Ken jy die uitdrukking “kolmuis vreet wasgoed”? Dié uitdrukking is om kuisheidsredes gebruik. Taaltoffie stel ondersoek in.
Alles vir Dinsdag 5 April 2016
Boek: Die mooiste Storiebybel
“Die mooiste Storiebybel” sluit 40 spesiale Bybelstories in, wat elke dogtertjie sal wys hoe lief God vir haar en Sy ander kinders is.
Nuuskommentaar: Zuma-faktor beïnvloed ekonomie
’n Toespraak van min. Pravin Gordhan waarin hy vra dat die ANC van selfbelang van individue na sy wortels terugkeer, bevat verskeie belangrike aspekte soos dat korrupsie in die land endemies geword het. Maar kan die ANC met die Zuma-blok aan sy been homself in rustiger vaarwaters in navigeer sodat die party en sy leier nie self deurlopend ’n onstabiele uitwerking op die markte en ekonomie uitoefen nie?
Twee sterf in Alberton-ongeluk
Twee mense is Dinsdagoggend dood en talle beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het in Alberton aan die Oos-Rand gerol het.
Stakende Pikitup-werkers bestook trok met klippe
Stakende werkers van Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, het Maandagmiddag ʼn munisipale vragmotor wat vullis verwyder het met klippe bestook.
Weermag kap Sanwu oor Zuma-verklaring
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) het Maandag uitsprake deur die weermagunie (Sanwu) dat pres. Jacob Zuma van sy amp as bevelvoerder van die weermag onthef moet word, ten sterkste veroordeel.
Verkeersbeamptes in hof oor ‘korrupsie’
Twaalf verkeersbeamptes van Mpumalanga wat oor die naweek in die provinsie in hegtenis geneem is, het Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
PE-egpaar terug in hof oor ‘ontstellende babafoto’s’
Die saak teen ʼn egpaar van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hulle deel van ʼn sindikaat is wat ontstellende foto’s van babas versprei, sal Dinsdag in die stad se landdroshof hervat.
Gedagte vir die dag: Met God as jou Herder
Soos ’n herder versorg God sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie. (Jesaja 40:11)