Boeretroos Noord-Vrystaat en die Parys Toerismeburo het hande gevat om boere van die Fezile Dabi-distrik, wat nagenoeg 18 dorpe insluit, by te staan.
Alles vir Donderdag 24 Maart 2016
MH370: Nóg ʼn SA’ner sal wrakstuk oorhandig
Nelius Kruger (35), ʼn argeoloog van Pretoria, het vandeesweek gesê hy wag om ʼn vliegtuigwrakstuk aan owerhede te oorhandig, wat vermoedelik aan die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 behoort.
[Resep] Bloubessielikeur
Studies toon dat mense wat weekliks drie porsies bloubessies eet se kans om ’n hartaanval te kry bykans 35% kleiner is.
Video: Rykmanskind oorleef 240 km/h-botsing
Die video van ʼn seun van ʼn ryk sakeman in Thailand wat teen ʼn hoë snelheid ʼn motor op ʼn hoofweg tref en die botsing met geringe beserings oorleef, het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak.
Taalgebruik: grootte of grote?
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen “grootte” en “grote”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Valke sal Guptas, Zuma se seun ondersoek
Die Valke het Donderdag bevestig dat hy aanklagte van korrupsie teen lede van die omstrede Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, sal ondersoek.
[Wen] Nádine vier 20 jaar met opskopkonsert
Hierdie kompetisie is gesluit: Die sanger en televisieaanbieder, Nádine, vier vanjaar 20 jaar in die musiekbedryf. Sy het by Maroela Media gekuier om te gesels oor haar twee 20-jaar-konserte, loopbaanhoogtepunte en haar planne vir die toekoms.
Só stem Kiwis oor hul vlag
Nieu-Seeland het pas die uitslag van die referendum bekend gemaak waarin meer as 2 miljoen mense gestem het of die Britse Union Jack op die vlag behoue moet bly, en of dit met ʼn silwer varingblaar vervang moet word.
Einde aan lang hofstryd ná kind doodskok
ʼn Jare lange hofstryd van ʼn ma van Port Elizabeth wie se sesjarige seun by oop munisipale elektriese drade doodgeskok het, het Woensdag in die stad se hooggeregshof tot ʼn einde gekom.
Nuuskommentaar: ANC nie te koop, maar wat van Zuma?
Adj.pres. Cyril Ramaphosa se versekering dat die ANC nie te koop is nie, sou veel meer gewig gedra het as dit met ’n daadwerklike en sigbare optrede, soos om pres. Jacob Zuma uit die kussings te lig, gepaardgegaan het.
Wenner van eerste Jan H. Maraisprys aangewys
Prof. Hermann Giliomee, historikus en kenner van die Suid-Afrikaanse politiek, is vandeesweek aangekondig as die eerste ontvanger van die Jan H. Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal.
‘Moordenaar’, ‘verkragter’ laat vaar borgtogaansoek ná gemeenskap opruk
ʼn 43-jarige man wat aangekla word van die verkragting van ʼn 11-jarige meisie en ʼn 28-jarige man wat glo sy meisie vermoor het, het Woensdag hul borgtogaansoeke laat vaar, glo uit vrees vir betogers uit die gemeenskap wat buite die hof opgeruk het.
‘Pistorius-swendelaar’ weer in hof
Die 33-jarige man wat glo R250 000 omkoopgeld van Oscar Pistorius probeer eis het in ruil vir sy “vryheid”, sal na verwagting Donderdag weer in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria verskyn.
Hoe maak mens: ʼn Dieper vlak van eenheid in ʼn verhouding
In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Mia Slabbert met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor die bereiking van ’n dieper vlak van eenheid in alle verhoudings.
Resensie: Opge-rhaap – Jan Rhaap
Dit gebeur deesdae baie selde dat ’n mens ’n CD van voor tot agter kan deur luister sonder om ’n snit oor te slaan. Hier is egter een CD van wie ’n mens dit kan sê.
Strenger invoerwette oor landbouprodukte voor Paasnaweek
Die regering het Woensdag streng maatreëls ingestel vir reisigers wat ingevoerde landbougoedere na die land bring tydens Paasnaweek, in ʼn poging om oordraagbare siektes van ander dele van die wêreld te verhoed.
Nieu-Seeland hoor vandag of vlag verander
Nieu-Seelanders sal Donderdag hoor of hulle die Britse Union Jack op hul vlag gaan behou, en of dit met ʼn silwer varingblaar vervang gaan word, nadat 2 miljoen mense aan ʼn referendum deelgeneem het.
Mosambiek-wrakstukke ‘hoogs waarskynlik’ dié van MH370
ʼn Minister in Australië het Donderdag gesê wrakstukke wat in Mosambiek opgetel is en vandeesweek in sy land aangekom het vir verdere ondersoek, is “hoogs waarskynlik” dié van die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370.
Gedagte vir die dag: Vrees God alleen
Moenie vir enigiets of enigiemand bang wees nie, behalwe vir die Here, die Almagtige. Hy alleen is die Heilige Een. As julle Hom vrees, hoef julle vir niemand anders bang te wees nie. (Jesaja 8:13)