Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het ʼn beroep op Julius Malema, leier van die EFF, gedoen om ʼn saak van beweerde polisie-intimidasie aan te meld.
Alles vir Maandag 4 April 2016
Woord van die week: fiasko
Die woord van die week is “fiasko”
Hier is die Kanna-benoemings vir 2016
Die benoemings vir die 22ste Kanna-toekennings, wat jaarliks uitgeloof word aan die beste produksies by die KKNK, is onlangs bekendgemaak.
Boer voor plaashek geskiet
ʼn Boer van die Biesiesvlei-omgewing tussen Lichtenburg en Sannieshof in Noordwes is Sondagmiddag voor sy plaashek geskiet.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 4 April
In vandeesweek se Maroela Media Top 20 is daar 6 snitte wat styg, 12 snitte wat daal asook twee splinternuwe liedjies wat die week se Top 20 betree. Carla Oberholzer se “Wat maak ʼn boer”, asook Lemè se “GI Jane” val uit die week se Top 20.
Polisie skiet vyf ‘rowers’ dood
Vyf mans is Sondag deur die polisie doodgeskiet kort ná ʼn rooftog by ʼn supermark in Estcourt in KwaZulu-Natal.
Vrou stap Camino vir sentrum vir gestremdes
Melinda wil graag Beit Bracha ondersteun omdat dié sentrum soveel vir die Hexriviervallei-distrik se gestremdes beteken.
Daar’s ʼn kinkel in hierdie keurder-kabel
Dit was sommer baie jare gelede, toe die Nasionale Party nog aan bewind was en die SAUK nog rugby uitgesaai het, want M-Net (SuperSport) was nog in sy babadoeke.
Panama Papers: Zuma se broerskind genoem
Pres. Jacob Zuma se broerskind, Khulubuse Zuma, is een van die 140 mense wat genoem word in die sogenaamde Panama Papers.
Afrikaans op internasionale verhoog met Amsterdam-fees
Die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam (AKA) vind van 8 tot 10 April plaas in Amsterdam en spog met drie dae vol musiek, literatuur, debat en kuns met Suid-Afrikaanse bekendes soos Jack Parow, Leslie Javan, Francois van Coke en Emo Adams.
Betogings by Mpumalanga-tolhekke
Lede van Cosatu gaan Maandag betogings by drie tolplaza’s in Mpumalanga hou weens “buitensporige” toltariewe.
Ondersoeker vas op immigrasie-aanklag
Paul O’Sullivan, ʼn forensiese konsultant en ondersoeker wat al by verskeie hoëprofielsake betrokke was, verskyn Maandag in die Pretoria-landdroshof op aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet.
[Resep] Boereworspastei
ʼn Eenvoudiger resep sal jy nie sommer kry nie – en dit is die ware Jakob van ʼn worsrol.
Nuuskommentaar: Nkandla nie ál Zuma-sonde
Die ontvouing van die Nkandla-debakel het nie die argiewe en geheues gestroop van ander sake wat pres. Zuma as regeringshoof diskwalifiseer nie. Van sy omstrede godsdiensuitsprake tot opmerkings dat die land se probleme met die aankoms van Jan van Riebeeck begin het, sal steeds op Zuma se presidensiële getuigskrif ingegraveer word. Dit raak duidelik, al manier om Zuma te pos is om in die komende munisipale verkiesings die ANC hard te straf.
Raaiselsterftes in Limpopo ondersoek
Die polisie in Limpopo ondersoek die dood van drie gesinslede wie se liggame gedeeltelik verbrand in hul huis gevind is.
19-jarige sterf in motorfietsongeluk
ʼn 19-jarige man is Maandagoggend in ʼn motorfietsongeluk in Benoni aan die Oos-Rand dood.
Ramaphosa kry weer probleme met vliegtuig
Die vliegtuig waarin adjunkpresident Cyril Ramaphosa Sondag gevlieg het, moes weens tegniese probleme omdraai.
Elf verkeersbeamptes vas
Die Valke in Mpumalanga het oor die naweek 11 verkeersbeamptes in die provinsie in hegtenis geneem.
Malema glo ‘agtervolg, uit motor gedwing’
Julius Malema, leier van die EFF, beweer hy is Sondagaand in Sandton deur gewapende polisiebeamptes uit sy motor gedwing.
Oom Herrie se kerrie: Paslike name
Jare gelede kuier die Herries by mense wat voorheen in Namibië, destyds Suidwes, gekom het. Hulle het die ougatste katjie met die naam Gamoepie.