“Ek het absoluut weer vertroue in die mensdom – dis ongelooflik.”
Alles vir Vrydag 8 April 2016
‘Seksrabbi’ in SA aangekeer
ʼn Voortvlugtige rabbi is volgens berigte in Suid-Afrika in hegtenis geneem.
Allister se kopkrappers
Wat het geword van Cheslin Kolbe se ongelooflike vaardighede? En hoekom het Francois Hougaard die pad na Engeland gevat omdat hy nie sy plek in die Springbokspan kon vasmessel nie?
Boere in Nood-fees wil boere verder bystaan
Die Boere in Nood-organisasie gaan op 16 April ʼn fees in Delmas in Mpumalanga hou om nog fondse vir boere in droogtegeteisterde gebiede in te samel. Verskeie bekendes soos Nicholis Louw, Arno Jordaan en Heinz Winckler gaan te sien wees by dié fees.
Vrou, drie kinders vermoor
ʼn Man word gesoek nadat die liggame van sy vrou en drie kinders, wat ʼn baba van elf maande insluit, in ʼn huis in Ekurhuleni gevind is.
ʼn Ope brief aan Oom David Kramer
Ek lê vanoggend in my kamer en luister na ʼn opname van “Biscuits en Biltong” en voor oom met die tune begin, vertel oom eers ʼn grappie oor oom se tuisdorp: “Kyk, toe ek daar grootgeword het, was dit woes en toe ek ʼn paar jaar later terugkeer, toe’s dit woester!”
Kosblikkieprojek enigste ete vir dié kleuters
Die waarde van Helpende Hand se Kosblikkieprojek is weer bewys nadat ʼn studie gedoen is op kinders wat oor die Kerstyd minder kos gekry het as gedurende ʼn skooldag by die Kosblikkie-voedingsprogram.
Nuuskommentaar: SA te ingewikkeld vir Zuma
Het pres. Jacob Zuma met die kritiek wat hy voor die land se tradisionele leiers uitgespreek het waarin hy “die ingewikkelde” grondwetlike regstelsel gestriem het, in wese sy boetvaardige toespraak opgeskeur wat hy afgesteek het na die grondwetlike hof hom gelooi het?
Fratsongeluk eis man
ʼn Man het Donderdagaand in ʼn fratsongeluk in Midrand, Johannesburg, doodgebrand.
Oos-Vrystaat: kampioen voor vroeë toets
Die Oos-Vrystaatse kampioen, Reitz, kom Saterdag voor `n vroeë toets in die Noordergroep van die liga te te staan.
Klipkouers: Jacques gesels met Pieter Cilliers
Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas, VSA. Hy gesels met my onder meer oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ʼn nuwe onderneming in Texas suksesvol te vestig.
Vrou glo in motor doodgeskiet
ʼn Jong vrou is Donderdagaand dood aangetref in haar motor op die N3 naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
Hy wou glo weer moor
Martin Stevens (47), wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou probeer vermoor het, sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof om borgtog aansoek doen.
ANC: Etiekkomitee-klagtes ‘bisar’
Die ANC sê die DA se besluit om die speaker en ANC-LP’s wat pres. Jacob Zuma verdedig het tydens ʼn stemming in ʼn mosie om hom uit sy amp te laat verwyder by die parlement se etiekkomitee te verkla, is ʼn ‘bisarre publisiteitsfoefie’.
Gedagte vir die dag: ’n Herder wat sorg
As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. (Psalm 3:6)