`n Geldkrisis het `n viermalige Carltonkampioen genoop om die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) om te haal om hom na die B-afdeling van die Carltonliga af te skuif.
Lees meerAlles vir Dinsdag 29 Maart 2016
[Video] Maklikste manier om ‘n ui te sny
Wie sou ooit kon raai dat ʼn haarkammetjie jou só lekker in die kombuis kon help?
PE-pa skuldig ná hy vrou voor kinders vermoor
ʼn 45-jarige pa van drie is Dinsdag skuldig bevind op aanklag van die moord op sy vrou by hul huis in Motherwell, Port Elizabeth, in Oktober 2013.
Julius Malema vang graad
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het aangekondig dat hul leier, Julius Malema, Woensdag sy BA-graad van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) sal ontvang.
Werker sterf toe sloot ineenstort
ʼn Man is Dinsdagmiddag in Knysna in die Wes-Kaap dood en ʼn tweede beseer toe ʼn sloot, waarin hulle gewerk het, op hulle ineengestort het.
Twee vas ná brand by vulstasie
Twee persone sal binnekort in die KwaDukuza-landdroshof verskyn in verband met ʼn brand Sondag by die Shell Ultra City-vulstasie op die N2 in KwaZulu-Natal.
Nuwe wetsontwerp oor haatspraak binnekort voorgelê
Die vakbond Solidariteit het reageer ná dit aan die lig gekom het dat die sogenaamde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak binnekort aan die kabinet voorgelê sal word.
ToekomsVenster: Bid vir genesing
Wanneer ons saam en vir mekaar bid, is dit nie ‘n armdraai sessie waar ons met baie woorde die Here probeer omhaal om ons sonde te vergewe en fisiese genesing te bring nie. Dis ‘n aksie van totale oorgawe aan God.
Pta-ma, seun (11) sterf ná slapende motoris hulle tref
“Ek het Hendro ongeveer 20 meter van die motor af gekry. Hy was klaar blou in sy gesig en ek kon onmiddellik sien hy is op slag dood. Ek het teruggestap na my vrou toe en vir haar gesê, ‘Ons kind is weg’.”
19 Pikitup-stakers in hegtenis geneem
Ten minste 19 mense is sover in hegtenis geneem weens intimidasie en geweld, wat gepaard gaan met die voortslepende onbeskermde staking van Pikitup-werkers in Johannesburg.
EgyptAir-kapingsdrama verby
Die man wat Dinsdag glo ʼn Airbus A320 van EgyptAir gekaap het met onder andere twee Suid-Afrikaanse priesters aan boord, is in hegtenis geneem.
Spog internasionaal met jou digkuns
Aspirantskrywers staan die kans om €100 in ‘n internasionale gedigtewedstryd te wen.
Modelbaas ontken hy gee vrou pille
Die Johannesburgse modelbaas, Dawie de Villiers, het Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg getuig die vrou, wat beweer hy het haar verkrag, het hom gevra om vir haar pille te koop wat ‘n swangerskap kan verhoed, nadat sy met haar kêrel seks gehad het.
Innibos: Stem vir dié rockgroepe
Innibos, die laeveld nasionale kunstefees wat jaarliks in Nelspruit gehou word, hou vanjaar ʼn Innibos Rockrumoer-kompetisie waarin aanhangers vir 21 musiekgroepe kan stem om by dié fees op te tree.
Brits-brandmoord: Aanklagte teen twee teruggetrek
Vier verdagtes, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn skooldogter doogebrand het, het Dinsdag in die landdroshof in Brits voorgekom.
EgyptAir-kaping ‘nie terrorisme’
Nicos Anastasiades, Ciprus se president, het Dinsdag aangekondig dat die kaping van ʼn EgyptAir-vliegtuig, met twee Suid-Afrikaanse priesters aan boord, nie verband hou met terrorisme nie.
Minder padsterftes hierdie Paasnaweek
Dipuo Peters, minister van vervoer, het Dinsdag gesê 46% minder padsterftes is oor die afgelope Paasnaweek aangeteken in vergelyking met 2015.
[Foto’s] ‘Uitkampteater’ ʼn groot trekpleister by KKNK
Kunstefees-entoesiaste het nog net vandag en more om vanjaar se KKNK, wat vir die 22ste keer aangebied word, by te woon. Dié fees spog vanjaar met ʼn uitkampteater waar verskeie kunstenaars in treffende produksies gesien kan word.
PE-man weke na aanranding oorlede
“Hy was so ʼn opregte mens, die beste vriend waarvoor jy ooit kon vra. ʼn Ware heer vir wie almal lief was. Hy sal so baie gemis word.”
Demokrasie wat werk
Die huidige woelinge in die ANC is belangrik genoeg om nougeset op die voet te volg. Wat ons tans in en om die ANC aanskou, is demokrasie wat werk – onvolkome, onvoldoende en morsig, maar tog.