Hoewel die ergste invloed van die El Niño-weerverskynsel besig is om af te plat, moet Suid-Afrikaners nie noodwendig hulself voorberei op baie reënval later vanjaar nie.
Alles vir die maand Maart 2016
[Resep] Wildsvleisfrikkadelle
Hierdie frikkadelle is ʼn heerlike afwisseling van die gewone frikkadelle en is ook lekker vir die kosblik.
‘The Guards’ wys oor sinneloosheid van Derde Wêreldoorlog
The Guards, ʼn oorvertelling van die oorspronklike 1971-verhoogproduksie met dieselfde naam, lig die gehoor in oor die sinneloosheid, ammunisie en ander elemente van die sogenaamde Derde Wêreldoorlog.
Nuuskommentaar: Is Zuma nou in hoek vasgeverf?
Die konstitusionele hof het ʼn reputasie daarvoor om onverwags-innoverende uitsprake te lewer en daarom is dit voortydig om te glo die uitspraak môre oor Zuma se hantering van die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag sal die beleërde Zuma laat val. Die moontlikheid bestaan egter dat die uitspraak Zuma se onafwendbare val kan verhaas.
Gedig: ʼn Aand met Danièle
“Danièle Pascal laat Piaf van die liefde sing; in bistro-skemerte dink elke siel sy eie ding…” Geniet Chris Lombard se gedig, “‘n Aand met Danièle”
Só lyk kykNET se laataand-programme nou
Hoewel kykNET se gewildste laataand vermaak- en aktualiteitsprogramme se tye bietjie rondgeskommel is, kan aanhangers steeds verwag om hul gunstelingaanbieders op die kassie te sien.
Daar is nog hoop vir Sylvester
Nuus dat die berugte rondloperleeu, Sylvester, moontlik van kant gemaak gaan word nadat hy weer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, het hewige reaksie op sosiale media ontlok.
Identiteit van Limpopo-ongeluk slagoffers binnekort bepaal
Die Limpopo-polisie het Dinsdag gesê DNS-toetse sal gedoen om die identiteit van die agt mense te bepaal wat Maandag onherkenbaar in ʼn gru-ongeluk verkool het.
Pretoria se natuurreservate só nodig
Hoewel dié natuurskoon soveel bydra tot Pretoria, meen Jeannie du Plessis reservate in Pretoria verkeer onder geweldige druk omdat mense nie besef hoe belangrik die reservate is nie.
Verheerliking van apartheid kan tot tronkstraf lei
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gesê die ANC se voorgestelde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak voldoen aan dieselfde basiese elemente as wat die ANC in die 1970’s teen apartheid aangevoer het om dit tot ʼn misdaad teen die mensdom te verklaar.
Hof sê môre oor Nkandla
Die konstitusionele hof sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer in die Nkandla-saak waartydens pres. Jacob Zuma ter elfder ure aangebied het om ʼn gedeelte van die staatsgeld terug te betaal wat op sy privaat woning spandeer is.
Moordaanklag vir motoris ná verkeersbeampte sterf
ʼn Motoris van Limpopo wat glo betrokke was in ʼn tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn verkeersbeampte gesterf het, staan nou tereg op ʼn aanklag van moord.
Boswell-sirkusbase weer in die hof
Twee sirkusbase en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell Circus verskyn Woensdag in die landdroshof in Port Elizabeth op aanklag van dieremishandeling.
Gedagte vir die dag: Onverdiende genade
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. (Jesaja 55:8-9)
Geldnood noop oud-Carltonwenner tot afskuiwing
`n Geldkrisis het `n viermalige Carltonkampioen genoop om die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) om te haal om hom na die B-afdeling van die Carltonliga af te skuif.
[Video] Maklikste manier om ‘n ui te sny
Wie sou ooit kon raai dat ʼn haarkammetjie jou só lekker in die kombuis kon help?
PE-pa skuldig ná hy vrou voor kinders vermoor
ʼn 45-jarige pa van drie is Dinsdag skuldig bevind op aanklag van die moord op sy vrou by hul huis in Motherwell, Port Elizabeth, in Oktober 2013.
Julius Malema vang graad
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het aangekondig dat hul leier, Julius Malema, Woensdag sy BA-graad van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) sal ontvang.
Werker sterf toe sloot ineenstort
ʼn Man is Dinsdagmiddag in Knysna in die Wes-Kaap dood en ʼn tweede beseer toe ʼn sloot, waarin hulle gewerk het, op hulle ineengestort het.
Twee vas ná brand by vulstasie
Twee persone sal binnekort in die KwaDukuza-landdroshof verskyn in verband met ʼn brand Sondag by die Shell Ultra City-vulstasie op die N2 in KwaZulu-Natal.