Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SA Akademie) het onlangs hul jaarlikse toekennings aan verskeie baanbrekers toegeken, waaronder die Hertzogprys vir prosa.
Alles vir Vrydag 1 April 2016
Brasilië – die karnaval, muskiete en rommelstatus
Die president is in die sop oor korrupsie, die ekonomie gaan drasties agteruit, rassespanning neem by die dag toe, protes teen die regering het reeds ernstige afmetings aangeneem, daar is ongelukkigheid oor sportstadions wat gebou is teen enorme koste en plakkerskampe is misdaadneste. Verkeerd. Dis nie “Zupta” se Suid-Afrika nie, ons praat van Brasilië.
Aprilgek: het ons jou gevang?
Maroela Media het vandag op Aprilgekkedag ʼn paar artikels op die webwerf gepubliseer waarmee ons lesers om die bos wou lei.
[Resep] Gebraaide groenmielies met botter
Groenmielies en botter is ʼn wenkombinasie. Voeg gerookte paprika of brandrissie by vir skop.
Valkeliga: wag daar nog `n 100-tal op Brakpan?
Wag daar Saterdag nog `n honderdtal op Brakpan in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga, of kan die studente van die NWU Vaal sy stoomrollertog stuit?
[Video] Wanneer jy 6 000 vuurhoutjies aansteek
Al ooit gewonder hoe dit sal lyk as mens 6 000 vuurhoutjies langs mekaar sou pak en een aansteek?
‘Verskietende ster’ vertel van verlies en vergifnis
Die nuwe Afrikaanse fliek, Verskietende Ster, vertel die storie van ʼn uiters musikale, talentvolle jong seun, wat moet kies tussen vergifnis en die verlede, ná die waarheid oor sy ma se dood onthul word.
Atlantis: “Iets goeds kan hier gebore word”
Ek wil vir ander mense wys jou omstandighede bepaal nie jou identiteit nie. Jy kan meer wees – jy kan beter wees. Iets goed kan uit Atlantis gebore word.”
Die reuk van vars ink
Met 103 penvriende wat sy oor die afgelope 20 jaar versamel het, skryf sy gemiddeld een brief op ʼn dag. Ek wonder heimlik hoe ek gaan weet wat ek wanneer vir wie geskryf het, maar blykbaar kry sy dit steeds op so ʼn hoë ouderdom reg.
[Video] Ongekende belangstelling in nuwe Tesla
Meer as 115 000 mense het vandeesweek tougestaan buite handelaars om ʼn deposito van $1 000 te betaal vir ʼn motor wat hulle nog nie gesien het nie.
Man 300 m gesleep in tref-en-trap
Die polisie het beroep op die publiek gedoen om inligting te verskaf wat die polisie kan help om die skuldige in ʼn tref-en-trap-voorval in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, vas te trek, nadat ʼn onbekende man, vermoedelik in sy vroeë 50’s, doodgery is.
Busongeluk na man bestuurder doodskiet
ʼn Bus het Vrydagoggend van ʼn snelweg in Tongaat, KwaZulu-Natal, afgery nadat die bestuurder deur een van die passasiers doodgeskiet is.
Woord: insek
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “insek”
Brussel-lughawe gereed om te heropen
Die Brussel internasionale lughawe is gereed om te heropen na die selfmoord-bomaanvalle in die Belgiese hoofstad, waarin meer as 30 mense verlede week gesterf het.
[Wen] Eksklusief: Eerste voorsmakie van ‘Modder en Bloed’
Maroela Media deel ʼn eksklusiewe sewe-minuut lange voorsmakie van dié fliek.
Sylvester terug in reservaat
Sylvester, die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes se rondloperleeu, herstel goed nadat hy Donderdagmiddag ná vier dae op vrye voet opgespoor, verdoof en gevang is….
Nou gaan jy 4 keer ʼn jaar opdok vir jou motorlisensie
Die departement van vervoer het Vrydag aangekondig dat motorlisensies vanaf 2017 kwartaalliks hernu moet word.
Belasting verhoog vir Nkandla-geld
Die regering het Donderdagaand tydens ʼn hoëprofielvergadering besluit om inkomstebelasting op alle vlakke met 1,4% te verhoog om pres. Jacob Zuma in staat te stel om miljoene op te dok vir sy Nkandla-woning.
Klipkouers: Jacques gesels met André van den Berg
André van den Berg gesels met Klipkouers oor hoe swaar dit gegaan het voordat hy besluit het om die heel eerste motorfietsveiling in die VSA te begin.
Luister: Ons Afrikaanse Voortrekkerliedjies
Die Voortrekker-beweging vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar en daarom is dit gepas dat ʼn CD wat ʼn skatkis van Afrikaanse musiekerfenis is, ook ʼn paar Voortrekkerliedjies sal insluit.