Die Luiperdsklub Vaal Reefs loop voor in die nuwe Griffons-Luiperdsliga nadat die eerste ronde wedstryde afgehandel is.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 April 2016
Bok, Japanner in Cheetahsgroep teen Blou Bulle
`n Springbok en `n Japan-o.20-speler is ingesluit in die Cheetahs-vyftiental wat Saterdag teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld speel.
Duisende doen aanlyn aansoek vir IDs, paspoorte
Duisende mense het reeds aanlyn vir hul ID-slimkaarte en paspoorte aansoek gedoen nadat die departement van binnelandse se sake sy aanlynportaal in samewerking met vier van die land se grootste banke bekend gestel het.
Sterk aardbewing skud Mianmar, Indië
ʼn Sterk aardbewing, wat 7.1 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het Mianmar en Indië Woensdag geskud.
ANC vra vir eenheid in party
Zizi Kodwa, die ANC se nasionale woordvoerder, het ʼn beroep op ANC-lede gedoen om eenheid in die party te bevorder te midde van persone wat “uitsprake maak” oor die organisasie.
Vrou van Tafelberg gered
ʼn Vrou moes Woensdagmiddag met ʼn helikopter van Tafelberg af gered word, nadat sy geval en ernstig beseer is.
Wêreldbeker-losskakel op die bank vir Boland
Die Bolandse Kavaliers spog Vrydag in die opstelronde van die Curriebeker teen die OP Kings op Wellington met `n Wêreldbeker-losskakel op die bank.
Seksklagtes teen modelbaas: ‘Hulle maak stories op’
Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelbaas wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, het Woensdag in die hof gesê almal wat teen hom getuig het “lieg en maak stories op”.
ToekomsVenster: Dit is mos nie regverdig nie
Die heerlikheid, almag en goedheid van die hemelse Vader gaan by hom verby. Tog is dit die dinge wat regtig waarde het. Die ander verteenwoordig skatte waar mot en roes verniel.
Gebruik Grondwet om korrupte aanslae af te weer
Maar die demokrasie is nie vir sissies nie. Dit verg sterk senuwees, groot volharding en sommer baie genade. Dis al wat ons het. Gebrúík dit.
Liggaam van vermiste man in Vaaldam gevind
Sedert die kano waarop Louis Lötter (43) Sondagmiddag ten aanskouing van sy nabye vriende op die Vaaldam omgeslaan het, het sy geliefdes daagliks getrou op die oewer gewag vir enige nuus terwyl reddingswerkers onverpoos na hom gesoek het.
Aanlynregistrasie weer beskikbaar vir Gauteng-ouers
Die Gautengse departement van onderwys het Woensdag gesê hy het die “voorlopige registrasietydperk” vir ouers om hul kinders vir skooltoelating te registreer opgeskort, nadat sy aanlynregistrasiestelsel weens oorlading buite werking was.
Seekat ontsnap terug see toe
ʼn Seekat het ʼn waaghalse poging aangewend om uit sy tenk by ʼn akwarium in Nieu-Seeland te ontsnap, teen ʼn 50 meter hoë afvoerpyp af te gly en in die see te verdwyn.
Sirkus-skool vir die gesin
“Dit is jou kans om bietjie waaghalsig te wees en weer te speel soos ʼn kind en verskeie sirkus-toertjies te leer.”
‘Spoorlyndiewe’ op heterdaad betrap
Elf verdagtes is Woensdag op ʼn plaas naby Warden in die Vrystaat in hegtenis geneem, nadat hulle betrap is waar hulle glo treinspoorlyne op die plaas gesteel het.
Grootste winkelsentrum in Afrika binnekort oop
Die Mall of Africa, die grootste winkelsentrum in die suidelike halfrond wat in ʼn enkelfase ontwikkel is, open einde April. Dié winkelsentrum spog met verskeie luukse internasionale en plaaslike handelsmerke, restaurante en winkels en beloof ʼn inkopie-ervaring soos min.
Mpumalanga-man val na sy dood
“Tot Coetsee se afgryse het hy gesien hoe iemand verby hom val en hy het besef dit is Gerber.”
Nuwe sangbundel vir hedendaagse Afrikaanse musiek
Die Moderne Afrikaanse Jeugsangbundel is ʼn inisiatief van die FAK onder meer om oorspronklike werke van liedjieskrywers aan die Afrikaanse jeug bekend te stel.
Garsies-leerder reik na die sterre
Divan Beukman, ʼn leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, is onlangs as een van twee Suid-Afrikaners aangewys om Nasa se ruimteskool in Houston, Texas, in Julie vanjaar te besoek.
Gewilde restaurant van groot bedrag kontant beroof
Drie gewapende mans het Woensdagoggend op ʼn gewilde restaurant in Durban toegeslaan en dit van ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof.