ʼn Kunstenaar het van ʼn nuwe moderne weergawe van onsigbare ink gebruik gemaak om kunswerke en tonele op sypaadjies te verf wat slegs sigbaar is wanneer dit reën.
Alles vir Dinsdag 5 April 2016
Polisiebeampte was ʼn engel, sê ma
Dié ma sê op Facebook dié beampte het haar geloof in die polisie herstel en dat sy nie genoeg dankie kan sê vir sy diens nie.
Beste whiskies binnekort in die Moederstad
Whisky-liefhebbers het die geleentheid om die wêreld se beste whiskies op die proef te stel tydens die Whisky Live-fees wat van 14 tot 16 April in Kaapstad aangebied word.
Volg Zuma-mosie regstreeks
Die Nasionale Vergadering sal Dinsdagmiddag om 14:00 ʼn mosie deur die DA aanhoor om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Kyk dit regstreeks hier.
Facebook kan foto’s beskryf vir siggestremdes
Meer as 2 miljard foto’s word daagliks deur Facebook, Instagram, Facebook Messenger en WhatsApp gestuur en Facebook wil dié ervaring meer toeganklik maak vir blinde mense.
Luiperdsliga: Lichtenburg spring puik weg
Lichtenburg, verlede jaar se naaswenner, het Saterdag puik weggespring in die Luiperds-rugbyunie (LRU) se Neserliga.
Nuwe SOE-hoof aangestel
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die aanstelling van ʼn nuwe hoof vir die spesiale ondersoekeenheid (SOE) bekendgemaak.
[Foto’s] Só het hy haar die jawoord gevra
Wat dié gebeurtenis nog ʼn bietjie meer spesiaal maak, is dat Maroela Media deel kon hê aan die kreatiewe proses.
Luislang sorg vir opwinding tydens hokkiekamp
ʼn Vier meter lange luislang het vir groot opwinding gesorg tydens ʼn onlangse hokkiekamp vir leerders aan die Hoër Tegniese Skool Middelburg in Mpumalanga.
Zuma-mosie vanmiddag aangehoor
Die Nasionale Vergadering sal Dinsdagmiddag ʼn mosie deur die DA aanhoor om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Maroela Media het met ʼn kenner van die Grondwet gepraat om vas te stel wat ʼn staat van beskuldiging behels en sy verwagting vir vanmiddag se gebeure.
PE-kinderporno-saak: ‘Sensitiewe materiaal’ nie in dossier
Die Port Elizabeth-landdroshof het Dinsdag gehoor dat “sensitiewe materiaal van babas wat mishandel word” nie deel is van die dossier in die saak waarin ʼn egpaar van die stad verskyn het vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn internasionale pornografiesindikaat nie.
Burgemeester se vrou beroof
Parks Tau, die burgemeester van Johannesburg, se vrou is Maandagaand in Sandton beroof.
Boer kry in ambulans boodskap van ‘skieter’
“Toe ek stilhou, het hy na my venster gestap, ʼn vuurwapen uitgehaal en gesê hy gaan my skiet. Ek het nog vir hom gesê hy moet maar skiet, want ek het gedink hy dreig my net en is nie ernstig nie. Toe skiet hy.”
Josh Groban binnekort in SA te sien
Die multi-platinum-sanger, Josh Groban, is binnekort in Johannesburg, Kaapstad en Durban te sien vir verskeie optredes vir verdere bemarking van sy album, Stages.
Diskriminasieklagtes teen pres. Zuma voorberei
Die burgerregte-organisasie AfriForum het aangekondig dat hy diskriminasieklagtes teen pres. Jacob Zuma gaan indien.
WP: Brakke bult spiere; Vineyards ruk kampioen
Brackenfell het sommer met die intrapslag Saterdag sy spiere in die Westelike Provinsie-rugbyunie (WPRU) se Superliga A gebult; en Vinyards het die Noorderligakampioen tot in sy fondamente geskud.
64-jarige se lyk in mangat gevind
Die liggaam van ʼn 64-jarige Pretoria-inwoner is Maandagaand in ʼn mangat in die Moot-omgewing aangetref nadat sy voormalige 36-jarige vriendin haar aan die polisie oorgegee het.
[Resep] Gesondheidsbroodjie
ʼn Heerlike broodjie is nooit te versmaai nie – en ʼn gesondheidsbroodjie is immers nog beter.
US Woordfees groei met rekordverkope
Die US Woordfees het vandeesweek in ʼn verklaring bekendgemaak dat kaartjieverkope vir vanjaar se fees met byna 30% gestyg het teenoor verkope in 2015.
Polisieman vermoor: Kollega, nog ʼn verdagte skuldig
Twee mans wat op 16 April 2014 by die Klapmuts-polisiestasie ingestorm het en ao. Steven Britz (44) doodgeskiet het, is skuldig bevind.