hoër Tegniese Skool wat oor die naweek tydens ʼn skoolkamp buite dié Noordwes-dorp dood is.
Maak leer pret met paaseiers
Plastiekpaaseiers bied ’n prettige manier om ’n hele klomp vaardighede te ontwikkel. Jy kan dié eiers gebruik om jou kind op ’n prettige en kreatiewe manier te help leer wanneer hy die lekkernye wat binne-in weggesteek is, opgeëet het.
Oudminister in Centurion gekaap
Siphiwe Nyanda, die voormalige minister van kommunikasie, se Porsche Panamera is Dinsdagaand in Centurion gekaap.
Vrou vir liggaamsdele vermoor: Beloning aangebied
Die Limpopo-polisie het Woensdag ʼn beloning van R200 000 uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging kan lei van die persoon of persone wat glo ʼn 62-jarige vrou vir haar liggaamsdele vermoor het.