ʼn Video van ʼn hond wat platval en maak asof hy “dood” is wanneer sy eienaar hom probeer oortuig dat hulle ʼn ontspanningspark moet verlaat, het weereens sosialemediagebruikers gaande.
Lees meerAlles vir Sondag 3 April 2016
Man gevonnis ná hy vrou met byl vermoor
ʼn Man wat verlede jaar ʼn jong vrou ontvoer, verkrag en met ʼn byl doodgekap het, is Vrydag in die Noord-Kaapse hooggeregshof gevonnis.
Sylvester ‘uiters skrikkerig’ ná terugkeer
Noudat Sylvester, die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes se rondloperleeu, gevind en terug in die park is, is die gebied rondom sy kamp afgesper en word slegs noodsaaklike personeel by hom toegelaat.
Guptagate: DA vra Valke moet Hlongwane ondersoek
Die DA het Sondag gesê dat die Valke die rol van sakeman Fana Hlongwane – wat regstreeks deel was van die omstrede wapenskandaal – in die beweerde Guptagate-saak moet ondersoek.
Eerste Brussel-vlug ʼn ‘teken van hoop’
ʼn Vliegtuig van die Brussel-lugredery onderweg na die Portugese stad, Faro, was Sondag die eerste passasiersvlug wat by die Brussel-lughawe opgestyg het sedert die selfmoordbomontploffings op 22 Maart deur die lughawe se vertreksaal geruk het.
Weermagunie vra ook Zuma moet bedank
Die SA Nasionale Weermagunie (Sanwu) het Sondag gesê hy ondersteun oproepe dat pres. Jacob Zuma moet bedank na aanleiding van die konstitusionele hof se uitspraak dat hy die Grondwet verontagsaam het in sy optrede oor die Nkandla-sage.
Baleka Mbete: ‘Ek sal nie bedank nie’
Baleka Mbete, die speaker van die parlement, het Sondag gesê dat sy geen planne het om nou of in die nabye toekoms te bedank met die oog op die konstitusionele hof se uitspraak Donderdag oor die Nkandla-debakel nie.
14 000 ontruim ná brand by Katar-inkoopsentrum
Ongeveer 14 000 mense moes Saterdag uit ʼn inkoopsentrum wat nog in aanbouing is in Doha, Katar, ontruim word nadat ʼn brand daar uitgebreek het.
Baba langs Vrystaatse grondpad gevind
Die polisie is op soek na die ouers van ʼn paar dae ou baba wat Saterdag in lang gras langs ʼn grondpad in ʼn landelike gebied naby Bethlehem gevind is.
Skerp verhogings in brandstofpryse aangekondig
Die departement van energie het aangekondig dat die brandstofpryse, soos verwag is, in die komende week aansienlik sal styg.
Presidensie ontken Zuma ‘het geld in VAE versteek’
Die presidensie het Saterdag die “verregaande en kwaadwillige” bewering deur EFF-leier Julius Malema ontken dat pres. Jacob Zuma R6 miljard kontant vir die Gupta-familie na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) saamgeneem het.
Mugabe: ‘Wit boere sal nooit grond terugkry nie’
Pres. Robert Mugabe het Saterdag gesê dat Zimbabwe nooit grond aan voormalige wit boere sal teruggee nie omdat dit ʼn nasionale hulpbron en die opperreg van swart mense is.
Man by sokkerwedstryd vermoor
Die Oos-Kaapse polisie het ʼn 28-jarige verdagte in hegtenis geneem nadat ʼn man Vrydagmiddag by ʼn sokkerwedstryd in Willowvale doodgesteek is.
Gedagte vir die dag: Die vrug van genade
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ekjulle: Julle moet mekaar liefhê! (Johannes 15:16-17)