Minstens 30 persone is dood na ʼn selfmoordbomplanter homself Sondag tussen ʼn groep mense in ʼn openbare park in Pakistan opgeblaas het.
Lees meerAlles vir Sondag 27 Maart 2016
Die kat kom weer… in die pos!
ʼn Siamese kat genaamd Cupcake het agt dae lank in ʼn boks oorleef nadat haar Britse eienaars haar per ongeluk gepos het.
Kontant-vir-poste-skandaal: Angie moenie skrik vir Sadou nie, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het die minister van basiese onderwys gemaan om nie deur die onderwysersvakbond Sadou geïntimideer te word nie en om die sogenaamde kontant-vir-poste-verslag vry te stel, soos beplan.
[Foto’s] Matroosberg spog met eerste sneeu
Die Facebook-blad Snow Report SA het Sondag foto’s van die eerste sneeu by die Matroosberg-natuurreservaat in die Wes-Kaap gepubliseer.
Dwelmeenheid dringend nodig ná ‘Mercedes’-konkoksie
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die jongste dwelmverwante sterfgevalle in KwaZulu-Natal is ‘n bewys dat die polisie se voorgestelde gespesialiseerde eenheid teen dwelmmiddels dringend ingestel moet word.
[Foto’s] N2 gesluit ná petroltenkwa brand
Die N2 is by Salt Rock in KwaZulu-Natal gesluit en verkeer word na die R102 herlei ná ‘n petroltenkwa Sondagoggend by die Umvoti Shell Ultra City tussen Ballito en Stanger aan die brand geslaan het.
Zuma bepleit samewerking tussen SA, Saoedi-Arabië
Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê alhoewel Suid-Afrika se politieke betrekkinge met Saoedi-Arabië sterk is, moet ekonomiese en handelsbetrekkinge hersien en vernuwe word.
Gedig: Opstanding
“…en soos uit diepe duisternis ‘n vlam, staan hoog en rank en smetteloos die Lam!” Lees WEG Louw se gedig, “Opstanding”
Brussel-ontploffings: Dokters gaan traumaberading benodig
‘n Dokter wat in Afghanistan diens gedoen het, het gesê sy kollegas gaan waarskynlik na die tyd sielkundige berading benodig om dit wat hulle gesien het, te verwerk.
Vyf verkool in Indonesië-tronk
Vyf gevangenes is dood toe ʼn brand ontstaan het tydens oproerigheid in ʼn tronk in die weste van Indonesië.
Politiek glo agter toename in Kaapstad-grondbesetting
Die stad Kaapstad het Saterdag gesê politiek lê agter die onlangse skerp toename in grondbesetting in dié stad.
Verkeersbeampte vas oor R100-omkoopgeld
ʼn Verkeersbeampte van Randfontein in Gauteng is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld wou eis.
Twee kinders verdwyn in see by Richardsbaai
Twee kinders het Saterdag in die see by Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdwyn en het vermoedelik verdrink.
Noodlanding op Plettenbergbaai
ʼn Ligte vliegtuig het Saterdagmiddag ʼn noodlanding op ʼn strand in Plettenbergbaai gedoen.
Gedagte vir die dag: Jesus se oorvloedige genade
Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. (2 Korintiërs 8:9)